TSV Crailsheim is 'n sportklub uit Crailsheim in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer handbal, basketbal, vuisbal, skerm, tennis, tafeltennis, judo, atletiek, swem, dans, Duitse Ju Jutsu en fietsry.

Die klub se basketbalspan ding mee in die 2. Basketbal Bundesliga-Suid en die vroue-sokkerspan in die Vroue-1. Bundesliga.

Die klub is een van die oudtstes in die deelstaat en het in 1846 ontstaan as die gimnastiekklub TV Crailsheim. Die sokkerafdeling het later onafhanklik geword as SV Crailsheim, maar 'n paar dekades later weer by die hoofklub aangesluit wat van daar af as TSV Crailsheim (die huidige naam) bekend gestaan het.

Die klub se grootste prestasie was om tweede in die Oberliga Baden-Württemberg in 2004 te eindig.

Onlangse ligaposisionering 1996-97 (VII) Bezirksliga Hohenlohe 9de 1997-98 (VII) Bezirksliga Hohenlohe 1ste 1998-99 (VI) Landesliga Württ. St. 1 8ste 1999-00 (VI) Landesliga Württ. St. 1 3de 2000-01 (VI) Landesliga Württ. St. 1 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga Württemberg 4de 2002-03 (V) Verbandsliga Württemberg 1ste 2003-04 (IV) Oberliga BW 2de 2004-05 (IV) Oberliga BW 6de 2005-06 (IV) Oberliga BW 11de 2006-07 (IV) Oberliga BW 6de 2007-08 (IV) Oberliga BW

Eksterne skakels Amptelike klubblad Amptelike webwerf van die sokkerafdeling

Oberliga Baden-Württemberg 2007/08-seisoen 1. FC Normannia Schwäbisch Gmünd| TSV Schwieberdingen| Bahlinger SC| FC 08 Villingen| FC Astoria Walldorf| FC Nöttingen| Heidenheimer SB| SC Freiburg II| SG Sonnenhof Großaspach| SGV Freiberg| SSV Ulm 1846| Stuttgarter Kickers II| SV Linx| VfL Kirchheim/Teck| TSG Hoffenheim II| TSV Crailsheim| VfR Mannheim| SV Waldhof Mannheim

Crailsheim