duimnael|links|Die Gevleuelde Oorwinning van Samotrake in die Louvre, Parys. Nike is die godin van oorwinning in die Griekse mitologie. Sy was die dogter van Styx en Pallas, asook die suster van Kratos, Bia, en Zelus. Nike en haar broers en susters was vriende van Zeus.

Nike kon baie vinnig hardloop. Sy het ook vlerke gehad en het geluk gebring. Sy is in dieselfde tyd as Atena aanbid.

Standbeelde Die beroemdste standbeeld van Nike is die Gevleuelde Oorwinning van Samotrake. Dit is nou in die Louvre in Parys, Frankryk.

Kitsfeite Nike word algemeen met sport verbind. Dít is die rede waarom die ontwerper Jeff Johnson haar naam gebruik het vir sy skoenmaatskappy, Nike Inc. 'n Afbeelding van Nike is op al die medaljes van die Olimpiese Somerspele.

Kategorie:Griekse gode