SV Heimstetten is 'n sportklub uit Kirchheim bei München in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Heimstetten is 'n dorpsdeel van Kirchheim.

Die klub is relatief jonk deurdat dit eers in 1967 gestig is. Die klub toon sedert sy stigting 'n opwaartse kurwe wat die ligaleer aanbetref: nadat die Kreisklasse in 1973 gehaal is, word die Kreisliga in 1985 bereik. In 1992 word daar gepromoveer na die Bezirksliga en in 1998 na die Bezirksoberliga. In 2003 styg die klub verder tot in die Landesliga Suid en in 2006 behaal die klub sy grootste prestasie deur die Oberliga Beiere die eerste keer te haal.

Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek, tafeltennis, vlugbal, basketbal, judo en tennis.

Onlangse ligaposisionering 1991-92 (VII) Kreisliga 1ste 1992-93 (VI) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 11de 1993-94 (VI) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 5de 1994-95 (VII) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 6de 1995-96 (VII) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 10de 1996-97 (VII) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 2de 1997-98 (VII) Bezirksliga Bo-Beiere Oos 1ste 1998-99 (VI) Bezirksoberliga Bo-Beiere 7de 1999-00 (VI) Bezirksoberliga Bo-Beiere 9de 2000-01 (VI) Bezirksoberliga Bo-Beiere 6de 2001-02 (VI) Bezirksoberliga Bo-Beiere 4de 2002-03 (VI) Bezirksoberliga Bo-Beiere 2de 2003-04 (V) Landesliga Suid 7de 2004-05 (V) Landesliga Suid 4de 2005-06 (V) Landesliga Suid 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Beiere 10de 2007-08 (IV) Oberliga Beiere

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Beiere 2007/08-seisoen TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - 1. FC Eintracht Bamberg - SpVgg Bayreuth - SpVgg Greuther Fürth II - TSV Großbardorf - SV Heimstetten - SpVgg Beiere Hof - FC Kempten - FC Memmingen - FC Ismaning - 1.FC Neurenberg II - 1. FC Schweinfurt 05 - TSG Thannhausen - SpVgg Unterhaching II - SpVgg Weiden - Würzburger FV

Heimstetten