Peter Cullen (28 Julie 1941 - 26 Augustus 2026) was 'n Kanadese akteur en stemkunstenaar. Hy is bekend vir sy rol as die stem van Optimus Prime in die Transformers-reeks, Eeyore in die Winnie the Pooh-rolprente, en KARR, KITT se bose teenstander, in Knight Rider.
Loopbaan Cullen het sy loopbaan in die Kanadese televisie en radio begin en was 'n gereelde gas op programme soos The Sonny & Cher Show voordat hy besluit het om hom op stemwerk toe te spits. Hy het in die tagtiger- en negentigerjare sy stem verleen aan animasiereekse soos Spider-Man, Donkey Kong, Alvin & the Chipmunks, Dungeons & Dragons, My Little Pony, Duck Tales en Gummi Bears.
Naas karakterstemme het hy ook klankeffekte gelewer. Hy was verantwoordelik vir die byklanke in Predator (1987), waarin Arnold Schwarzenegger die hoofrol vertolk, en vir die brulgeluide in King Kong (1976).
Optimus Prime Cullen se stem vir Optimus Prime is geïnspireer deur sy ouer broer, 'n gevierde Amerikaanse marinier en veteraan van die Viëtnam-oorlog. Terwyl Cullen hom in die tagtigerjare vir die rol voorberei het, het sy broer voorgestel dat hy die karakter as 'n "regte held, nie 'n Hollywood-held nie" vertolk, en hom aangeraai om nie te gil en te skree nie omdat die karakter "sterk genoeg is om sagmoedig te wees". Cullen het vertel dat hy by dié beskrywing aanklank gevind het en sy broer se stem tot by die oudisie kon hoor. Hy het tot met sy broer se dood 'n deel van sy inkomste uit die rol met hom gedeel.
Toekennings Cullen is in 2011 vir 'n Daytime Emmy benoem en het in 2023 by die Children's & Family Emmy-toekennings 'n toekenning vir sy lewensbydrae tot die kunste ontvang.
Dood Cullen is op Woensdag 26 Augustus 2026 op 85-jarige ouderdom by sy huis in Los Angeles, Kalifornië, oorlede. Volgens 'n verklaring wat sy familie uitgereik het, het hy vreedsaam gesterf terwyl sy familie by hom was. Die familie het gevra dat mense sy nalatenskap eer deur hul gemeenskappe met deernis, integriteit en lojaliteit te dien en te lei, en die verklaring is afgesluit met die woorde: "Wees altyd sterk genoeg om sagmoedig te wees."
Filmografie Rolprente 1970: Prologue 1971: Tiki Tiki 1976: King Kong (klankeffekte) 1984: Gallavants 1985: Rainbow Brite and the Star Stealer 1986: Heathcliff: The Movie 1987: Predator (klankeffekte) 2002: Winnie the Pooh: A Very Merry Pooh Year 2003: Piglet's Big Movie 2007: Transformers 2011: Transformers: Dark of the Moon 2014: Transformers: Age of Extinction 2017: Transformers: The Last Knight
Televisiereekse 1967: The Smothers Brothers Comedy Hour 1967: The Buddies 1970: Zut! 1970: Comedy Café 1971: The Sonny and Cher Comedy Hour 1974: The Bobbie Gentry Show 1974: The Hudson Brothers Razzle Dazzle Show 1974: The Sonny Comedy Revue 1975: Down Home Country 1981: Trollkins 1981: Goldie Gold and Action Jack 1981: The Kwicky Koala Show 1982: Pac-Man 1982: The Little Rascals 1983: Dungeons & Dragons 1983: Monchhichis 1983: The Puppy's Further Adventures 1983: The Biskitts 1984: Dragon's Lair 1984: The Transformers 1984: Voltron: Defender of the Universe 1984: Rainbow Brite 1985: The 13 Ghosts of Scooby-Doo 1985: Galtar and the Golden Lance 1985: Robotix 1985: Greatest Adventure Stories from Bible 1986: Ghostbusters 1986: Rambo 1986: The Flintstone Kids 1986: Foofur 1986: Moon Dreamers 1987: Visionaries: Knights of the Magical Light 1987: BraveStarr 1987: Saber Rider and the Star Sheriffs 1987: The Little Wizards 1988: Dino-Riders 1988: Chip 'n' Dale Rescue Rangers 1988: The New Adventures of Winnie the Pooh 1988: The New Yogi Bear Show 1989: Rude Dog and the Dweebs 1990: Widget, the World Watcher 1991: The Pirates of Dark Water 1995: The Savage Dragon 1997: Toonami Promos 2000: Places of Mystery 2001: The Book of Pooh 2005: IGPX: Immortal Grand Prix 2007: My Friends Tigger & Pooh 2010: Transformers Prime 2014: Transformers: Robots in Disguise
Televisierolprente 1982: Christmas Comes to PacLand 1983: Deck the Halls with Wacky Walls 1989: Chip 'n' Dale's Rescue Rangers to the Rescue 1989: Vytor: The Starfire Champion 1989: Dixie's Diner 1999: Winnie the Pooh: A Valentine for You 2013: Transformers Prime Beast Hunters: Predacons Rising
Video's 1985: Robotix 1985: Bigfoot and the Muscle Machines 1985: It's Your Birthday Party with Rainbow Brite and Friends 1986: Noah's Ark 1986: Voltron: Fleet of Doom 1987: Transformers: The Return of Optimus Prime 1992: Jonah 1994: Winnie the Pooh Playtime: Detective Tigger 1996: Making 'Hamlet''' 1998: A Winnie the Pooh Thanksgiving 1999: Winnie the Pooh Friendship: Pooh Wishes 2000: Sleepy Hollow: Behind the Legend 2001: Enemy at the Gates: Through the Crosshairs 2001: Tomb Raider: The Secrets of Lara Croft 2001: Making 'The Score' 2001: The Book of Pooh: Stories from the Heart 2001: Toonami: Advanced Robotics 2003: Sing Along Songs: Sing a Song with Pooh Bear and Piglet Too 2004: Knight Rider: Under the Hood - 'Knight Rider' Season 1 DVD 2004: Winnie the Pooh: 123s 2005: Pooh's Heffalump Halloween Movie 2006: Winnie the Pooh: Wonderful Word Adventure 2007: Transformers: Beginnings 2008: My Friends Tigger and Pooh: The Hundred Acre Wood Haunt 2009: Tigger & Pooh and a Musical Too 2010: Super Duper Super Sleuths''
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Kanadese manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Kanadese manlike akteurs van die 20ste eeu