Platbene is bene waarvan die hoofdoel is om óf uitgebreide beskerming óf vashegplek vir spiere te bied. Dié bene is breë, plat plate,Gray's Anatomy (1918) (Sien inligtingskas) soos in die skedel, bekken, bors en ribbekas.

Die verskillende platbene is: die pariëtale bene (aan die kant van die skedel), die voorkop, agterkop, neusbeen, traanbeen, ploegskaarbeen, heupbene, borsbeen, ribbes en bladbeen. Die skedelbene bevat twee lae kompakte weefsel; die buitenste een is dik en sterk, en die binneste een dun, dig en bros (ook glasagtig genoem).

Die platbene bestaan uit twee dun lae kompakte been met tussenin sponsagtige been, waarin die rooi beenmurg voorkom. In volwassenes word die meeste rooibloedselle in platbene gevorm.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Skelet