François Auguste René Rodin (12 November 1840 – 17 November 1917), bekend as Auguste Rodin (Engels: [oʊ|ˈ|ɡ|uː|s|t|_|r|oʊ|ˈ|d|æ|n|,_|r|oʊ|ˈ|d|æ̃]; Frans: [oɡyst ʁɔdɛ̃]), was 'n Franse beeldhouer. Hoewel Rodin in die algemeen beskou word as die vader van moderne beeldhouwerk,William Tucker, Early Modern Sculpture: Rodin, Degas, Matisse, Brancusi, Picasso, Gonzalez, 16. het hy nie deur sy werk teen die verlede probeer rebelleer nie. Hy is op 'n tradisionele wyse opgevoed, en het 'n soort vakman-benadering tot sy werk gehad, en gestrewe na akademiese erkenning,Hale, 76. hoewel hy nooit deur Parys se vooraanstaande kunsskool aanvaar is nie.

Rodin het oor 'n unieke vermoë beskik om 'n ingewikkelde, abstrakte en verwikkelde oppervlak in klei te vorm. Baie van sy mees noemenswaardige beeldhouwerke is in sy leeftyd gekritiseer. Sy werke het vernaamlik gebots met die oorheersende figuratiewe beeldhoutradisies, waarin werke dekoratief, formulaïes of hoogs tematies was. Rodin se mees oorspronklike werk het afgewyk van tradisionele temas van mitologie en allegorie, het die menslike liggaam met realisme gemodelleer, en het individuele karakter en fisiese eienskappe vooropgestel bo alle ander oorwegings. Rodin was sensitief oor die omstredenheid wat met sy werk gepaardgegaan het, maar het geweier om sy styl te verander. Rodin se opeenvolgende werke het egter toenemend die guns van die regering en die kunsgemeenskap geniet.

Van die onverwagte realisme van sy eerste groot figuur – geïnspireer deur sy reis na Italië in 1875 – tot die onkonvensionele gedenktekens wat hy later sou skep, het Rodin se reputasie toegeneem, en het hy die oorheersende Franse beeldhouer van sy era geword. Teen 1900 was hy 'n wêreldbekende kunstenaar. Gegoede private kliënte het Rodin se werk nagejaag na sy Wêreldskou-uitstalling, en hy was vriende met verskillende hoëprofiel-intellektuele en -kunstenaars. Sy studente het Antoine Bourdelle, Camille Claudel, Constantin Brâncuși en Charles Despiau ingesluit. Hy het met sy lewenslange metgesel, Rose Beuret, in die laaste jaar van hul lewens getrou. Sy beeldhouwerke het ná sy dood in 1917 'n insinking in gewildheid beleef, maar binne 'n paar dekades was sy erfenis ongetwyfeld verseker. Rodin bly een van die min beeldhouers wat wyd bekend is buite die visuelekunste-gemeenskap.

Biografie

Vormingsjare Rodin is in 1840 as die tweede kind van Marie Cheffer en Jean-Baptiste Rodin in Parys gebore. Die gesin was deel van die werkersklas en Rodin se vader was 'n klerk in die polisiedepartement. Rodin het hom grootliks self onderrig,"(François) Auguste (René) Rodin." International Dictionary of Art and Artists. St. James Press, 1990. Reproduced in Biography Resource Center. Farmington Hills, Mich.: Thomson Gale. 2006. en het op die ouderdom van tien jaar begin teken. Tussen die ouderdom van 14 en 17 jaar het hy by die Petite École studeer, 'n skool wat spesialiseer in kuns en wiskunde, en waar hy ook die vakke teken en skilder geneem het. Sy tekenonderwyser Horace Lecoq de Boisbaudran het daarin geglo dat die persoonlikheid van sy leerlinge eerste ontwikkel moet word sodat hulle met hul eie oë kon waarneem en uit herinnering teken, en Rodin het later in sy lewe groot waardering vir hierdie onderwyser uitgespreek.Jianou & Goldscheider, 31. Hy het by die Petite École die eerste keer kennis gemaak met Jules Dalou en Alphonse Legros.

duimnael|links|150px|Rodin, ongeveer 1862. In 1857 het Rodin 'n kleimodel van 'n metgesel aan die École des Beaux-Arts voorgelê ten einde toegang daartoe te verkry; hy het egter nie geslaag nie, en twee verdere aansoeke is ook afgekeur. Die toelatingsvereistes by die Grande École was nie besonders straf nie,Hale, 40. en daarom was die afkeurings groot terugslae vir die jong Rodin. Rodin se onvermoë om toegang te kry kon dalk die gevolg gewees het van die beoordelaars se Neoklasistiese smaak, terwyl Rodin opgelei is in ligte, 18de eeuse beeldhouwerk. Hy het die Petite École in 1857 verlaat, en die grootste deel van die volgende twee dekades sy brood as ambagsman verdien. Hy het in die tydperk dekoratiewe voorwerpe en argtitekturele verfraaiings gemaak.

Rodin se suster Maria, wat twee jaar ouer as hy was, is in 1862 in 'n klooster aan peritonitis dood, en Rodin was oorweldig deur selfverwyt omdat hy haar aan 'n ontroue minnaar bekendgestel het. Hy het kuns die rug toegekeer en hom aangesluit by die Katolieke orde van die Kongregasie van die Allerheiligste Sakrament. Sint Pieter Juliaan Eymard, stigter en hoof van die kongregasie, het Rodin se talent herken en sy ongeskiktheid vir die orde aangevoel, en dus het hy Rodin aangemoedig om voort te gaan met sy beeldhouwerk. Rodin het teruggekeer na sy werk as versierder terwyl hy klas geloop het by die beeldhouer van dieretonele Antoine-Louis Barye. Die onderwyser se aandag aan detail en sy keurige uitbeelding van die spiere van bewegende diere het Rodin baie beïnvloed.

In 1864 het Rodin begin saamwoon met 'n jong naaldwerkster genaamd Rose Beuret (gebore in Junie 1844), saam met wie hy vir die res van sy lewe met 'n wisselende mate van toegewydheid gewoon het. Die paartjie het 'n seun gehad met die naam Auguste-Eugène Beuret (1866–1934).Date of death from Elsen, 206. Daardie jaar het Rodin sy eerste beeldhouwerk vir 'n uitstalling aangebied en ingeskryf by die ateljee van Albert-Ernest Carrier-Belleuse, 'n suksesvolle massa-produsent van objets d'art. Rodin het tot 1870 as Carrier-Belleuse se hoof-assistent gewerk en het onder meer die dekorasie van dakke, trappe en deure hanteer. Met die koms van die Frans-Pruisiese oorlog is Rodin opgeroep om in die Franse Nasionale Wag te dien, maar sy diens was van korte duur weens sy swak sig.Jianou & Goldscheider, 34. Die werk vir versierders het as gevolg van die oorlog weggekwyn, maar Rodin moes steeds sy gesin onderhou, aangesien armoede 'n voortgesette probleem vir hom was totdat hy sowat dertig jaar oud was.Jianou & Goldscheider, 35. Carrier-Belleuse het hom spoedig gevra om by hom in België aan te sluit, waar hulle aan ornamentasie vir die Brusselse Aandelebeurs gewerk het.

Rodin het beplan om 'n paar maande in België te bly, maar het inderdaad die volgende ses jaar buite Frankryk gewoon. Dit was 'n belangrike tydperk in sy lewe. Hy het in die tydperk ondervinding opgedoen en vaardighede as ambagsman verwerf, maar niemand het sy kuns gesien nie. Dit het in sy werkswinkel gestaan aangesien hy nie kon bekostig om dit te giet nie. Sy verhouding met Carrier-Belleuse het intussen versleg, maar hy het ander werk in Brussel gevind, en het sommige van sy werke in kunskamers vertoon. Sy metgesel, Rose, het ook by hom aangesluit. Toe Rodin genoeg geld bymekaargemaak het, het hy Italië in 1875 twee maande lank besoek, toe hy aangetrokke gevoel het tot die werke van Donatello en Michelangelo. Hul werke het 'n diepgaande invloed gehad op sy artistiese rigting.Hale, 49–50. Rodin het gesê: "Dit is Michelangelo wat my bevry het van akademiese beeldhouwerk."Taillandier, 91. Met sy terugkeer na België, het hy begin werk aan die beeldhouwerk Die Era van Brons, 'n lewensgrootte manlike figuur, waarvan die realisme die aandag op Rodin gevestig het, maar wat gelei het tot aantygings van oneerlikheid – die werk se realisme en skaal was van so 'n aard dat kritici beweer het dat hy die werk van 'n lewende model gegiet het. Baie van Rodin se latere werk was op eksplisiete wyse groter of kleiner as lewensgrootte, deels vanweë sy begeerte om die dwaasheid van sulke bewerings te weerlê.

Artistieke onafhanklikheid duimnael|links|Auguste Rodin, John Singer Sargent, 1884

Rose Beuret en Rodin het in 1877 na Parys teruggekeer en in 'n klein woonstel aan die Linkeroewer tuisgegaan. Rodin se lewe was egter nou oorlaai met tragiek: sy moeder, wat graag wou sien dat haar seun in die huwelik tree, was dood, en Rodin se vader was blind en seniel. Rodin se skoonsuster, tante Thérèse, moes vir sy vader sorg en hom verpleeg. Rodin se elf jaar oue seun Aruguste, wie se ontwikkeling moontlik agter was, is ook in die sorg geplaas van die behulpsame Thérèse. Rodin het wesenlik sy seun vir ses jaar verlaat,Hale, 65. en sou regdeur sy lewe 'n baie beperkte verhouding met sy seun hê. Rodin se vader en sy seun het ook nou by die paartjie aangesluit in die woonstel, met Rose as die versorger. Die beweringe van vervalsing betreffende Rodin se Die Era van Brons wou ook nie gaan lê nie. Rodin het al hoe meer die geselskap van jong vroue in Parys opgesoek, en Rose het op die agtergrond gebly.

Rodin het sy brood verdien deur samewerking met meer gevestigde beeldhouers aan openbare werke, soos gedenktekens en neo-barokstukke in die styl van Carpeaux.Janson, 638. Wat betref kompetisies en wedywering vir kommissies het hy modelle van Denis Diderot, Jean-Jacques Rousseau, en Lazare Carnot gesubmiteer, maar dit was alles tevergeefs. Hy het op sy eie tyd aan studies gewerk wat gelei het tot die skepping van sy volgende belangrike werk, Sint Johannes die Doper wat Preek.

alt=Head and shoulders of a young, dark haired woman looking downward.|duimnael|regs|180px|Camille Claudel (1864–1943) duimnael|links|250px|Rodin in sy studio.

In 1880 het Carrier-Belleuse – nou die kunsdirekteur van die Sèvres- nasionale porseleinfabriek – Rodin 'n deeltydse werk as ontwerper aangebied. Die aanbod was deels 'n gebaar van versoening, en Rodin het dit aanvaar. Die deel van Rodin wat 18de eeuse smake en modes waardeer het, was gestimuleer, en hy hom met oorgawe gewy aan ontwerpe vir vase en tafelornamente wat die fabriek regoor Europa bekend gemaak het.Hale, 70.

Die artistieke gemeenskap het sy werk waardeer, en Rodin is na die Paryse Salons genooi deur vriende soos die skrywer Léon Cladel. Tydens Rodin se vroeë verskynings by hierdie sosiale geleenthede het hy skaam en teruggetrokke voorgekom;Hale, 71. maar in sy later jare, namate sy bekendheid toegeneem het, het hy die spraaksaamheid en temperament begin openbaar waarvoor hy beter bekend was. Die Franse staatsman Leon Gambetta het sy begeerte bekend gemaak om Rodin te ontmoet, en die beeldhouer het hom beïndruk toe hulle by 'n salon ontmoet het. Gambetta het op sy beurt voorspraak vir Rodin gedoen by verskeie regeringsministers, wat waarskynlik Edmond Turquet, die Ondersekretaris van die Department van Fynkunste, ingesluit het, en vir wie Rodin uiteindelik sou ontmoet.

Rodin se verhouding met Turquet was besonder lonend: deur hom het hy in 1880 die opdrag gekry om 'n portaal vir 'n beplande museum van dekoratiewe kunste te ontwerp. Rodin het die grootste deel van die volgende vier dekades bestee aan die uitbreiding van sy Hekke van die Hel, 'n onvoltooide portaal vir 'n museum wat nooit gebou is nie. Baie van die portaal se figure het op sigself beeldhouwerke geword, insluitende Rodin se uiters bekende Die Denker en Die Kus. Saam met die opdrag van die museum het 'n gratis ateljee gekom, wat aan Rodin 'n nuwe vlak van artistiese vryheid besorg het. Hy het gou opgehou om by die porseleinfabriek te werk, aangesien sy inkomste uit private opdragte verdien is.

In 1883 het Rodin ingestem om in sy afwesigheid toesig te hou oor 'n kursus vir die beeldhouer Alfred Boucher, en daar het hy die agttienjarige Camille Claudel ontmoet. Die twee het 'n passievolle maar stormagtige verhouding gehad en mekaar wedersyds op artistieke vlak beïnvloed. Claudel het Rodin as model geïnspireer en baie van sy figure is op haar gebaseer. Sy was ook 'n talentvolle beeldhouer en het hom met sy opdragte bygestaan.