Yehuda Amichai (Hebreeus: יהודה עמיחי;gebore as Ludwig Pfeuffer; 3 Mei 1924 – 22 September 2000) was 'n Israeliese digter. Amichai word deur baie, beide in Israel en internasionaal, beskou as Israel se grootste moderne digter.Yehuda Amichai criticism. Enotes.com (2 Mei 1924). Hy was ook een van die eerste digters om in die Hebreeuse volkstaal/volksmond te skryf.
Die Shlonsky-prys is in 1957 aan hom toegeken, die Brenner-prys in 1969, die Bialik-prys in 1976, en die Israel-prys in 1982. Hy het ook internasionale poësiepryse gewen: 1994 – Malraux-prys: Internasionale Boekskou (Frankryk), 1995 – Macedonië se Goue Krans Prys: Internasionale Poësie Fees, en meer.
Notas
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2000 Kategorie:Digters Kategorie:Israeliese digters Kategorie:Joodse digters