Die Nasionale Bergkwaggapark is in 1937 gestig om die Kaapse bergkwagga van uitwissing te red, 'n lot wat die kwagga 'n aantal jare tevore getref het. Die park is naby Cradock in die Oos-Kaapprovinsie geleë en huisves tans meer as 900 kwaggas. Ander groot soogdiere wat hier hervestig is, sluit in buffels, swartrenosters, rooihartbeeste, elande en gemsbokke. Die bontkwagga kom ook in die park voor – daar is dus twee kwaggaspesies wat deel van die park se dierebevolking uitmaak.

Bewaring van wildspesies Oorspronklik was net vier swartrenosters in die park hervestig. Twee kalwers is intussen gebore en daar is tans (Junie 2009) ses renosters. Nog 'n suksesverhaal is die hervestiging van jagluiperds in die park. Die jagluiperds het so goed aangepas dat daar reeds 'n werpsel welpies gebore is. Onlangs het die sektorwildbewaarder gevra dat toeriste hul waarnemings van jagluiperds aanmeld in die kamp se register, aangesien die owerhede radiohalsbande aan die jagluiperds wil heg om hul bewegings in die park te volg.

Soogdiere

Groot voëls

'n Projek van die ereveldwagters van die park is om in die afsienbare toekoms rooibekrenostervoëls in die park te help hervestig. Die park is dus nie net die tuiste van soogdiere nie, maar ook 'n hele aantal interessante en skaars voëlspesies kan hier gesien word. Op die Rooiplaatplato kom die statige bloukraanvoël voor en in die vlakte word die sekretarisvoël en Ludwigse pou heel dikwels opgemerk.

Plantegroei Voorbeelde van bome wat in die park voorkom:

Toerisme duimnael|regs|300px|Doornhoek gastehuis

Akkommodasie in die park bestaan uit: SANParke se webblad oor akkommodasie in die Bergkwaggapark 19 Familie-eenhede met 76 beddens (elke eenheid het slaapplek vir 4 persone). Een kampterrein met 20 persele, maksimum 6 persone per perseel. Ablusie- en kombuisfasiliteite binne kampterrein. Een gastehuis (slaapplek vir ses persone in totaal, die Doornhoek-gastehuis). Twee berghutte (4x2 bereikbaar) op die staproetes met slaapplek vir 10 persone elk.

Dit gee 'n maksimum parktotaal van 222 oornagbesoekers, dus word die geriewe en wildkykroetes nie oorbenut nie.

Bronne Bergkwaggapark behaal groot sukses in eerste 50 jaar. Custos. Deel 16, nr. 4, Julie 1987. ISSN 0379-9921

Verwysings

Kategorie:Nasionale parke van Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in die Oos-Kaap