FV Dresden-Noord is 'n sokkerklub uit Dresden, die hoofstad van die deelstaat Sakse in Duitsland.
Die klub het op 15 Augustus 1991 ontstaan as SV Siemens-Elektronik-Meßtechnik Dresden deur die samesmelting van die sokkerafdelings van Betriebssportgemeinschaft Motor Transformatoren- und Röntgenwerk Dresden-Übigau (BSG Motor TuR Dresden-Übigau) en FS Dynamo Dresden-Heide. Die klub is op 1 Julie 1992 herdoop as Fußballverein Dresden-Nord.
FS Dynamo Dresden-Heide was vroeër 'n voederklub vir die stad se topklub Dynamo Dresden en het in die laat 1800's ontstaan as VfB Albertstadt. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub as SG Albertstadt herstig. Die klub staan vandag bekend as Dresdner SV Albertstadt 1991.
BSG Motor TuR Dresden-Übigau was 'n sportklub met verskeie afdelings, wat in 1885 as TV Übigau gestig is. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub as SG Übigau herstig, maar in 1950 herdoop na BSG Motor TuR Dresden-Übigau. Die klub het in die DDR nooit hoër as die derde vlak gestyg nie. Die klub staan vandag bekend as SV TuR Dresden.
Die klub gaan sy naam weer verander en sal vanaf die 2007/08-seisoen as SC Boreas Dresden bekend staan.
Onlangse ligaposisionering 1990-91 (V) Bezirksliga Dresden 14de 1991-92 (V) Bezirksliga Dresden 3de 1992-93 (V) Bezirksliga Dresden 1ste 1993-94 (IV) Landesliga Sakse 5de 1994-95 (V) Landesliga Sakse 10de 1995-96 (V) Landesliga Sakse 1ste 1996-97 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 5de 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 5de 1998-99 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 8ste 1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 6de 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 11de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 8ste 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 7de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 5de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 13de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 10de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 11de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Suid
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | 1. FC Gera 03 | VfB Germania Halberstadt | Hallescher FC | FC Carl Zeiss Jena II | FC Sachsen Leipzig | SSV Markranstädt | ZFC Meuselwitz | VFC Plauen | VfB Pößneck | VfB 1906 Sangerhausen | FSV Zwickau
Kategorie:Dresden Dresden