Die nasionale vlag van Australië (Engels: flag of Australia) is amptelik op 11 Februarie 1903 aanvaar en gebaseer op die Britse Blou vlootvaandel. Die vlag vertoon ’n blou veld met die Gemenebesster onder die skildhoek en op die wapperkant die vyf sterre van die Suiderkruis. Daarbenewens beskik Australië oor ’n aantal ander vlae wat sy deelstate en gebiede, inheemse mense en regeringsliggame verteenwoordig.

Nadat dit saam met ’n rooi handelsvlootvaandel gekies is in ’n kompetisie wat gehou is nadat die Federasie op die been gebring is, is die oorspronklike ontwerp van die vlag, die Blou Vaandel van die Gemenebes (met ’n sespuntige Gemenebesster), op 3 September 1901 vir die eerste keer in Melbourne vertoon; hierdie datum is verklaar tot die Australiese Nasionale Vlagdag. Australiese Gemenebeskoerant No. S321, 28 Augustus 1996 ’n Effens gewysigde ontwerp is in 1903 deur koning Edward VII goedgekeur. Oor die volgende paar jaar heen is die presiese spesifikasies van die vlag telkens gewysig, soms doelbewus en soms as gevolg van ’n misverstand. Op 8 Desember 1908 is dit verander in die huidige ontwerp, toe die Gemenebesster van ’n ses- in ’n sewepuntige ster verander is, en die huidige spesifikasies is in 1934 in die staatskoerant gepubliseer.

Die gebruik van die Blou Vaandel was aanvanklik beperk op regerings- en vlootskepe, maar dit het stadig ’n gewilde Australiese simbool geword langs die Rooi Vaandel, waarvan die gebruik minder beperk was. Aanvanklik was die vlag amptelik ondergeskik aan die Union Jack en die gebruik van die Blou Vaandel sonder die Union Jack kon as ’n uitdrukking van ontrouheid teenoor die Britse Ryk beskou word. Teen 1954 is, in ooreenstemming met Australië se toenemende onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk, die Blou Vaandel met die aanneming van die Vlagwet van 1953 erken as die “Australiese Nasionale Vlag”. Dié wet het die Australiese vlag vir die eerste keer voorrang bo die Union Jack gegee. Oor die tyd heen het die gebruik van die Union Jack afgeneem en teen die 1970’s het die meeste Australiërs die Blou Vaandel as die nasionale vlag beskou.

Ontwerp Die amptelike vlag van Australië word gedefinieer in die Vlagwet van 1953. Hierdie wet het ingetree met die Koninklike Goedkeuring van Haar Majesteit Koningin Elizabeth II van Australië op 14 Februarie 1954. Afdeling 3 van hierdie wet spesifiseer dat die Blou Embleem die Australiese Nasionale Vlag verteenwoordig. Flags Act 1953 Die wet spesifiseer verder ook die kleur en ontwerp van die vlag, asook die Rooi Embleem. Australian Bureau of Statistics. 1998. The Australian Flag. Year Book Australia

Bestanddele

Die vlag van Australië gebruik drie prominente kenmerke: Australian Flags, bl. 2–3. Die Union Jack (of Union Flag) Die Suiderkruis (of Crux) Die Gemenebesster (of Federasiester)

In sy oorspronklike gebruik as die vlag van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland kombineer die Union Jack drie heraldiese kruise wat die lande van die Verenigde Koninkryk verteenwoordig (soos in 1801 saamgestel): Die rooi Sint Joriskruis van Engeland Die wit skuinse Sint Andrieskruis van Skotland Die rooi skuinse Sint Patrickkruis van Ierland

Simboliek Die Union Jack word plaaslik aanvaar as simbolies tot Australië se geskiedenis van ses Britse kolonies en die beginsels waarop die Australiese Federasie gebaseer is. Bron: Australiese Vlaggenootskap Volgens ’n meer historiese siening dui die insluiting van die Union Jack in die ontwerp op lojaliteit aan die Britse Ryk. Evans, I. 1918. Die geskiedenis van die Australiese vlag. Evan Evans, Melbourne

Die Gemenebesster het aanvanklik ses punte gehad wat die ses samebringende kolonies voorgestel het. Dit het egter in 1908 verander toe ’n sewende punt bygevoeg is om die Territorium Papoea en enige toekomstige territoriums in te sluit. Australian Flags, bl. 41. ’n Ander motivering vir die verandering was sodat die ster kan ooreenstem met die ster op die wapenskild wat in dieselfde jaar geskep is. Die ster staan ook bekend as die Federasiester. Australian Flags, bl. 2. Ten spyte van die ster se toevallige ligging in die lug en die helderheid het die Gemenebesster het geen verwantskap aan Beta Centauri nie.

Die Suiderkruis is die helderste konstellasie sigbaar in die Suidelike Halfrond en word reeds sedert die vroeë dae van Britse kolonisering in dié lande gebruik om Australië en Nieu-Seeland te verteenwoordig. Ivor Evans, een van die ontwerpers van die vlag, het ook die bedoeling met die Suiderkruis gehad dat dit dui op die vier morele deugde wat deur Dante aan die vier hoofsterre van die konstellasie toegeskryf is, nl.: geregtigheid, omsigtigheid, matigheid en dapperheid. Kwan, bl. 143. Die aantal punte op die sterre van die Suiderkruis op die moderne Australiese vlag verskil van die oorspronklike wenontwerp, waar die sterre tussen vyf en nege punte gehad het sodat hul relatiewe helderheid in die naglug weerspieël kan word. Om vervaardiging te vereenvoudig het die Britse Admiraliteit die vier groter sterre met sewe punte gestandaardiseer met die kleiner middelster wat vyf punte gehou het. Hierdie verandering is amptelik op 23 Februarie 1903 gepubliseer in die Staatskoerant.

’n Volledige spesifikasie vir die huidige ontwerp is in 1934 in die Australiese Gemenebeskoerant gepubliseer. Australiese Gemenebeskoerant No. 18, 23 Maart 1934

Daar word gesê dat die blou kleur van die vlag o.a. die volgende uitbeeld: Australië as ’n eilandkontinent, die lang tog oor die oseaan na Australië wat mense moes onderneem, die blou hemel en as ’n oorblyfsel van die Eureka-vlag wat ook ’n blou agtergrond gehad het. Foley, C. A. 1996. Die Australiese Vlag: Koloniale oorblyfsel of kontemporêre ikoon? The Federation Press bl. 80–81

Samestelling duimnael|Die Australiese vlag wapper in Newport, Nieu-Suid-Wallis Kragtens die Australiese Vlagwet, moet die Australiese vlag aan die volgende vereistes en spesifikasies voldoen Die Union Jack moet in die skildhoek (bo langs die vlagpaal) wees; Australian Flags, bl. 1. ’n groot wit ster (wat die ses deelstate en gebiede van Australië voorstel) moet in die middel van die vlagpaalkant onder die Union Jack wees en na die middel van die Sint Joriskruis in die Union Jack wys; Vyf wit sterre (wat die Suiderkruis voorstel) moet op die wapperkant verskyn.

Die sterre is soos volg gerangskik: "Gemenebesster" – sewepuntige ster, gesentreer in die onderste helfte van die vlagpaalkant. Alpha Crucis – sewepuntige ster, 1/6 van onder af in die middel van die wapperkant. Beta Crucis – sewepuntige ster, 1/16 bo en 1/4 na regs van die middelpunt van die wapperkant. Gamma Crucis – sewepuntige ster, gesentreer op die wapperkant en 1/6 van bo af. Delta Crucis – sewepuntige ster, 2/9 na regs en 31/240 bo die middelpunt van die wapperkant. Epsilon Crucis – vyfpuntige ster, 1/10 na regs en 1/24 onder die middelpunt van die wapperkant.

Die buitedeursnit van die "Gemenebesster" is 3/10 van die vlag se hoogte, terwyl die sterre van die Suiderkruis 1/7 van die vlag se hoogte is met die uitsondering van Epsilon, wat slegs 1/12 van die vlaghoogte is. Al die sterre se binnedeursneë is 4/9 van die betrokke ster se buitedeursnit. Die vlaghoogte word gemeet van die onderpunt waar dit aan die mas vasgemaak word tot die bo-punt wat aan die mas vas is. Die sterre is genoem na die eerste vyf letters van die Griekse alfabet in dalende volgorde van hul helderheid in die lug. Australian Flags, bl. 3.

350px|senter|Konstruksieblad vir die ontwerp van die Australiese vlag. Die hoogte van die vlag is twee maal die breedte daarvan

Kleure duimnael|Die vlag met Pantone-kleure Aan die kleure van die vlag, alhoewel nie gespesifiseer word deur die Vlagwet nie, is daar Pantone kleurspesifikasies toegeken deur die Tak vir Toekennings en Nasionale Simbole van die Departement van die Eerste Minister en Kabinet. Departement van die Eerste Minister en Kabinet. Tak vir Toekennings en Nasionale Simbole. 2000. Australiese simbole Australiese Staatsdrukkerdiens.

40pxKleurskema Blou Rooi Wit Pantone 280 C 185 C Veilig RGB 0–0–139 255–0–0 255–255–255 CMYK C100-M80-Y0-K0 C0-M100-Y100-K0 C0-M0-Y0-K0 Heksadesimaal #00008B #FF0000 #FFFFFF

Geskiedenis Voor 1901 was Australië ’n versameling van ses Britse kolonies. Die Union Jack, as die vlag van die Britse Ryk, is vir die eerste keer op 29 April 1770 op Australiese bodem gebruik toe luitenant James Cook by Botanybaai aangeland het. Daarna is dit weer op 26 Januarie 1788 gebruik toe die Europese kolonisering van die gebied begin het. Die Union Jack is dikwels gebruik om die kolonies as ’n eenheid te verteenwoordig, maar elke kolonie het ook ’n vlag gehad wat gebaseer was op die Union Jack. Australian Flags, bl. 37. Soos die nasionale bewussyn van Australië toegeneem het, het verskeie vlagbewegings die lig begin sien en nieamptelike vlae is algemeen in Australië gewaar. Gedurende die negentiende eeu is twee maal probeer om ’n nasionale vlag te ontwerp. Die eerste probeerslag was die Nasionale Koloniale Vlag van Australië gedurende 1823–1824 deur kapteins John Nicholson en John Bingle. Hierdie vlag het bestaan uit ’n rooi Sint Joriskruis op ’n wit agtergrond met ’n agtpuntige ster in elk van die vier bene van die kruis met die Union Jack in die skildhoek. Die gewildste “nasionale vlag” van die era was die Federasievlag van 1831 wat ook deur Nicholson ontwerp is. Hierdie vlag was basies dieselfde as die Nasionale Koloniale Vlag behalwe dat die kruis blou was en ’n ster ook in die middel van die vlag gehad het. Hoewel hierdie vlag reeds in 1831 ontwerp is, het dit eers na die einde van die eeu gewild begin word toe oproepe om ’n federasie begin toeneem het. Australian Flags, bl. 38. Hierdie vlae en talle ander soos die Eurekavlag (wat in 1854 tydens die Eureka-rebellie in gebruik geneem is) het die sterre van die Suiderkruis uitgebeeld. Die oudste vlag wat hierdie konstellasie uitbeeld, is die sogenaamde vlag van die “Australasiese Anti-Transportasieliga” en is soortgelyk in ontwerp aan die huidige Australiese vlag. Australian Flags, bl. 37–38. Die verskil is dat daar geen Gemenebesster is nie en dat die sterre agtpuntig was en in goud. Hierdie vlag was vir ’n kort tyd in gebruik omdat die koloniale owerhede twee jaar ná die stigting van die Anti-Transportasieliga in 1851 besluit het om die invoer van gevangenes te staak. Die ATL het gevolglik sy aktiwiteite gestaak. Die Eurekavlag word dikwels gesien as die eerste Australiese vlag omdat dit die eerste noemenswaardige voorbeeld was van ’n ontwerp wat die Suiderkruis geïnkorporeer het en nie die Union Jack vertoon het nie. Die Murrayriviervlag wat sedert die 1850’s gewild is, word steeds algemeen gebruik deur skepe wat Australië se belangrikste waterweg deurkruis. Dit is dieselfde as die Nasionale Koloniale Vlag behalwe dat die wit agtergrond vervang is met sewe bane in blou en wit afwisselend om die vier groot takriviere van die Murrayrivier voor te stel.

120px|border120px|border92px|border140px|border120px|borderNasionale koloniale vlagAustraliese Federasie-vlagEureka-vlagAustralasiese Anti-TransportasieligaMurrayrivier-vlag (bo)

Federale Vlagontwerpkompetisie 1901 duimnael|Die uitgawe van die Review of Reviews voorblad geteken deur Egbert Nuttall, nadat die wenners van die Federale Vlagontwerpkompetisie 1901 aangekondig is duimnael|Inskrywings vir die Federale Vlagkompetisie