Die Tankwa Karoo- Nasionale Park is in die Karoo op die grens tussen die Noord- en Wes-Kaapprovinsie geleë - naby die Roggeveldberge met naaste dorpe Wupperthal en Sutherland. Die park is 80 000 hektaar groot en is in 1986 geproklameer. Wat die park uniek maak, is die lae reënval (slegs 80 mm per jaar) en die bewaararea wat die unieke fauna en flora in hierdie gebied bewaar.

Geografie Die Tankwarivier ontspring in die park en die Oudebaaskraaldam dam die rivier op.

Dierelewe Daar is 32 soogdierspesies bevestig wat in die park voorkom. Sommige van hulle is:

Plantegroei Bome en struike wat in die park voorkom is die botterboom, renosterbos en melkbos. 'n Vygie wat hier voorkom is die Tankwavygie.

Lees ook Vergete Grootpad

Bron Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www. slingsbymaps.com

Eksterne skakels karooinfo.com Sanparke webblad oor Tankwa

Kategorie:Nasionale parke van Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in die Noord-Kaap Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap