BFC Preussen is 'n sportklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir handbal, vlugbal, atletiek, gimnastiek en yshokkie. Die klub was een van die stigterslede van die DFB in Leipzig in 1900.
Die klub is op 1 Mei 1894 gestig as BFC Friedrich Wilhelm deur spelers wat 'n bestaande klub, Berliner Thor- und Fussball Club 1894 Helvetia, verlaat het. Die klub het die Berlynse kampioenskapseindstryd gehaal in 1898 en die titel gewen in 1899, 1900, and 1901. Ongelukkig was die eerste uitspeelwedstryde om die Duitse titel eers vanaf 1902 gehou. Die klub het egter weer die Berlynse titel gewen in 1910 en 1912 en hierdie keer kon hulle deelneem aan die Duitse kampioenskapsuitspeelwedstryde. Preussen het beide kere die kwarteindstryd gehaal en is toevallig altwee kere uitgeskakel deur Holstein Kiel.
Die klub het op die eerste vlak van die Duitse sokkerstruktuur bly deelneem tot met die oprigting van die Gauliga-stelsel in 1933, maar kon nog nooit weer hierdie hoogtes bereik nie. Die klub kon wel in die 1970’s twee seisoene in die Regionalliga deurbring (destyds die tweede vlak) en het in 1980 byna die 2. Bundesliga gehaal, maar in die uitspeelwedstryde om promosie teen SC Göttingen 05 verloor (0-1 en 1-1).
Onlangse ligaposisionering 1970-71 (III) Amateurliga Berlyn 3de 1971-72 (III) Amateurliga Berlyn 3de 1972-73 (II) Regionalliga Berlyn 9de 1973-74 (II) Regionalliga Berlyn 12de 1974-75 (IV) Landesliga Berlyn 1ste 1975-76 (III) Amateurliga Berlyn 7de 1976-77 (III) Amateurliga Berlyn 1ste 1977-78 (III) Amateurliga Berlyn 2de 1978-79 (III) Am.Oberliga Berlyn 2de 1979-80 (III) Am.Oberliga Berlyn 1ste 1980-81 (III) Am.Oberliga Berlyn 1ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Berlyn 4de 1982-83 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de 1983-84 (III) Am.Oberliga Berlyn 8ste 1984-85 (III) Am.Oberliga Berlyn 14de 1985-86 (III) Am.Oberliga Berlyn 5de 1986-87 (III) Am.Oberliga Berlyn 9de 1987-88 (III) Am.Oberliga Berlyn 11de 1988-89 (III) Am.Oberliga Berlyn 10de 1989-90 (III) Am.Oberliga Berlyn 14de1990-91 (III) Am.Oberliga Berlyn 10de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noordoos/Noord 16de 1992-93 (IV) Verbandsliga Berlyn 14de 1993-94 (V) Landesliga Berlyn-2 1ste 1994-95 (V) Verbandsliga Berlyn 12de 1995-96 (V) Verbandsliga Berlyn 12de 1996-97 (V) Verbandsliga Berlyn 12de 1997-98 (V) Verbandsliga Berlyn 3de 1998-99 (V) Verbandsliga Berlyn 16de 1999-00 (VI) Landesliga Berlyn-1 2de 2000-01 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2001-02 (V) Verbandsliga Berlyn 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Berlyn 5de 2003-04 (V) Verbandsliga Berlyn 3de 2004-05 (V) Verbandsliga Berlyn 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 11de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord
Eksterne skakels Amptelike klubblad Amptelike webblad van die sokkerafdeling Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
BFC Preussen Kategorie:Sport in Berlyn