Pous Pontianus was die agttiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Op 21 Julie 230 volg Pous Pontianus Pous Urbanus I op en word op 28 September 235 opgevolg deur Pous Anterus. Hy is saam met ander kerkleiers soos Hippolitus deur keiser Maximinus Thrax na Sardinië verban. As gevolg van die verbanning tree hy op 25 September 235 af. Hy sterf volgens die Liber Pontificalis nog dieselfde jaar weens die onmenslike omstandighede in die soutmyne. Die naam Pontianus beteken “brugman”.

Pontifikaat Tydens Pontianus se pontifikaat word die skisma van teenpous Hippolitus beëindig. Hy het die eerste gesangboek met psalms saamgestel en hy stel ook die groet "Dominus Vobiscum" (Die Here sy met U) in. In die jare 231 en 231 hou hy 'n sinode in Rome.

Verering Sy stoflike oorskot is deur Pous Fabianus na Rome gebring en begrawe in die Callixtus katakombe. Weens sy wrede dood is hy heilig verklaar en word ook as martelaar vereer. Oorspronklik was sy feesdag op 19 November maar tans word dit saam met die van Teenpous Hippolitus gevier op 13 Augustus. Sy grafskrif is in 1909 herontdek in die kript van St. Cecilia (kerk) in Rome naby die pouslike kript. Dit lees “PONTIANOS, EPISK.” (Pontianus, biskop). Die inskrywing “MARTUR” (martelaar) is deur iemand anders bygevoeg.

Verwysings The Catholic Encyclopedia, Volume XII. Published 1911. New York: Robert Appleton Company. Nihil Obstat, 1 Junie 1911. Remy Lafort, S.T.D., Censor. Imprimatur. +John Cardinal Farley, Archbishop of New York

Eksterne skakels

Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Pontianus Pontianus Kategorie:Sterftes in 235