Hennie Jacobs (gebore 20 Junie 1981) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, musikant, sanger, komediant en liedjieskrywer.
Vroeë lewe
Hennie Jacobs is gebore as die seun van Francois en Esther Jacobs op 20 Junie 1981 in Pretoria, provinsie Transvaal (nou Gauteng) van Suid-Afrika.
Jacobs het in Pretoria grootgeword en is die jongste van drie kinders (hy het 'n ouer broer en suster). Nadat hy in 1999 aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria gematrikuleer het, studeer hy aan die Universiteit van Pretoria vir 'n BComm-graad (Hotel en Toerismebestuur). In 2001 studeer hy Drama aan Technikon Pretoria, nou bekend as Tshwane Universiteit vir Tegnologie, waar hy in 2003 'n Baccalaureus Technologiae in Drama ontvang.
Persoonlike lewe
In November 2008 was Jacobs en sy verloofde, Marissa Vosloo, die slagoffers van 'n motorkaping by 'n vulstasie by Paulshof in die noorde van Johannesburg. Die kaper het die egpaar met 'n 9 mm-pistool gedreig en hul voertuig geroof. Niemand is beseer nie.
Op Saterdag 6 Desember 2008 is Jacobs en Vosloo in die bos getroud in 'n bruilof met 'n Shebeen-tema. Hul eerste dogter, Nua Audrey Esthe Jacobs, is op 22 Januarie 2010 gebore. Hul tweede dogter, Tali Anah Ella Jacobs, is op 14 Maart 2013 gebore.
Rol in 7de Laan
Jacobs het in November 2006 die rol van Diederik Greyling in 7de Laan begin vertolk. 7de Laan is 'n Afrikaanse sepie met enkele Engelse en Zoeloe-dialoog en Engelse onderskrifte.
In samewerking met SABC het 7de Laan in 2019 'n bekende storielyn vir Jacobs se karakter Diederik ontwikkel. Diederik het 'n vliegtuigongeluk oorleef, waarin hy beseer is. Hy het verslaaf geraak aan dwelms en het MIV opgedoen. Die werklike dokter Sindi van Zyl het haarself uitgebeeld deur Driederik se dokter te speel. Die 7de Laan MIV-bewusmakingsveldtog is van stapel gestuur omdat Suid-Afrika 'n MIV-epidemie het as gevolg van 'n gebrek aan opvoeding en misleide opvattings oor die siekte.
Jacobs se laaste verskyning op 7de Laan was op Donderdag 23 April 2020 waar Jacobs se karakter, Diederik, die stel verlaat toe hy besluit om die plaas oor te neem by sy pa wat blind word, na jare in die fiktiewe Hillside in die stad.
Loopbaan Verhoog Jaar Titel Rol Notas 2001 Noises Off Lloyd Dallas Wen Beste Byspeler by Tshwane Universiteit vir Tegnologie 2002 Maid in the New South Africa Mr James Wen Beste Akteur by Tshwane Universiteit vir Tegnologie 2005 Karla en die Kersknol Kabaret 2005 Dames en Here Flasher Benoem as Beste Akteur Aardklop Nasionale Kunstefees 2007 Stok Voort! homself Gebaseer op Stomp (teaterstuk) 2007 Valley Song Buks 2008 Sy het 'n ding oor liefde Garn 2009 Bloedbroers Morris 2010 Vrydag is Skeidag Boef 2011 Amper Maks 2011 Buurtwag Assistent-regisseur 2012 "Master Harold" en die boys Hally 2012 Die geval van die mal huisvrou Gert 2013 Die buite-egtelike oupa Dr Jeff Johnson 2014 Love Letters Andrew Makepeace Ladd III 2014 Boeing Boeing Robert Benoem as Beste Akteur by die Kyknet Fiesta toekennings 2016 Die twee susters Masha 2017 Manne Barend 2018 STOK himself
Televisie Jaar Titel Rol Notas 2005 Song vir Katryn 2 Journalis 2005 Dryfsand 1 Carlse 2006 - 2020 7de Laan Diederik Greyling Hoofakteur (2006 - 2020). Benoem as Beste Byspeler by die South African India Film and Television Awards in 2013. Wen Beste Byspeler by die Royalty Soapie-toekennings in 2014. 2015 Pantjies Winkel Stories Pieter
Films Jaar Titel Rol Notas 2007 Poena is Koning Deon Musiek videos Jaar Titel Rol Notas 2012 Soen homself 2013 Net vir nou homself 2014 Dit is die land homself 2015 Wolraad Woltemade homself 2017 Lyflam homself Televisie musiekuitvoerings Jaar Titel Rol Notas 2008 Dis hoe dit is met Steve homself 2013 Toks 'n Tjops homself 2015 Noot vir Noot Seisoen 40 homself
Albums Studio albums Jaar Titel Platemaatskappy Notas 2006 Chilli Confessions 2013 Velcrohart Vonk Musiek 2014 Dit Is Die Land Vonk Musiek 2017 Lyflam Vonk Musiek
Samestellings Jaar Album Liedjie Notas 2012 Musiek vir die Langpad Vol.12 Soen 2013 KykNET Musiek - Dis Mos Musiek Soen 2013 Bok Radio Top 40, Vol. 2 Soen 2014 Afrikaans Is Groot - Vol.7 Dit Is Die Land 2014 Liefde Gaan Groot - Vol.2 Net vir jou 2015 Bok Radio Top 40, Vol. 4 Wolraad Woltemade 2015 Dis Afrikaans Wolraad Woltemade 2015 Afrikaans Is Lekker Dit Is Die Land 2016 Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol.11 Peanut Butter En Stroop 2016 Treffer Na Treffer Vol.8 Smoor Verlief
Verwysings
Eksterne skakels Internetrolprentdatabasis-profiel MusicBrainz-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria