Ralph Waldo Ellison (1 Maart 1914 – 16 April 1994) was 'n Amerikaanse romanskrywer, literêre kritikus en geleerde.
Ellison is die beste bekend vir sy roman Invisible Man. Dit het in 1953 die nasionale boektoekenning verower. Hy het ook Shadow and Act (1964)— 'n versameling politiese, maatskaplike en kritiese essays, en Going to the Territory (1986) geskryf.
Vir The New York Times plaas die beste van hierdie essays—bykomend tot die roman—hom "tussen die gode van Amerika se letterkundige Parnassus."
'n Roman getiteld Juneteenth is postuum gepubliseer nadat dit uit lywige notas wat hy na sy dood agtergelaat het saamgestel is.
Bibliografie Invisible Man (Random House, 1952). Flying Home and Other Stories (Random House, 1996). ; sluit die kortverhaal "A Party Down at the Square" in Juneteenth (Random House, 1999). Three Days Before the Shooting... (Modern Library, 2010).
Essaybundels Shadow and Act (Random House, 1964). Going to the Territory (Random House, 1986). The Collected Essays of Ralph Ellison (Modern Library, 1995). Living with Music: Ralph Ellison's Jazz Writings (Modern Library, 2002).
Briewe Trading Twelves: The Selected Letters of Ralph Ellison and Albert Murray (Modern Library, 2000).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse essayiste Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Letterkundige kritici Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1994