Salvador Domingo Felipe Jacinto Dalí i Domènech (11 Mei 1904 – 23 Januarie 1989), algemeen bekend as Salvador Dalí, was 'n Spaanse kunstenaar en een van die belangrikste skilders van die 20ste eeu. Hy was 'n bekwame tekenaar en die bekendste vir die opmerklike, bisarre en beeldskone beelde in sy surrealistiese werk. Sy vakkundigheid rakende sy skilderwerk word dikwels toegeskryf aan die invloed van die meesters uit die Renaissance-tydperk.Dalí, Salvador. (2000) Dalí: 16 Art Stickers, Courier Dover Publications. . Een van sy bekendste werke, "Die volharding van herinnering" (La persistencia de la memoria), is in 1931 voltooi. Sy kunssinnige repertorium het ook rolprente, beeldhouwerk en fotografie ingesluit. Hy het saam met Walt Disney gewerk aan die Oscar-benoemde kort animasierolprent Destino, wat postuum in 2003 uitgereik is. Alhoewel hy in Katalonië, Spanje gebore is, het Dalí op sy Arabiese afkoms aangedring en beweer dat sy voorouers afkomstig was van die More wat Spanje in 711 binnegeval het. Volgens Dalí is sy liefde vir "alles wat verguld en oormatig is, [sy] passie vir luuksheid en [sy] liefde vir Oosterse drag" te danke aan sy Arabiese afkoms.Ian Gibson (1997). The Shameful Life of Salvador Dali. W. W. Norton & Company. Gibson het vasgestel "Dalí" (en verskeie weergawes) is 'n baie algemene van in Arabiese lande soos Marokko, Algerië, Tunisië en Egipte. Volgens Gibson het Dalí se familie aan sy moederskant, die Domènech van Barcelona, egter weer Joodse wortels gehad. Oorspronklike aanhaling, soos dit in die teks verskyn: "my love of everything that is gilded and excessive, my passion for luxury and my love of oriental clothes."
Dalí was bekend vir sy vreemde lewe en gedrag, en ook vir sy lang krulsnor.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die opvatting word wyd gehuldig dat hy oor 'n ryk verbeelding beskik het en 'n voorliefde daarvoor gehad om ongewone dinge te doen om aandag te trek. Hierdie voorliefde het egter liefhebbers van sy kuns net soveel as sy kritici vererg, aangesien sy eksentrieke gedrag soms meer openbare aandag as sy kunswerk getrek het.Saladyga, Stephen Francis. "The Mindset of Salvador Dalí" . lamplighter (Niagara University). Vol. 1 Nr. 3, Summer 2006. Retrieved 22 Julie 2006. Hierdie doelbewuste soeke na bekendheid en berugtheid het daartoe gelei dat hy wyd bekend was en mense vanuit alle sfere van die samelewing sy werk gekoop het.
Biografie Vroeë lewe duimnael|links|Die Dalí-gesin in 1910 (van links): tant Maria Teresa, moeder, vader, Salvador, tant Catherine (later sy pa se tweede vrou), suster Ana Maria en ouma Ana Dalí is gebore op 11 Mei 1904, 08:47 v.m. (MGT)Volgens sy geboorte sertifikaat. Salvador Dalí astrological chart by astrotheme.fr. Laaste besoek op 30 September 2006. in die dorp Figueres, in die Empordà-streek naby die Franse grens in Katalonië, Spanje.Dalí, The Secret Life of Salvador Dalí, 1948, London: Vision Press, bl.33 Dalí se ouer broer, ook genaamd Salvador (*12 Oktober 1901), het nege maande tevore op 1 Augustus 1903 aan gastro-enteritis gesterf. Sy vader, Salvador Dalí i Cusí, was 'n middelklas-advokaat en notaris.Llongueras, Lluís. (2004) Dalí, Ediciones B — Mexico. . Salvador Dalí i Cusí is op 29 Desember 1900 met Dalí se moeder Felipa Domenech getroud in Barcelona in die Nuestra Senora de la Merced kerk.The New York Times, Books: The Shameful Life of Salvador Dali By IAN GIBSON, besoek op 16 Junie 2007 Op vyfjarige ouderdom het Dalí se ouers hom na sy broer se graf geneem en aan hom vertel dat hy die reïnkarnasie van sy broer was,Salvador Dalí. SINA.com. Laaste besoek op 31 Julie 2006. iets wat Dalí mettertyd begin glo het.Salvador Dalí biografie by astrodatabank.com. Laaste besoek op 30 September 2006. Van sy broer het Dalí gesê: "...[ons] het op mekaar gelyk soos twee druppels water, maar ons het verskillende weerkaatsings gehad" en "hy was tien teen een 'n eerste weergawe van myself, maar te veel in die absolute voorgestel".Oorspronklik aanhalings: "...[we] resembled each other like two drops of water, but we had different reflections." en " [he] was probably a first version of myself but conceived too much in the absolute." uit: Dalí, Secret Life. Bl.2
Dalí het ook 'n suster gehad, Ana Maria, wat drie jaar ouer as hy was. Sy het in 1949 'n boek gepubliseer met die titel Salvador Dali, Visto Por Su Hermana ("Salvador Dalí, soos gesien deur sy suster). Dalí se jeugvriende het die toekomstige sokkerspelers Emilio Sagi Liñan en Josep Samitier ingesluit: tydens vakansies by die Katalaanse oord Cadaqués, het die drie gereeld saam sokker gespeel.
Dalí het as kind 'n tekenskool bygewoon. In 1916 het hy ook moderne skilderkuns ontdek tydens 'n somervakansie by Cadaqués saam met die familie van Ramon Pichot, 'n plaaslike skilder wat gereelde uitstappies na Parys onderneem het. In die volgende jaar, 1917, het Dalí se pa 'n uitstalling van sy houtskooltekeninge by hul familiehuis gereël. Sy eerste openbare uitstalling was by die Munisipale Teater in Figueres in 1919.
Dalí se moeder het in 1921 aan borskanker gesterf. Volgens Dalí was sy moeder se dood "die grootste terugslag wat ek in my lewe ervaar het. Ek het haar aanbid . . . ek kon myself nie versoen met die verlies van 'n wese op wie ek staatgemaak het om die onvermydelike vlekke op my siel onsigbaar te maak nie".Dalí, Secret Life, bl.152–3. Die oorspronklike aanhaling lui: "[it] was the greatest blow I had experienced in my life. I worshipped her... I could not resign myself to the loss of a being on whom I counted to make invisible the unavoidable blemishes of my soul." Na haar dood het Dalí se pa met sy oorlede vrou se suster getrou (Dalí se tante dus). Dalí het nie wrokgevoelens jeens dié huwelik gekoester nie, aangesien hy 'n groot liefde en respek vir sy tante gehad het.
Madrid en Parys duimnael|links|350px|Die groot-oog gesigte van Dalí en mede-surrealistiese skilder, Man Ray, in Parys op 16 Junie, 1934. Foto deur Carl van Vechten. Dalí het in 1922 na die Residencia de estudiantes ("studentewoning") in Madrid verhuis en daar aan die San Fernando-skool vir skone kunste gestudeer. Met 'n slanke figuur en 'n lengte van 1,72 meter is Dalí as eksentriek beskou met sy lang hare en die dra van 'n jas, sykouse en kniebroeke wat 'n eeu terug in die mode was. Dit was egter sy skilderye, waarin hy met kubisme geëksperimenteer het, wat sy medestudente se aandag die meeste getrek het. In hierdie vroeë kubistiese werke blyk dit egter dat hy die beweging nie heeltemal verstaan het nie. Die teorie word ondersteun deurdat sy enigste inligting rakende die kubistiese beweging afkomstig was van 'n paar artikels uit tydskrifte en 'n katalogus wat aan hom gegee is deur Pichot. Daar was ook geen ander kubistiese skilders in Madrid in hierdie tyd nie.
Dalí het ook met Dada geëksperimenteer en sou vir die res van sy lewe daardeur beïnvloed word. By die San Fernando-skool vir Skone Kunste het hy 'n noue vriendskap met die filmmaker Luis Buñuel en die digter Federico García Lorca aangeknoop. Daar word ook geglo dat daar moontlik 'n romantiese verhouding tussen Dalí en Lorca ontstaan het.Bosquet, Alain, Conversations with Dalí, 1969. bl. 19. (PDF-lêer)
Dalí is in 1926 geskors van die akademie, kort voor sy eindeksamens, na hy verklaar het dat geen lid van die fakulteit bekwaam genoeg is om hom te eksamineer nie.Salvador Dalí: Olga's Gallery . Laaste besoek op 22 Julie 2006. Uit die foutlose, realistiese Mandjie met brood (1926), blyk dit dat Dalí egter teen die tyd reeds sy verfvaardighede bemeester het.Die portret, "A Basket of Bread", kan hier besigtig word (www.dali-gallery.com). Hy het in dieselfde jaar sy eerste besoek aan Parys gebring, waar hy Pablo Picasso ontmoet het. Dalí het Picasso aanbid en was self ook reeds gunstig aan Picasso beskryf deur Joan Miró. Namate Dalí sy eie styl ontwikkel het, is 'n aantal van sy werke die daaropvolgende paar jaar sterk deur Picasso en Miró beïnvloed.
duimnael|200px|'n Selfportret deur Diego Velázquez. Dalí het sy ikoniese snor op dié van Velázquez gebaseer. Sommige aspekte van Dalí se werk wat hom sy hele lewe sou by bly was reeds merkbaar in die 1920's. Dalí het enige en alle invloede van alle kunsstyle wat hy kon vind, verorber en dan werke geproduseer wat strek van akademies klassieke werke tot die werke wat as avant-garde beskryf is,Hodge, Nicola, en Libby Anson. The A–Z of Art: The World's Greatest and Most Popular Artists and Their Works. Kalifornië: Thunder Bay Press, 1996. Online citation . somtyds in verskillende werke en somtyds gekombineerd. Uitstallings van sy werke in Barcelona het baie aandag getrek en 'n mengsel van lof en verwarde debatte van die kritici.
Dalí het 'n flambojante snor gekweek, wat deel van sy ikoniese beeld sou word: 'n invloed van die snor van die sewentiende-eeuse Spaanse meesterskilder Diego Velázquez.
1929 tot die Tweede Wêreldoorlog Dalí het in 1929 saam met die surrealistiese filmregisseur Luis Buñuel gewerk aan die kort film, Un chien andalou ("'n Andalusiese hond"). Hy was hoofsaaklik verantwoordelik om Buñuel te help skryf aan die draaiboek. Dalí sou later beweer dat hy meer betrokke was by die verfilming, maar dié bewering word nie ondersteun deur ander destydse vertellings omtrent die projek nie.Koller, Michael. Un Chien Andalou . senses of cinema Januarie 2001. Laaste besoek op 26 Julie, 2006. Hy het ook in daardie jaar sy muse, inspirasie en toekomstige vrou, Gala, ontmoet.Shelley, Landry. "Dalí Wows Crowd in Philadelphia" . Unbound (The College of New Jersey) Lente 2005. Laaste besoek op 22 Julie 2006. Gala is gebore as Helena Dmitrievna Deluvina Diakonova, 'n Russiese immigrant wat elf jaar ouer as Dalí was. Met hul ontmoeting was sy egter reeds getroud met die surrealistiese digter Paul Éluard. Dalí het ook in 1929 belangrike professionele uitstallings gehad en het homself amptelik by die surrealistiese groep kunstenaars in die Montparnasse-kwartier in Parys aangesluit (alhoewel sy werk reeds swaar deur surrealisme beïnvloed was vir die afgelope twee jaar). Die surrealiste was opgewonde oor wat Dalí die "paranoïese-kritiese metode" genoem het: om toegang tot die onderbewussyn te verkry vir beter kunssinnige kreatiwiteit.Rojas, Carlos. Salvador Dalí, Or the Art of Spitting on Your Mother's Portrait, Penn State Press (1993). .
In 1931 het Dalí een van sy bekendste werke geskep, La persistencia de la memoria of "Die volharding van herinnering".Clocking in with Salvador Dalí: Salvador Dalí’s Melting Watches (PDF) van die Salvador Dalí Museum. Laaste besoek op 19 Augustus 2006. Die werk is bekend vir sy surrealistiese beelde van sagte, verwelkte sakhorlosies. Die algemene interpretasie van die werk is dat die sakhorlosies die nosie dat tyd rigied en deterministies is, afkraak. Hierdie denkwyse word ook ondersteun deur ander beelde in die skildery, soos 'n wyd-uitgebreide landskap en die miere en vlieg wat die ander horlosies verorber.Salvador Dalí, La Conquête de l’irrationnel (Parys: Éditions surréalistes, 1935), bl. 25.
Dalí en Gala, wat sedert 1929 saamgewoon het, trou in 1934 tydens 'n burgerlike seremonie (hulle sou in 1958 tydens 'n Katolieke seremonie hertrou).
Dalí het ook in die tydperk 'n vriend van die geskiedkundige en wetenskaplike Alexandre Deulofeu geword.