Cameron Dugmore (gebore 16 September 1963)NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024 is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Junie 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress is. Hy was voorheen die leier van die opposisie in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Hy was sedert 2014 as 'n lid van die provinsiale parlement, nadat hy ook tussen 1994 en 2009 as lid gedien het. Hy was ook die Wes-Kaapse minister van onderwys tussen 2004 en 2008 en die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur van 2008 tot 2009.
Vroeë lewe en aktivisme Cameron Muir Dugmore is in 1963 gebore as Gillian en Ron Dugmore se tweede van vyf kinders. Sy ma was 'n Black Sash-lid. Hy het dikwels van stad na stad verhuis en in Pietermaritzburg, Grahamstad en Komga gewoon, waar sy vader 'n onderwyser en skoolhoof was. Van 1969 tot 1974 het hy die Union Preparatory School bygewoon. Hy het in 1977 by die York High School in George begin skoolgaan. In 1978 het hy begin om deel te neem aan anti-apartheidsaktiwiteite. Die aktiwiteite het die verwydering van strand-apartheidsborde by Heroldsbaai en Victoriabaai ingesluit. Al die aktiwiteite is deur sy moeder gelei.
Hy het aan die York High School gematrikuleer en was hul hoofseun. In 1982 begin hy in tale en die regte studeer aan die Universiteit van Kaapstad.
Terwyl hy 'n student in 1983 was, het hy by die National Union of South African Students (Nusas) aangesluit. Hy het ook as voorsitter van die regsstudentevereniging gedien. Hy was voorsitter van die NUSAS-aksiekomitee vir onderwys. In 1984 het hy 'n BA in Lettere en Wysbegeerte behaal.
In 1985 het hy NUSAS UCT verteenwoordig in die Education Charter-veldtog onder leiding van die nie-rassige studentebeweging. Hy is in 1986 as visepresident van die Studenteraad verkies en nie lank daarna nie, in 1988, tot president. Hy het hierna as 'n gewetensbeswaarmaker by die End Conscription Campaign aangesluit.
In 1989 is hy tot die Interim-komitee van die United Democratic Front (Wes-Kaap) aangestel en het hy die Wes-Kaapse tak van die UDF by nasionale vergaderings verteenwoordig. In 1990 was hy die eerste sekretaris van die Nasionale Sportkongres (NSS). Die UDF Wes-Kaap het hom later as organiseerder aangestel.The ANC brings an accomplished pool of experience to govern the Western Cape. Besoek op 19 Mei 2019.
Politieke loopbaan In 1991 het hy lid van die African National Congress geword. Hy was betrokke by die Rondebosch- (Gaby Shapiro) tak. Hy word hierna tot die Streeks- Nasionale Komitee van die African National Congress verkies en word in 1992 en 1993 as die hoof van die organisasiedepartement aangestel. Hy is later as die hoof van die African National Congress Western Cape Elections Voter Organisation and Training (VOT) aangewys.
In 1994 is hy as 'n ANC-LPP verkies en hy het as lid van die PEC / PWC gedien. Hy het ook as die PEC-woordvoerder gedien. Hy was 'n takafgevaardigde by die Mahikeng-konferensie in 1997. Hy was hoof van die kommunikasiefaksie van die ANC se verkiesingsveldtog in 1999. Dugmore is in 1999 tot 'n tweede termyn as 'n provinsiale parlementslid herkies. In 2002 was Dugmore 'n takafgevaardigde na die Stellenbosch-konferensie.DUGMORE'S NAME IN THE HAT. Besoek op 20 Mei 2019.
In 2004 het premier Ebrahim Rasool Dugmore as die provinsiale minister van onderwys aangestel. Rasool is in 2008 herroep en deur Lynne Brown as premier vervang. Brown het Dugmore as die provinsiale minister van kultuursake en sport aangestel.Rasool: Announcement of Western Cape Cabinet (30/04/2004). Besoek op 20 Mei 2019.Lynne Brown sworn in as Western Cape premier. Besoek op 20 Mei 2019.
Dugmore het die provinsiale parlement in 2009 verlaat en is gevolglik as sameroeper van die ANC Overberg vissery-taakspan aangestel. Van 2010 tot 2014 was hy 'n spesiale adviseur vir Trevor Manuel. Dugmore was betrokke by die stigting van die Mitchells Plain Bursary and Role Model Trust, asook die Mitchells Plain Skills Centre en die Mitchells Plain Education Forum. Hy was 'n afgevaardigde na die ANC-konferensie in Mangaung in 2012, maar hy is by die konferensie akkreditasie geweier en kon dus nie die Wes-Kaapse tak verteenwoordig nie.Allegations of 'massive' registration fraud at Mangaung. Retrieved on 20 Mei 2019.
In 2014 het hy na die Wes-Kaapse provinsiale parlement teruggekeer as LPP vir Hessequa. Hy was 'n afgevaardigde na die Nasionale Beleidskonferensie in 2017.
In 2018 het Dugmore bekend gemaak dat hy as kandidaat staan om Marius Fransman as provinsiale voorsitter van die ANC op te volg. Dit was in politieke binnekringe bespiegel dat Dugmore 'n moontlike Wes-Kaapse premierskandidaat vir die 2019-verkiesing sou wees.No Western Cape ANC leader. Besoek op 25 Januarie 2019.
Dugmore is toe in Mei 2019 weereens tot nog 'n termyn in die Wes-Kaapse provinsiale parlement verkies. Op 20 Mei 2019 het die African National Congress hom as die verkose leier van die opposisie in die Wes-Kaapse provinsiale parlement aangewys. Hy het die amp op 22 Mei 2019 aanvaar.Meet the ANC's new team for Parliament. Retrieved on 20 Mei 2019.Western Cape ANC welcomes appointment of Cameron Dugmore as opposition leader . Besoek op 20 Mei 2019. Voorval In Maart 2018 het gewelddadige betogings in Hermanus en omgewing plaasgevind. Die provinsiale minister van menslike nedersettings, Bonginkosi Madikizela, het gesê dat hy 'n mosie in die provinsiale parlement sal indien om Dugmore na die etiekkomitee te verwys omdat hy glo geweld aanhits. Die provinsiale ANC het die bewerings ontken. Meyer, Dan. ANC denies that Cameron Dugmore incited violence in Hermanus, BusinessDay, 28 Maart 2018. Besoek op 30-11-2018.
Persoonlike lewe Dugmore woon in Rondebosch, Kaapstad. Hy is getroud met Melanie Lue. Die egpaar het drie kinders.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici