Theuns Botha is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse politikus en die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap.
Loopbaan Sy politieke loopbaan het in 1995 begin as raadslid van die destydse Riversdal Munisipaliteit. In 2000 word hy die burgemeester van Langeberg, wat bestaan uit Riversdal, Stilbaai, Heidelberg en Albertinia. In 2000 is hy as burgemeester van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit verkies.
Botha is in 2002 verkies tot DA-provinsiale leier van die Wes-Kaap en in April 2004 word hy verkies as lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Hy beklee op daardie stadium die amp as leier van die opposisie.
Eksterne skakels Botha se profiel
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse politici