SK Yeşilyurt Berlyn is 'n sokkerklub uit die Moabit-distrik van Berlyn, die hoofstad van Duitsland.
Die huidige klub is in 2007 gestig as opvolger vir SV Yeşilyurt Berlyn wat in 1973 gestig is deur 'n groep etniese Turke.
Die klub se grootste prestasie was om die Verbandspokal Berlyn in 2001 te wen (ook bekend as die Paul Rusch-beker), wat die klub toegang gegee het tot die hoofrondte van die DFB-Pokal. Hier is die klub in die eerste rondte met 2-4 deur SC Freiburg uitgeskakel. Die klub se tradisionele Berlynse teenstander (voor die ontbinding) was Türkiyemspor Berlyn.
In 2007 is die klub bankrot verklaar en uit alle kompetisies geskors. 'n Groot groep lede het by Berlin AK 07 aangesluit, maar die twee klubs kon nie saamsmelt nie as gevolg van Berlin AK 07 wat self ook finansiële probleme ondervind het. Na die klub se ontbinding het die heroprigting onder die huidige naam onmiddellik gevolg, maar die klub moes weer onder begin in die Berlynse Kreisliga C op die 11de vlak van die Duitse sokkerstruktuur.
Onlangse ligaposisionering
1991-92 (VIII) Kreisliga A Berlyn 9de 1992-93 (VIII) Kreisliga A Berlyn 6de 1993-94 (VII) Bezirksliga Berlyn 2de 1994-95 (VI) Landesliga Berlyn 11de 1995-96 (VI) Landesliga Berlyn 15de 1996-97 (VII) Bezirksliga Berlyn 9de 1997-98 (VII) Bezirksliga Berlyn 4de 1998-99 (VII) Bezirksliga Berlyn 1ste 1999-00 (VI) Landesliga Berlyn 3de 2000-01 (VI) Landesliga Berlyn 1ste2001-02 (V) Verbandsliga Berlyn 2de 2002-03 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 4de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 5de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 8ste 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 14de 2007-08 (IV) Oberliga Noordoos-Noord (lisensie teruggetrek) 2008-09 (XI) Kreisliga C 8ste 2009-10 (XI) Kreisliga C
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow
Berlyn Kategorie:Sport in Berlyn