VSK Osterholz-Scharmbeck is 'n sportklub uit Osterholz-Scharmbeck in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling.

Die klub het ontstaan deur 'n reeks samesmeltings tussen Scharmbecker-Osterholzer Turnverein/Scharmbecker Turnerbund von 1848, Turnverein „Gut Heil“ Osterholz , Pyramidenclub Osterholz „Frisch auf“, Arbeiter-Turn- und Sportverein Osterholz-Scharmbeck en die sokkerklub Fußballverein Preußen 09. Voor die samesmelting met Preußen 09 het die klub nie sokker aangebied nie. In die 1930’s was die klub bekend as Sportverein Preußen 09 Osterholz-Scharmbeck en dis later herdoop na Spielvereinigung Osterholz-Scharmbeck, vormals Preußen 09. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis weer in Februarie 1946 herstig as Verein für Sport und Körperpflege Osterholz-Scharmbeck, die huidige naam.

Die klub speel sedert 2006 in die Oberliga Noord. Behalwe sokker, bied die klub ook heelwat ander sportsoorte, insluitend die binneshuise sportsoort prelbal.

Onlangse ligaposisionering 2002-03 (VI) Landesliga 1ste 2003-04 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 3de 2004-05 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 4de 2005-06 (V) Verbandsliga Neder-Sakse Oos 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Noord 14de 2007-08 (IV) Oberliga Noord

Eksterne skakels Amptelike klubwerf Amptelike webwerf van die sokkerafdeling

Osterholz-Scharmbeck