Ÿ (y met deelteken) of ÿ is 'n seldsame letter van die Latynse alfabet wat in Duits, Frans, Malgassies en Hongaars voorkom.

Voorkoms

Duits Die letter Ÿ word nie meer in Duits gebruik nie. Vandag word ÿ in verskeie Duitse vanne gebruik. Byvoorbeeld, von Meÿenn, Zeÿn, Croÿ en Meÿer

Frans

Plekname

In Frankryk

Aÿ Fontaine-sur-Aÿ Haÿ-les-Roses

Die kasteel van Maÿtie

In België Freÿr

Vanne

Jules Balaÿ Vincent de Callataÿ, Belgiese sterrekundige.

Hongaars Sekere ou Hongaarse edele vanne het ÿ bevat. Byvoorbeeld, Rostÿ, Konkolÿ, Demeczkÿ, Sidÿ, Persianÿ, Demenÿ, ens.

Oorsprong Y met deelteken Die letterreekse IJ wat in Nederlands en Vroegmoderne Hoë-Duits voorkom en word soms met ÿ vervang aangesien dit dikwels in manuskripte presies dieselfde lyk.

Sien ook Ý Ŷ

Kategorie:Latynse alfabet