duimnael|Seël van die Leër van die Beskermers van die Islamitiese Revolusie Die Islamietiese Revolusionêre Wagkorps, die Islamietiese Revolusionêre Garde (Engels: The Islamic Revolutionary Guard Corps - IRGC) (Persies: سپاه پاسداران انقلاب اسلامی‎, translit. Sepâh-e Pâsdârân-e Enghelâb-e Eslâmi, letterlik Leër van Beskermers van die Islamitiese Revolusie of Sepâh vir kort of Pasdaran as informele naam) is 'n tak van Iran se gewapende magte gestig na die Irannese Rewolusie op 22 April 1979 op bevel van Ayatollah Khomeini.IISS Military Balance 2006, Routledge for the IISS, Londen, 2006, bl. 187 Volgens die Iraanse grondwet moet die weermag (of Artesh) Iran se grense verdedig en interne orde handhaaf, terwyl die Revolusionêre Wag (Pasdaran) bedoel is om die land se "Islamitiese Republiekstelsel" te beskerm."Profile: Iran's Revolutionary Guards" . BBC. 18 Oktober 2009. Die Revolusionêre Wag verklaar dat hul rol in die beskerming van die Islamitiese stelsel is om buitelandse inmenging sowel as staatsgrepe deur die weermag of "afwykende bewegings" te voorkom.

Sedert sy ontstaan as 'n ideologies-gedrewe milisie, het die Leër van Beskermers van die Iraanse Revolusie in bykans elke aspek van die Iraanse samelewing 'n groter rol gespeel. Dié organisasie se uitgebreide sosiale, politieke, militêre en ekonomiese rol onder president Mahmoud Ahmadinejad se administrasie - veral tydens die presidensiële verkiesing 2009 en die naverkiesing onderdrukking van protes - het baie Westerse ontleders geargumenteer dat sy politieke mag selfs dié van die Sjia-geestelike stelsel oortref het.

Die Revolusionêre Wagte het ongeveer 125 000 militêre personeel, insluitend grond-, lugvaart- en vlootmagte. Sy vlootmagte is nou die primêre magte wat operasionele beheer van die Persiese Golf uitoefen."The Consequences of a Strike on Iran: The Iranian Revolutionary Guard Corps Navy" GlobalBearings.net, 15 Desember 2011. Dit beheer ook die paramilitêre Basij-milisie wat ongeveer 90 000 aktiewe personeel het.Abrahamian, Ervand, History of Modern Iran, Columbia University Press, 2008 pp. 175–76 Die media-arm is Sepah News."Picture imperfect" 9 Maart 2013 The Economist Die hoofbevelhebber van die Pasdaran sedert 2007 is Mohammad Ali Jafari, wat voorafgegaan is deur Yahya Rahim Safavi vanaf 1997.

Hierdie groep is getipeer as 'n terroriste-organisasie deur Saoedi-Arabië, Bahrein en die Verenigde State. Ten spyte daarvan dat top-Central Intelligence Agency en Amerikaanse Pentagon-amptenare teen die terroriste-benoeming van die organisasie as 'n terroriste organisasie gekant was, het President Donald Trump op 8 April 2019 so 'n besluit geneem.

Qasem Soleimani bevelvoerder van die IGRC se Koeds-mag, is op 3 Januarie 2020 in Bagdad, Irak, dood in 'n Amerikaanse hommeltuig-aanval. Soleimani is opgevolg as bevelvoerder van die Quds-mag deur Esmail Ghaani.

Verwysings

Kategorie:Irannese weermag