duimnael|Ralph Waldo Emerson in 1857 Ralph Waldo Emerson (25 Mei 1803 – 27 April 1882) was 'n Amerikaanse essayis, lektor, filosoof, en digter wat die Transendentale Beweging van die middel 19de eeu gelei het. Hy is gesien as 'n voorstander van die Individualisme en ook as 'n profetiese kritikus van die kompenserende spanninge van die beskawing, en het sy gedagtes versprei deur etlike dosyne gepubliseerde essays, asook meer as 1 500 openbare lesings oor die lengte en breedte van die VSA.
Emerson het weldra wegbeweeg van die godsdienstige en maatskaplike oortuigings van sy tydgenote, en die filosofie van transendentalisme geformuleer en uitgedruk in sy 1836 essay Natuur. Op die hakke van hierdie werk het hy ook 'n toespraak getiteld Die Amerikaanse Geleerde gelewer in 1837, welke Oliver Wendell Holmes snr. as Amerika se "intellektuele Deklarasie van Onafhanklikheid" beskou het."Richardson, p. 263.
Emerson het die meeste van sy essays as lesings geskryf en dit daarna vir publikasie hersien. Sy eerste twee versamelings van essays, Essays: First Series (1841) en Essays: Second Series (1844) verteenwoordig die kern van sy denke. Hulle sluit die alombekende essays "Self-Reliance", "The Over-Soul ", "Circles ", "The Poet ", en "Experience" in. Saam met "Nature", het hierdie essays die dekade wat strek van die middel 1830's tot die middel 1840's Emerson se mees produktiewe tydperk gemaak.
Emerson het oor 'n groot aantal onderwerpe geskryf, maar hy het nooit spesifieke filosofiese beginsels onderskryf nie, maar sekere idees soos Individualisme, Vryheid, die vermoë van die mens om byna enigiets en alles te realiseer, en die verhouding tussen die siel en die omliggende wêreld, ontwikkel. Emerson se aard was meer filosofies as naturalisties: "Filosofies gesien, is die heelal saamgestel uit die natuur en die siel." Emerson is een van verskeie figure wat 'n groter Panteïstiese benadering gehad het deur die idee te verwerp dat God apart van die wêreld bestaan.
Hy bly uiteraard die spilpunt waarom die Amerikaanse romantiese beweging draai, en sy werk het 'n beduidende invloed op die denkers, skrywers en digters na sy tyd gehad. "In al my lesings," skryf hy, "het ek een doktrine geleer, naamlik die onblusbare vermoë van die private mens."Journal, 7 April 1840. Emerson is ook bekend as 'n mentor en vriend van Henry David Thoreau, wat 'n mede-transendentalis is.
Vroeë lewe en opvoeding Emerson is op 25 Mei 1803 in Boston, Massachusetts gebore,Richardson, bl. 18. en was die seun van Ruth Haskins en eerwaarde William Emerson, 'n Unitariese dominee. Hy is vernoem na sy moeder se broer Ralph en sy vader se oumagrootjie Rebecca Waldo.Allen, p. 5. Ralph Waldo was die tweede van vyf seuns wat volwassenheid bereik het. Die ander was William, Edward, Robert Bulkeley, en Charles.Baker, bl. 3. Drie ander kinders — Phebe, John Clarke en Mary Caroline — het reeds in hul kinderjare beswyk. Die Emersons was geheel en al van Engelse afkoms, en Emerson se familie was reeds vanaf die koloniale periode in die Nieu-Engelandarea woonagtig.Cooke, George Willis. Ralph Waldo Emerson. pp. 1, 2.
Emerson se vader het op 12 Mei 1811 aan maagkanker beswyk, minder as twee weke voor Emerson se agste verjaardag.McAleer, p. 40. Emerson is deur sy moeder grootgemaak, wie steun en hulp van ander vroue in die familie ontvang het. Sy tante Mary Moody Emerson het 'n diepgaande invloed op hom uitgeoefen.Richardson, bl. 22–23. Sy het op 'n ongereelde basis by die familie gewoon, en het tot haar dood in 1863 gereeld en konsekwent met Emerson gekorrespondeer. Baker, p. 35.
Emerson se formele skoolopleiding het in 1812 op die ouderdom van nege jaar by die Boston Latynse Skool begin.McAleer, bl. 44. In Oktober 1817, op die ouderdom van veertien, is Emerson by Harvard-universiteit ingeskryf en ook aangestel as 'n eerstejaarboodskapper vir die president. Die aanstelling het die stuur van boodskappe aan die fakulteit en die aankeer van ongehoorsame studente behels.McAleer, bl. 52. Teen die middel van sy eerste jaar het Emerson begin om 'n lys van boeke te hou wat hy gelees het, en het hy ook 'n joernaal begin, synde 'n reeks notaboeke te wees wat hy "Wide World" sou noem.Richardson, p. 11.
Hy het buitemuurse werkies aangeneem ten einde die koste van sy skoolopleiding te dek, insluitende as 'n kelner vir die Junior Commons en nou en dan as 'n lektor saam met sy oom Samuel en sy tante Sarah Ripley in Waltham, Massachusetts.McAleer, bl. 53. In sy seniorjaar het Emerson besluit om voortaan bekend te staan as Waldo.Richardson, bl. 6. Emerson het gedien as klasdigter, en soos die gebruik was, het hy 'n oorspronklike gedig voorgedra op Harvard se Class Day. Dit was 'n maand voor sy amptelike gradeplegtigheid op 29 Augustus 1821. Hy was op die stadium agtien jaar oud.McAleer, bl. 61. Hy het nie uitgestaan as 'n student nie en het in die presiese middel van sy klas (uit 59 studente) gestaan wat akademiese prestasie betref.Buell, bl. 13.
In 1826 het hy, in die lig van sy swak gesondheidstoestand, na 'n blyplek met 'n warmer klimaat begin soek. Hy het eers na Charleston, Suid-Carolina gegaan maar die klimaat steeds te koud gevind.Richardson, bl. 72. Hy het toe verder suid getrek na St. Augustine, Florida, waar hy uitstappies na die strand geneem en poësie begin skryf het. Terwyl hy in St. Augustine was het hy ene Prins Achille Murat ontmoet, die nefie van Napoleon Bonaparte. Murat was sy senior met twee jaar en hulle het goeie vriende geword en mekaar se geselskap geniet. Die twee het verligte geselskappe oor godsdiens, samelewing, filosofie en die regering gehou. Emerson het Murat as 'n belangrike figuur in sy intellektuele ontwikkeling beskou.Field, Peter S. (2003). Ralph Waldo Emerson: The Making of a Democratic Intellectual. Rowman & Littlefield. , .
Terwyl hy in St. Augustine was het Emerson sy eerste ervaring van slawerny gehad, en op een punt het hy 'n vergadering van die Bybelgenootskap bygewoon terwyl 'n slaweveiling buite in die erf aan die gang was. Hy het geskryf, "Een oor het derhalwe die blye tydings van groot blydskap aangehoor, terwyl die ander vermaak was met 'Going, gentlemen, going!' "Richardson, bl. 76.
Vroeë loopbaan thumb|left|upright|Gegraveerde tekening, 1878 Ná Harvard het Emerson sy broer William bygestaanRichardson, bl. 29. by 'n skool vir jong vroueMcAleer, bl. 66. wat in hul moeder se huis gestig is, nadat hy sy eie skool in Chelmsford, Massachusetts gestig het. Toe sy broer egterRichardson, bl. 35. na Göttingen vertrek het om in die regte te studeer in die middel van 1824 het Emerson die skool gesluit; maar tot vroeg in 1825 voortgegaan om onderrig te gee in Cambridge, Massachusetts. Emerson is aan die einde van 1824 aanvaar in die "Harvard Skool vir Geloofstudies", en was in 1828 ingelyf in Phi Beta Kappa. Emerson se broer Edward wat twee jaar jonger as hy was,Richardson, bldsye. 36–37. het na sy studies (hy het eerste in sy klas by Harvard Universiteit gestaan) aangesluit by die firma van die prokureur Daniel Webster.
Edward se gesondheid het egter bly versleg, hy het kort daarna ook 'n geestesineenstorting gehad en is op die ouderdom van 23 in Junie 1828 na 'n psigiatriese instelling geneem. Alhoewel hy sy geestelike welstand herwin het, sterf hy in 1834 vermoedelik aan tuberkulose waaraan hy klaarblyklik reeds 'n geruime tyd gely het.Richardson, bl. 37. Nog een van Emerson se belowende jonger broers, Charles, wat in 1808 gebore is, het ook aan tuberkulose beswyk in 1836,Richardson, bldsye. 38–40. wat hom die derde jeugdige in Emerson se sirkel van familie en kennisse maak om binne 'n paar jaar te sterf.
Emerson het sy eerste vrou, Ellen Louisa Tucker, in Concord, Nieu-Hampshire op Kersdag in 1827 ontmoet, en is met haar getroud toe sy agtien was.Richardson, bl. 92. Die paartjie het na Boston getrek en Emerson se moeder Ruth het saam getrek ten einde te help met die sorg van Ellen wat reeds siek was aan tuberkulose.McAleer, p. 105. Minder as twee jaar later, op 8 Februarie 1831, het Ellen op die ouderdom van 20 beswyk. Haar laaste woorde was: "Ek het nie die vrede en blydskap vergeet nie".Richardson, bl. 108. Emerson was baie gekrenk deur haar dood en het daagliks haar graf in Roxbury besoek.Richardson, bl. 116. In 'n joernaalinskrywing gedateer 29 Maart 1832 skryf hy "Ek het Ellen se graf besoek en die kis oopgemaak".Journals and Miscellaneous Notebooks of Ralph Waldo Emerson. Volume I. bl. 7.
Die Tweede Kerk in Boston het Emerson uitgenooi om as sy juniordominee te dien en hy is op 11 Januarie 1829 as sulks georden.Richardson, bl. 88. Sy aanvanklike salaris was $1,200 per jaar, welke vermeerder is tot $1,400 in Julie,Richardson, bl. 90. maar met sy kerkrol het hy ook ander verantwoordelikhede aangeneem: hy was onder andere die kapelaan van die Wetgewer van Massachusetts en 'n lid van die Boston-skoolkomitee. Sy kerkaktiwiteite het hom besig gehou alhoewel hy gedurende hierdie periode die dreigende dood van sy vrou moes verwerk, wat hom laat twyfel het aan sy eie oortuigings.
Ná sy vrou se dood het hy begin verskil van die kerk se metodes en in sy joernaal in Junie 1832 geskryf, "Ek het somtyds gedink dat, ten einde 'n goeie dominee te wees, dit nodig was om die bediening te verlaat. Die bediening is oudmodies. In 'n ander era, het ons die dooie vorme van ons voorvaders aanbid".Sullivan, p. 6. Sy verskille met kerkamptenare oor die administrasie van Nagmaaldiens, en bedenkinge oor openbare gebed het uiteindelik in 1832 tot sy bedanking gelei. Hy het geskryf, "Hierdie wyse van die herdenking van Christus is nie aanvaarbaar vir my nie. Dit is genoeg rede waarom ek dit moet verlaat".Packer, bl. 39.Emerson, Ralph Waldo (1832). "The Lord's Supper". Uncollected Prose. Een Emerson kenner het in die verband soos volg opgemerk, "Met die skaflike swart van die priestersgewaad van hom af, was hy vry om die gewaad van die dosent en onderwyser aan te trek, van die denker wat nie beperk was binne die beperkinge van 'n instelling of 'n tradisie nie".Ferguson, Alfred R. (1964). "Introduction". The Journals and Miscellaneous Notebooks of Ralph Waldo Emerson. Volume IV. Cambridge, Massachusetts: Belknap Press, bl. xi. Emerson het later in 1833 deur Europa getoer en oor sy reise geskryf in English Traits (1856).McAleer, bl. 132. Hy het op Kersdag, 1832 vertrek aan boord die Jasper en het eerste na Malta gevaar.Baker, bl. 23. Gedurende sy Europese reis het hy 'n paar maande in Italië deurgebring en onder andere Rome, Florence (Firenze) en Venesië besoek. In Rome het hy kennis gemaak met John Stuart Mill, wat aan hom 'n aanbevelingsbrief gegee het om Thomas Carlyle te ontmoet. Hy het daarna na Switserland gereis. Die mede-passasiers moes hom smeek om Voltaire se huis in Ferney te besoek, "heelpad protesterende teen die onwaardigheid van sy herinnering".Richardson, bl. 138. Hy het daarna na Parys gegaan, "'n luidrugtige moderne New York van 'n plek",, waar hy die Jardin des Plantes besoek het. Hy was beïndruk deur die tentoonstelling van plante wat georganiseer is volgens Antoine Laurent de Jussieu se klassifikasiestelsel en die wyse waarop die voorwerpe in verband gebring en gekonnekteer is. Soos Robert D. Richardson sê, "Emerson se oomblik van insig in die aaneengeskakeldheid van dinge in die Jardin des Plantes was 'n oomblik van amper visioenêre intensiteit wat hom weg van teologie gestuur het na die wetenskap toe".Richardson, bl. 143.
Emerson het aanbeweeg na Engeland, en daar vir William Wordsworth, Samuel Taylor Coleridge en Thomas Carlyle ontmoet. Carlyle was 'n besonders sterk invloed op Emerson, en Emerson sou later dien as die nie-amptelike literêre agent in die V.S.A. vir Carlyle. In Maart 1835 sou hy poog om Carlyle te oorreed om na die V.S.A. te gaan ten einde lesings aan te bied.Richardson, bl. 200. Die twee sou tot Carlyle se dood in 1881 korrespondeer.Packer, bl. 40. thumb|Daguerreotipie van Lidian Jackson Emerson en haar seun Edward Waldo Emerson, circa 1850