Die baarmoeder is ’n vroulike sekondêre seksorgaan wat belangrik in die voortplanting van die mens en die meeste ander soogdiere is. Die onderkant van die menslike baarmoeder, die serviks, loop uit in die vagina, terwyl die bokant met die Fallopiusbuise verbind is. Dit is binne die baarmoeder dat die embrio ná bevrugting tot ’n fetus ontwikkel.
Die baarmoeder verskil in baie ander diere – sommige diere het twee aparte baarmoeders.
Die baarmoeder is in die bekkenstreek geleë, net agter die blaas en voor die sigmoïedkolon. Die menslike baarmoeder is peervormig en sowat 7,6 cm lank, 4,5 cm breed en 3 cm dik.Manual of Obstetrics. (3de ed.). Elsevier 2011. pp. 1–16. . Dit kan anatomies in vier streke verdeel word: die fundus (die boonste, geronde deel), die corpus (liggaam), serviks en servikale kanaal. Ligamente hou die baarmoeder in die bekken in posisie.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Abdomen Kategorie:Ginekologie Kategorie:Bekken Kategorie:Geslagsorgane