Metis (kleinplaneetnaam: 9 Metis) is een van die grootste voorwerpe in die asteroïdegordel. Dit bestaan uit silikate en nikkel-yster, en kan die kernoorblyfsel wees van ’n groot asteroïde wat lank gelede deur ’n botsing vernietig is. Metis het na raming net minder as ’n halwe persent van die totale massa van die asteroïdegordel.
Volgens foto's van die Hubble-ruimteteleskoopHubble Space Telescope observations en ligkurwe-ontledingsJ. Torppa et al., Shapes and rotational properties of thirty asteroids from photometric data , Icarus Vol. 164, bl. 346 (2003). het Metis ’n lang, onreëlmatige vorm met een skerp en een breë punt. Radarwaarnemings dui op ’n aansienlike plat gebied,D. L. Mitchell et al., Radar Observations of Asteroids 7 Iris, 9 Metis, 12 Victoria, 216 Kleopatra, and 654 Zelinda, Icarus Vol. 118, p. 105 (1995). en dit stem ooreen met die vorm wat uit ligkurwes afgelei is.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Asteroïede