Alexander IAlexander I, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Artaud de Montor, Alexis F., Chévalier de, "The lives and times of the popes to 1003". (vertaal vanaf "Les vies des papes") bl. 31 The Catholic Publication Society of America, New York. 1911. was die sesde pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy is die opvolger van Pous Evaristus en word op sy beurt opgevolg deur Pous Sixtus I. Hy word vereenselwig met die martelaar Alexander van die Via Nomentana,Shahan, T. (1907). Pope St. Alexander I. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 26 November 2014 by New Advent: wie se naamdag op 3 Mei is, maar hiervoor is geen feitelike bewys nie. Irenaeus, wat kort na hom geleef het, sê niks oor sy vermeende martelaarskap nie. Die tydperk van sy pontifikaat is nie presies bekend nie. Party skrywers noem 106–115, ander 109–116. Eusebius, in Ecclesiastical History IV, IV, 1 beweer dat Alexander in die derde jaar van die bewind van die Romeinse keiser Hadrianus oorlede is, nadat hy vir tien jaar lank biskop van Rome was. Volgens die tradisie is hy op 3 Mei 115 in Rome oorlede. Hy is die beskermheilige teen kropsiekte (skildkliervergroting) en skrofulose (tuberkulose van die limfkliere in die nek).

Volgens die Liber PontificalisLoomis, Louise R. (1874 vertaling) The book of the popes (Liber Pontificalis) bl. 52. New York, University of Columbia Press. Augustus 1997. was hy die seun van Alexander en gebore in Caput Tauri. Hy is saam met Eventius, 'n priester en Theodulus, 'n diaken gemartel. Hy is begrawe aan die Via Nomentana en na hom was daar 'n sede vacante van 35 dae.

Bronnelys Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London.

Verwysings

Eksterne skakels

Notas Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Opvolging

Alexander I Alexander I Kategorie:Sterftes in 116