Seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) is infeksies wat deur seksuele aktiwiteit van een persoon na ’n ander versprei word, veral deur vaginale omgang, anale seks, orale seks en soms handseks. Hierdie infeksies veroorsaak seksueel oordraagbare siektes (SOS'e) wat algemeen voorkom, wat pyn kan meebring en wat onvrugbaarheid en sterfte kan veroorsaak indien dit nie behandel word nie. SOI's veroorsaak dikwels aanvanklik geen simptome nie, wat die risiko meebring dat dit onwetend aan ander oorgedra word. Tekens en simptome sluit vaginale afskeiding, afskeiding uit die penis, sere op of om die geslagsdele en bekkenpyn in, en sommige SOI's kan onvrugbaarheid veroorsaak. Van die algemene SOI's is gonorree, trigomoniase, chlamydia en sifilis. Genitale vratte word deur die menslike papilloomvirus veroorsaak en sommige subtipes hiervan is vir die meeste gevalle van servikale kanker verantwoordelik.

Bakteriële SOI's sluit chlamydia, gonorree en sifilis in; virale SOI's sluit genitale vratte, genitale herpes en MIV/vigs in; en trigomoniase is ’n voorbeeld van ’n parasitiese SOI. Die meeste SOS'e – onder meer sifilis, gonorree, chlamydia en trigomoniase – kan behandel en genees word. Die verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) en die seksueeloordraagbare virus Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) wat vigs veroorsaak, kan egter nie genees word nie, en dieselfde geld vir genitale herpes. MIV kan deur seksuele kontak, deur bloed en deur ’n swanger vrou aan haar kind gedurende swangerskap, geboorte of borsvoeding oorgedra word. Alhoewel MIV nie genees kan word nie, kan die uitwerking daarvan soms tydelik gestuit word.

Ander SOI's soos sifilis en vaginale sproei verhoog iemand se kans om MIV te kry of dit aan ander oor te dra. Mense met SOI's word dus verkieslik so gou moontlik behandel, en indien moontlik vir MIV getoets en van berading voorsien; dit kan by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums gedoen word. ’n Mens kan gewoonlik nie sien dat iemand ’n SOI het nie, want mense met SOI's, insluitend MIV, lyk gewoonlik nie siek nie. Dit kan van drie tot tien jaar duur voordat iemand met MIV simptome toon.

Die mees effektiewe manier om SOI's te voorkom is deur nie seks te hê nie. Sommige vaksiene verlaag die risiko's van sekere infeksies soos hepatitis B en sommige soorte MPV. Veiliger sekspraktyke soos die gebruik van kondome, ’n kleiner aantal seksmaats en ’n verhouding waarin elke persoon net met die ander een seks het, kan ook die risiko verlaag, en omvattende seksopvoeding kan eweneens nuttig wees. Sekere infeksies kan ook effektief deur manlike besnydenis verminder word.

Wêreldwyd het sowat 1,1 miljard mense in 2015 ’n SOI anders as MIV of vigs gehad, en dié infeksies het in dieselfde jaar 108 000 mense se lewens gekos. Omtrent 500 miljoen mense het sifilis, gonorree, chlamydia of trigomoniase, minstens 530 miljoen het genitale herpes en 290 miljoen vroue is met die menslike papilloomvirus geïnfekteer. Toetse vir die diagnose van SOI's is in die ontwikkelde wêreld geredelik beskikbaar, maar dikwels nie in ontwikkelende lande nie, en daar is baie keer skande en stigma aan dié infeksies verbonde. Skriftelike bewyse van SOI's kom al uit die oudheid: die Ebers-papirus van omstreeks 1550 v.C. en die Ou Testament (8ste of 7de eeu v.C.) verwys albei daarna.

Terminologie duimnael|regs|’n Amerikaanse plakkaat uit die tydperk 1941–1945 met die opskrif "VD kan genees word, maar daar is geen medisyne vir spyt nie" Tot in die 1990's is SOI's algemeen veneriese siektes of geslagsiektes genoem, ’n verouderde eufemisme wat van die Latynse venereus kom, die byvoeglike vorm van Venus, die Romeinse godin van die liefde. In die na-klassieke tyd het die versagtende werking van die woord egter heeltemal verlore geraak en het die afkorting "VD" net negatiewe bybetekenisse gehad. Ander ouer eufemismes was "bloedsiektes" en "sosiale siektes".

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel sedert 1999 die ruimer term seksueel oordraagbare infeksie aan. Dié term word bo seksueel oordraagbare siekte verkies omdat dit ook gevalle insluit waar daar geen simptome van siekte is nie – en juis dié gevalle is ’n groot deel van die probleem, aangesien iemand sonder simptome die infeksie onwetend kan oordra.

Tekens en simptome Nie alle SOI's is simptomaties nie, en simptome verskyn ook nie noodwendig direk ná besmetting nie. In sommige gevalle kan ’n siekte sonder enige simptome gedra word, wat ’n groter risiko vir oordrag na ’n ander persoon inhou. Na gelang van die siekte kan onbehandelde SOI's tot onvrugbaarheid, chroniese pyn en selfs die dood lei.

Die teenwoordigheid van ’n SOI in kinders voor die puberteit kan op seksuele misbruik dui.

Oorsaak

Oordrag Die volgende geslagsdade verhoog die risiko en waarskynlikheid van seksueel oordraagbare infeksies: orale seks, vaginale seks, anale seks en anilingus. ’n Seksueel oordraagbare infeksie by ’n swanger vrou kan ook voor of ná geboorte aan die baba oorgedra word.

+ Risiko van oordrag per onbeskermde geslagsdaad met ’n geïnfekteerde persoon Aktiwiteit Bekende risiko's Moontlike risiko's Orale seks op ’n penis uitvoer Chlamydia van die keel Gonorree van die keel (25–30 %) Herpes (skaars) MPV Sifilis (1 %) Hepatitis B (lae risiko) MIV (0,01 %) Hepatitis C (onbekend) Orale seks op ’n vagina uitvoer Herpes MPV Gonorree van die keel Chlamydia van die keel Orale seks op die eie penis laat uitvoer Chlamydia Gonorree Herpes Sifilis (1 %) MPV Orale seks op die eie vagina laat uitvoer Herpes MPV Bakteriële vaginose Gonorree Vaginale seks – penetrerend Chlamydia (30–50 %) Platluise Skabies Gonorree (22 %) Hepatitis B Herpes (0,07 % vir HSV-2) MIV (0,05 %) MPV (hoog: sowat 40–50 %) Mycoplasma hominis-infeksie Mycoplasma genitalium Sifilis Trigomoniase Ureaplasma-infeksie Hepatitis C Vaginale seks – ontvangend Chlamydia (30–50 %) Platluise Skabies Gonorree (47 %) Hepatitis B (50–70 %) Herpes MIV (0,1 %) MPV (hoog; sowat 40–50 %) Mycoplasma hominis-infeksie Sifilis Trigomoniase Ureaplasma-infeksie Hepatitis C Anale seks – penetrerend Chlamydia Platluise Skabies (40 %) Gonorree Hepatitis B Herpes MIV (0,62 %) MPV Sifilis (14 %) Hepatitis C Anale seks – ontvangend Chlamydia Platluise Skabies Gonorree Hepatitis B Herpes MIV (1,7 %) MPV Sifilis (1,4 %) Hepatitis C Anilingus Amebiase Kriptosporidiose (1 %) Giardiase Hepatitis A (1 %) Sjigellose (1 %) MPV (1 %)

Bakterieel Sjankroïed (Haemophilus ducreyi) Chlamydia (Chlamydia trachomatis) Gonorree (Neisseria gonorrhoeae), algemeen bekend as "the clap" Granuloma inguinale (Klebsiella granulomatis) Mycoplasma genitalium Mycoplasma hominis Sifilis (Treponema pallidum) Ureaplasma-infeksie

Fungaal Kandidiase (sproei) Trichophyton mentagrophytes tipe VII is ’n opkomende swaminfeksie (tinea of ringwurm) wat deur seksuele aktiwiteit en ander noue kontak versprei word.

Virusinfeksies duimnael|’n Mikrograaf wat die virale sitopatiese effek van herpes toon (matglasagtige kerninsluitsels en meerkernigheid). Papsmeer, Papanicolaou-kleuring. Virale hepatitis (hepatitis B-virus) – speeksel, veneriese vloeistowwe. (Let wel: hepatitis A en hepatitis E word via die fekaal-orale roete oorgedra; hepatitis C word selde seksueel oorgedra, en die oordragwyse van hepatitis D (slegs wanneer met B geïnfekteer is) is onseker, maar kan seksuele oordrag insluit.) Herpes simplex (herpes simpleks-virus 1 en 2) – vel en slymvlies; dit is oordraagbaar met of sonder sigbare blase. MIV (menslike immuniteitsgebrekvirus) – veneriese vloeistof, semen, borsmelk, bloed. MPV (menslike papilloomvirus) – vel- en slymvlieskontak. "Hoë risiko"-soorte MPV veroorsaak bykans alle servikale kankers, sowel as sommige anale, penis- en vulvêre kankers. Sommige ander soorte MPV kan genitale vratte veroorsaak. Molluscum contagiosum (molluscum contagiosum-virus, MCV) – noue kontak Zikavirus

Parasiete Platluis, algemeen bekend as "crabs" (Pthirus pubis). Die besmetting en die ontsteking wat daarmee gepaardgaan, staan as pedikulose bekend. Skabies (Sarcoptes scabiei)

Protosoïes Trigomoniase (Trichomonas vaginalis), algemeen bekend as "trich"

Vernaamste soorte duimnael|regs|Sekondêre sifilis Seksueel oordraagbare infeksies sluit in: Chlamydia is ’n seksueel oordraagbare infeksie wat deur die bakterie Chlamydia trachomatis veroorsaak word. By vroue kan simptome ’n abnormale vaginale afskeiding, brandgevoel tydens urinering en bloeding tussen menstruasieperiodes wees, maar die meeste vroue ervaar nie simptome nie. Simptome by mans sluit pynlike urinering en ’n abnormale afskeiding uit die penis in. Indien dit nie behandel word nie, kan chlamydia by sowel mans as vroue die urienweg infekteer en potensieel tot pelviese inflammatoriese siekte lei. Laasgenoemde kan ernstige probleme tydens swangerskap veroorsaak en kan selfs tot onvrugbaarheid lei. Dit kan tot gevolg hê dat ’n vrou ’n potensieel dodelike ektopiese swangerskap het waar die eier buite die uterus inplant. Chlamydia kan egter met antibiotika genees word.

Die twee algemeenste vorms van herpes word deur ’n infektering met die herpes simpleks-virus (HSV) veroorsaak. HSV-1 word gewoonlik mondelings opgedoen en veroorsaak koorsblare terwyl HSV-2 gewoonlik tydens seksuele kontak opgedoen word en die geslagsorgane affekteer, maar albei stamme kan enige van die twee liggaamsdele aantas. Sommige mense is asimptomaties of toon baie matige simptome. Persone wat wel simptome ervaar, merk dit gewoonlik 2 tot 20 dae na blootstelling op en dit kan 2 tot 4 weke voortduur. Simptome kan klein vloeistofgevulde blasies, hoofpyn, rugpyn, ’n gejeuk of tinteling in die genitale of anale area, pynlike urinering, griepsimptome, geswolle kliere of koors insluit. Herpes word oorgedra deur velkontak met ’n persoon wat die virus het. Die virus affekteer die areas waar dit die liggaam binnegaan. Dit kan deur soen, vaginale omgang, orale of anale seks wees. Die virus is op sy aansteeklikste wanneer daar sigbare simptome is, maar persone wat asimptomaties is, kan die virus deur velkontak oordra. Die primêre aanval is die hewigste, want die liggaam het nie teenliggaampies nie. Na die primêre aanval kan ’n mens matiger aanvalle ervaar, maar dis moontlik dat daar nie verdere aanvalle is nie. Daar is geen kuur vir hierdie siekte nie, maar daar is antivirale medikasie wat die simptome behandel en die risiko van oordrag verlaag (valasiklovir). Alhoewel HSV-1 en HSV-2 onderskeidelik die "mondelinge" en "genitale" weergawe van die virus is, kan ’n persoon met HSV-1 daardie virus deur middel van orale seks aan sy of haar maat oordra. Die virus gaan lê óf in ’n senuweebundel boaan die ruggraat, wat ’n "mondelingse" uitbraak veroorsaak, óf in ’n tweede senuweebundel onderaan die ruggraat, wat tot ’n genitale uitbraak lei.

Die menslike papilloomvirus (MPV) is die mees algemene SOI in die Verenigde State. Daar is meer as 40 verskillende MPV-stringe waarvan heelparty nie gesondheidsprobleme veroorsaak nie. In 90 % van die gevalle word die infeksie binne twee jaar op natuurlike wyse deur die liggaam se immuunstelsel opgeklaar. Sommige gevalle word nie opgeklaar nie en kan tot genitale vratte (knoppies rondom die geslagsdele wat klein of groot, opgehewe of plat, of blomkoolvormig kan wees) of servikale kanker en ander MPV-verwante kankers lei. Simptome word soms eers op ’n gevorderde stadium waargeneem. Dit is belangrik dat vroue papsmere kry sodat kanker opgespoor en behandel kan word. Daar is ook twee entstowwe vir vroue (Cervarix en Gardasil) vir beskerming teen die soorte MPV wat servikale kanker veroorsaak. MPV kan deur genitale kontak sowel as orale seks oorgedra word. Die geïnfekteerde maat toon nie noodwendig enige simptome nie.