duimnael|regs|280px|Teenpous Alexander V regs|200px|duimnael|Teenpous & Pous Eugenius I
'n Teenpous, of anti-pous,antipope. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.Antipope. (1907). In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved June 13, 2014 from New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/01582a.htm is 'n persoon wat uit protes teen die verkiesing van 'n wettige pous deur 'n groep ontevredenes verkies word tot die leier van die Rooms-Katolieke Kerk. In bepaalde turbulente periodes van die geskiedenis van die Rooms-Katolieke Kerk is die wettige pous nie deur sommige groepe erken nie. Hulle kies dan hulle eie pous as teenpous. Die eerste teenpous was Hippolitus (217-235), wat gekies is as protes teen Pous Callixtus I.
Die mees verskeurende periode van teenpouse was die Westerse Skisma, van 1378 tot 1418.
Dit was nie altyd duidelik wie van die twee (of meer) mededingende pouse die wettige een was en watter die teenpous(e). Duidelikheid daaromtrent het eers later ontstaan.
Volgens die tradisionele geskiedskrywing was daar sedert 1449 geen teenpouse nie. Deesdae is daar egter drie teenpouse wat 'n mate van bekend verwerf het: Teenpous Petrus II (Manuel Alonso Corral, vanaf 2005), Teenpous Michael I (David Allen Bawdien, vanaf 1990), en Teenpous Pius XIII (Earl Lucian Pulvermacher, vanaf 1998). Al drie het egter aansienlik minder volgelinge as die vroeëre teenpouse.
Party van die teenpouse het hulle eie kardinale aangestel. Die kardinale word egter nie deur die Rooms-Katolieke Kerk erken nie en staan bekend as pseudo-kardinale.Miranda, S., The Cardinals of the Holy Roman Church.
Lys van Teenpouse Hippolitus, 217-235 Novatianus, 251-258 Felix II, 355-365 Ursinus (Ursinicus), 366-367 Eulalius, 418-419 Laurentius, 498-499 en 501-506 Dioscurus, 530 Eugenius I, 654 Theodorus II, 687 Paschalis I, 687 Theofilactus, 757 Constantinus II, 767-768 Filippus, 768 Johannes VIII, 844 Anastasius III, 855 Christoforus, 903-904 Bonifatius VII, 974 en 984-985 Johannes XVI, 997-998 Gregorius VI, 1012 Silvester III, 1045 Benedictus X, 1058–1059 Honorius II, 1061–1064 Clemens III, 1080 en 1084–1100 Theodoricus, 1100–1101 Albertus, 1101 Silvester IV, 1105–1111 Gregorius VIII, 1118–1121 Celestinus II, 1124 Anacletus II, 1130–1138 Victor IV, 1138 Victor IV, 1159–1164 Paschalis III, 1164–1168 Callixtus III, 1168–1178 Innocentius III, 1179–1180 Nicolaas V, 1328–1330 Clemens VII (Robert van Genève), 1378–1394 Benedictus XIII, 1394–1417 Alexander V, 1409–1410 Johannes XXIII, 1410–1415 Clemens VIII, 1423–1429 Teenpous Benedictus XIV, 1425 en 1429 Felix V (Amadieus VIII van Savoje), 1439–1449 Martinus IV, 1511–1513
Die belangrikste moderne teenpouse is:
Gregorius XVII, van 1978 tot 2005 in Spanje Michael I, vanaf 1990 in die VS Pius XIII, vanaf 1998 in die VS Petrus II, vanaf 2005 in Spanje
Bronne Maxwell-Stuart, P.G. 1997. Chronicle of the Popes. London, Thames and Hudson.
Verwysings