Gustavo Adolfo Dudamel Ramírez (* 26 Januarie 1981) is 'n Venezolaanse dirigent en violis. Hy is die direkteur van musiek van beide die Orquesta Sinfónica Simón Bolívar en die Los Angeles Filharmoniese Orkes.
Vroeë lewe Dudamel is gebore in Barquisimeto, Venezuela as die seun van 'n tromboonspeler en 'n stemonderwyser. Hy het van 'n jong ouderdom af musiek gestudeer, en betrokke geraak by El Sistema- die beroemde Venezolaanse musikale onderwysprogram. Dudamel het op 10-jarige ouderdom die viool begin studeer. Hy het spoedig ook komposisie begin studeer.
Dudamel het die Jacinto Lara Konservatorium bygewoon, waar José Luis Jiménez een van sy vioolonderwysers was. Daarna het hy onder José Francisco del Castillo aan die Latyns-Amerikaanse Vioolakademie studeer.
Dudamel het in 1995 met sy opleiding as dirigent begin, aanvanklik onder Rodolfo Saglimbeni, en later onder José Antonio Abreu. In 1999 is hy aangestel as musiekdirekteur van die Orquesta Sinfónica Simón Bolívar, die nasionale jeugorkes van Venezuela. Hy het gevolglik deur verskeie lande getoer. In 2002 het hy Charles Dutoit se meesterklas in Buenos Aires bygewoon, en in 2003 as assistent vir Simon Rattle gedien in Berlyn en Salzburg.
Platelys 2006 Beethoven: Simfonieë Nos. 5 & 7 [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD 2007 Verjaarsdagkonsert vir Pous Benedict XVI met Hilary Hahn & die Radio-Sinfonieorchester Stuttgart] DVD Mahler: Simfonie No. 5 [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD Bartók: Concerto vir Orkes [met die Los Angeles Filharmoniese Orkes] Slegs digitale aflaai-opsie 2008 Die Beloofte van Musiek [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] DVD Fiesta [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD Berlioz: Symphonie Fantastique [met die Los Angeles Filharmoniese Orkes] Slegs digitale aflaai-opsie 2009 Gustavo Dudamel en die Los Angeles Filharmoniese Orkes: Die Inhuldigingskonsert [met die Los Angeles Filharmoniese Orkes] DVD; e-Video Mahler: Simfonie No. 1 (Van die Inhuldigingskonsert) [met die Los Angeles Filharmoniese Orkes] Slegs digitale aflaai-opsie Discoveries [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD Live from Salzburg [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] DVD Tsjaikofski: Simfonie No. 5; Francesca da Rimini [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD 2010 Celebración – Openingsaand Konsert & Gala [met Juan Diego Flórez en die Los Angeles Filharmoniese Orkes] DVD; digitale aflaai-opsie Adams: City Noir (Van die Inhuldigingskonsert) [met die Los Angeles Filharmoniese Orkes] Slegs digitale aflaai-opsie Rite [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD 2011 Sibelius: Simfonie No. 2 – Nielsen: Simfonieë Nos. 4 & 5 – Bruckner: Simfonie No. 9 [met die Gothenburg Simfonieorkes] CD Tsjaikofski & Shakespeare [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD Nuwejaarskonsert 2010 [met Elīna Garanča en die Berliner Philharmoniker] DVD Adams: Slonimsky's Earbox – Bernstein: Simfonie No. 1 "Jeremiah" [met die Los Angeles Filharmoniese orkes] Slegs digitale aflaai-opsie Brahms: Simfonie No. 4 [met die Los Angeles Filharmoniese orkes] Slegs digitale aflaai-opsie 2012 An American in Paris [met die Los Angeles Filharmoniese orkes] Slegs e-video Dances and Waves [met die Weense Filharmoniese Orkes] CD; DVD; digitale aflaai-opsie Mendelssohn: Simfonie No. 3 [met die Weense Filharmoniese Orkes] Slegs viniel (LP) Beethoven: Simfonie No. 3, "Eroica" [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD Discoveries [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela, Berliner Philharmoniker, Wiener Philharmoniker, Gothenburg Simfonieorkes] CD+DVD; Digitale aflaai-opsie Mahler: Simfonie No. 8 [met die Los Angeles Filharmonies orkes en die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] DVD; Blu-ray; e-Video 2013 Mahler: Simfonie No. 9 [Los Angeles Filharmoniese orkes] CD 2014 Mahler: Simfonie No. 7. [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] CD 2015 Wagner [met die Simón Bolívar Jeugorkes van Venezuela] digitale aflaai-opsie Philip Glass: Dubbel Klavierconcerto [met Katia en Marielle Labèque (klavier), Los Angeles Filharmoniese orkes] slegs by iTunes 2017 Nuwejaarskonsert [met die Weense Filharmoniese orkes] CD's en digitale aflaai-opsie. 2018 The Nutcracker and the Four Realms oorspronklike klankbaan CD en digitale aflaai-opsie
Verwysings
Eksterne skakel Amptelike webtuiste van Gustavo Dudamel
Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Venezolaanse dirigente