Primo Levi (Italiaans:ˈpriːmo ˈlɛːvi; 31 Julie 1919 – 11 April 1987) was 'n Italiaans-Joodse chemikus, skrywer en Holocaust oorlewende. Hy was die skrywer van verskeie boeke, romans, bundels kortverhale, essays en gedigte. Sy bekendste werke sluit If This Is a Man (1947, gepubliseer as Survival in Auschwitz in die VSA) in, wat 'n relaas is van die jaar waarin hy gevangene gehou is in die Auschwitz konsentrasiekamp in Nazi geokkupeerde Pole; asook die The Periodic Table van 1975, 'n bundel kortverhale wat gekoppel is aan die kwaliteite van die elemente, en wat die Koninklike Instituut van Groot-Brittanje benoem het as "die beste wetenskaplike boek wat al ooit geskryf is".
Levi het in 1987 aan beserings beswyk wat opgedoen is tydens 'n val van sy drieverdieping trapvloer af. Sy dood is amptelik aangedui as selfmoord, maar sommige het al voorgestel dat die val 'n ongeluk was.
Biografie
Vroeë lewe
Levi is in 1919 in Turyn, Italië, by Corso Re Umberto 75 gebore uit 'n liberale Joodse gesin. Sy vader, Cesare, het vir die vervaardigingsfirma Ganz gewerk en baie van sy tyd in Hongarye spandeer, waar Ganz gesetel was. Cesare was 'n ywerige leser en outodidak. Levi se moeder, Ester, wat bekend was aan almal as Rina, was goed opgevoed, na aanleiding van haar bywoning van die Istituto Maria Letizia. Sy was ook 'n ywerige leser en het die klavier bespeel en vlot Frans gepraat.Angier p 50. Die huwelik tussen Rina en Cesare was deur Rina se vader gereël. Op hul troudag het Rina se vader, Cesare Luzzati, aan Rina die woonstel in Corso Re Umberto gegee, waar Primo die grootste deel van sy lewe sou uitleef.
In 1921 was Anna Maria, Levi se suster, gebore. Hy sou sy hele lewe lank 'n hegte verhouding met haar hê. In 1925 het hy ingeskryf by die Felice Rignon laerskool in Turyn. Hy was 'n dun, skaam en delikate kind, maar het egter op akademiese vlak uitgeblink. Sy skoolrekord sluit lang tydperke in waartydens hy tuisgeskool is, eers deur Emilia Glauda en toe deur Marisa Zini, die dogter van die filosoof Zino Zini.Angier, bl. 44. Die kinders het somers saam met hul moeder in die valleie suid-wes van Turyn spandeer waar Rina 'n plaashuis gehuur het. Sy vader het egter in die stad aangebly, deels omdat hy 'n afkeer gehad het aan die landelike lewe, maar ook as gevolg van sy ontrouhede.Angier, bl. 62.
In September 1930 het Levi, 'n jaar voor die gebruiklike inskrywingstyd, ingeskryf by die Massimo d'Azeglio Koninklike Gimnasium.Thomson bl 40. Hy was die jongste, kortste en slimste, sowel as die enigste Jood in sy klas, en om die redes was hy geboelie.Thomson, bl. 42. In Augustus 1932, na twee jaar by die Talmud Torah skool in Turyn, het hy in die plaaslike sinagoge sy Bar Mitzvah deurgemaak. In 1933 het hy, soos verwag is van alle jong Italiaanse skoolseuns, by die Avanguardisti beweging vir jong Italiaanse fasciste aangesluit. Hy het drilwerk en geweerdril vermy deur aan te sluit by die ski-afdeling, en elke Saterdag van die ski-seisoen op die hange bo Turyn spandeer.Thomson, bl. 48. As jong seun is Levi geteister deur siektes, en in besonder borsinfeksies. Hy was egter gretig om aan fisiese aktiwiteite deel te neem. In sy tienerjare sou Levi en 'n paar vriende insluip by 'n ongebruikte sportstadion en atletiese kompetisies hou.
In Julie 1934 het Levi op die ouderdom van 14 jaar die eksamens van die Liceo Classico D'Azeglio (Lyceum) - 'n senior hoërskool eksamen - geneem, wat gespesialiseer het in die klassieke oudheid; hy is nog in dieselfde jaar toegelaat. Die skool was bekend vir sy anti-fascistiese leerkragte; een van die leerkragte was die filosoof Norberto Bobbio, en Cesare Pavese, wat later een van Italië se beste romansiers sou word.Dit word dikwels gerapporteer dat Pavese Levi se Italiaanse onderwyser was. Hierdie bewering word egter sterk weerlê deur Thomson (2002). Die geboelie sou voortgaan gedurende sy tyd by die lyceum - alhoewel ses ander Jode in sy klas was.Thomson bl. 55. Levi het na die lees van Concerning the Nature of Things deur William Henry Bragg besluit dat hy 'n chemikus wou wees.The Search for Roots, bl. 31.
In 1937 is Levi voor die Department van Oorlog ontbied en daarvan beskuldig dat hy 'n oproepkennisgewing van die Regia Marina (Afrikaans: Koninklike Italiaanse Vloot) geïgnoreer het — te wete 'n dag voordat hy sy finale eksamen oor Italië se deelname aan die Spaanse Burgeroorlog sou skryf, gebaseer op 'n aanhaling van Thukydides: "Ons besit die enkele verdienste om tot die uiterste graad braaf te kan wees." Die aanklag het veroorsaak dat Levi verskrik en afgelei was van sy eksamenpligte, en hy het die eksamen gedruip - die eerste swak akademiese prestasie van sy lewe. Sy vader kon daarin slaag om hom uit die vloot te hou deur hom in te skryf by die fascistiese paramilitêre beweging (Milizia Volontaria per la Sicurezza Nazionale). Hy sou deur die loop van sy eerste jaar op universiteit 'n lid daarvan bly - totdat die promulgasie van die Italiaanse Raswette van 1938 gelei het tot sy uitsetting. Levi het later hierdie reeks gebeure herroep in die kortverhaal "Fra Diavolo on the Po".Sam Magavern, Primo Levi’s Universe: A Writer’s Journey, Macmillan 2009 bl.12.
Hy het weereens die finale eksamen geneem, en dit hierdie keer geslaag. Hy het in Oktober ingeskryf by die Universiteit van Turyn ten einde chemie te studeer. As een van 80 kandidate het hy drie maande spandeer aan lesings; en in Februarie, nadat hy sy colloquio (mondelinge eksamen) geslaag het, was hy geselekteer as een van twintig om aan te beweeg na die voltydse chemiekurrikulum.
Tydens die liberale tydperk sowel as tydens die eerste dekade van die Fascistiese regering, het Jode vele openbare posisies beklee, en was hulle prominent wat die literatuur, wetenskap en politiek betref.The Jews in Mussolini's Italy: From Equality to Persecution, vertaling deur John en Anne C. Tedeschi, Wisconsin University Press, Madison 2006, bl.419 In 1929 het Mussolini 'n ooreenkoms met die Rooms-Katolieke Kerk onderteken, naamlik die Lateraanse Verdrag, wat katolisisme aangeneem het as die staatsgodsdiens en die Kerk toegelaat het om verskeie sektore van die opvoedkundige - en openbare lewe te beïnvloed. Dit het ander gelowe verskraal tot die status van "kultusse wat verdra word". In 1936 het Italië se verowering van Ethiopië en die uitbreiding van wat die regering beskou het as die "Italiaanse koloniale Ryk" weereens die raskwessie in die kollig geplaas. In die konteks wat gevorm was deur hierdie aangeleenthede, asook die alliansie (van die Spilmoondhede) met die NSDAP oorheersde Duitsland van Hitler, het die situasie van Italië se Jode drasties versleg.
In Julie 1938 het 'n groep gesiene Italiaanse wetenskaplikes en intellektuele die "Rasmanifes" gepubliseer, welke 'n mengsel van rasgebaseerde en ideologies-anti-semitiese teorieë uit antieke en moderne bronne was. Hierdie verhandeling het die basis gevorm vir die Italiaanse raswette van Oktober 1938. Na die wette se promulgering het Italiaanse Jode hul basiese burgerregte, ampte op openbare kantoor en hul bates verloor. Hul boeke is verbied: Joodse skrywers kon nie langer publiseer in boeke wat deur Ariërs besit is nie. Joodse studente wat hul studies begin het is egter toegelaat om dit te voltooi, maar nuwe Joodse studente is verbied. Levi het egter 'n jaar vroeër as wat geskeduleer is gematrikuleer, wat hom in staat gestel het om 'n graadprogram te neem.
In 1939 het Levi se passie vir bergstap begin.Thomson bl. 93. Sandro Delmastro, 'n vriend van Levi, het hom touwys gemaak oor stap en hulle het baie naweke in die berge bo Turyn spandeer. Fisiese inspanning en die risiko's en stryd daaraan verbonde het hom voorsien van 'n uitlaatklep vir sy frustrasies, soos Levi later in die hoofstuk "Yster" van sy boek The Periodic Tabel (1975) sou skryf. In Junie 1940 het Italië, as bondgenoot van Duitsland, oorlog teen Brittanje en Frankryk verklaar. Die eerste Geallieerde bomaanvalle teen Turyn het twee dae later begin. Levi het sy studies voortgesit tydens die bombardering, maar die gesin het verder onder druk begin verkeer toe sy vader bedlêend geword het as gevolg van maagkanker.
Chemie Levi het as gevolg van die nuwe rasgebaseerde wette en die intensifisering van fascisme dit moeilik gevind om 'n studieleier vir sy tesis of verhandeling te vind - welke verhandeling gehandel het oor die Walden inversie - 'n studie van die asimmetrie van die koolstof atoom. Uiteindelik is dit aangeneem deur Dr. Nicolò Dallaporta en Levi het in die middel van 1941 met volpunte graadgevang. Hy het ook nog 'n bykomende verhandeling oor X-strale en elektrostatiese energie gesubmiteer. Sy graadsertifikaat bevat die opmerking, "van Joodse ras". Die rasgebaseerde wette het Levi daarvan weerhou om 'n gepaste of geskikte permanente werk na voltooiing van sy studies te vind.
In Desember 1941 het Levi 'n klandestiene werksaanbod by 'n asbesmyn in San Vittore ontvang. Die projek was daarop gemik om Nikkel te ekstraheer van die mynafloop, 'n uitdaging wat Levi met plesier aanvaar het. Levi het begryp dat, indien die projek suksesvol sou wees, hy die Duitse oorlogspoging sou aanhelp, welke oorlogspoging tekortkominge ondervind het wat die vervaardiging van wapentuig betref.Angier bl. 174. Die werk het van Levi vereis om onder 'n valse naam met valse dokumente te werk. Sy vader is in Maart 1942 dood terwyl hy werksaam was by die myn. Levi het die myn in Junie verlaat ten einde in Milaan te werk. Hy het 'n werk by die Switserse maatskappy (A Wander Bpk.) aanvaar ten einde die raswette te ontwyk. Hy het aan 'n projek gewerk om 'n anti-diabetiese middel te ekstraheer vanuit plantmateriaal. Dit het gou duidelik geword dat die projek geen kanse op sukses gehad het nie, maar dit was egter in niemand se belang om dit bekend te maak nie.Thomson bl. 119.
In Julie 1943, het Koning Victor Emmanuel III van Italië Mussolini ontslaan en 'n nuwe regering onder Pietro Badoglio saamgestel, wie bereid was om die Wapenstilstand van Cassibile met die Geallieerdes te onderteken. Toe die wapenstilstand op 8 September bekend gemaak is het die Duitsers Noord- en Sentraal-Italië tydens die Gran Sasso aanval beset, Mussolini vrygestel, en hom as hoof van die Italiaanse Sosialistiese Republiek aangestel (die marionetstaat was geleë in Duits-besette Noord-Italië). Levi het teruggekeer na Turyn ten einde sy moeder en suster op te spoor wat toevlug in hul vakansiehuis (La Saccarello) in die heuwels buite die stad gesoek het. Die drie het begin reis na Saint-Vincent, Italië in die Aosta Vallei waar hulle kon wegkruip. Hulle het egter, omdat hulle agtervolg is as Jode- baie van wie reeds gevange geneem is deur die owerhede- verder op beweeg na Amay in die Colle di Joux. Amay was die aangewese roete vir vlugtende oorlogsgevanges en ander vlugtelinge wat die Duitsers probeer ontwyk het.