De Bezige Bij ("Die Besige By") is een van die belangrikste literêre uitgewersmaatskappye in Nederland.

Geskiedenis Die maatskappy is in 1943 tydens die Duitse besetting van Nederland (gedurende die Tweede Wêreldoorlog) deur Geert Lubberhuizen gestig.

Die maatskappy se eerste publikasie was 'n gedig genaamd De Achttien Dooden wat geskryf is deur Jan Campert en die teregstelling van 15 weerstandsvegters en drie kommuniste beskryf. Die gedig is verkoop om geld in te samel vir die plasing van Joodse kinders saam met Nederlandse gesinne. Toe die gedig in die Lente van 1943 gepubliseer is het Campert egter reeds in die Neuengamme konsentrasiekamp beswyk.

Die uitgewer se naam is afgelei van een van Lubberhuizen se skuilname, "Bas" (besig). Nadat hy 'n nota onderteken het, het 'n Engelssprekende vriend gegrap, "Bas, so besig soos 'n by," welke gelei het tot die huidige naam.

In 1997 het De Bezige Bij deel geword van die Weekbladpersgroep, alhoewel dit sy redaksionele onafhanklikheid en koöperatiewe struktuur behou het.

Skrywers en digters De Bezige Bij se skrywers en digters sluit in: Remco Campert Hugo Claus Jan Cremer Louis Ferron Willem Frederik Hermans Erik Menkveld Harry Mulisch Gerard Reve Jan Siebelink Ruth Thomas Simon Vinkenoog Tommy Wieringa Leon de Winter

Verwysings

Kategorie:Uitgewery