duimnael|Die fasces (in Latyn), is 'n fascistiese simbool. Dit beeld 'n bondel berkelatte wat om 'n byl vasgebind is uit en het in die Romeinse Ryk gesag gesimboliseer. Hierdie simbool is dan ook later deur Mussolini se fascistiese beweging as embleem aangeneem.R. Griffin. 1991. The nature of fascism, St Martin’s Press bl. 64. Neo-fascisme is 'n ideologie wat na die Tweede Wêreldoorlog ontstaan het en belangrike elemente van die oorspronklike fascisme ingesluit het. Neo-fascisme fokus gewoonlik op ultra-nasionalisme, rasse-meerwaardigheid, populisme, outoritarisme, nativisme en opposisie teen immigrasie in, asook opposisie teen die liberale demokrasie, parlementarisme, marxisme, kommunisme en sosialisme. Bewerings dat 'n groep neo-fascisties is, mag hewige debat ontlok, veral as die term as 'n politieke skelnaam gebruik word. Sommige post-Tweede Wêreldoorlog-regimes is as neo-fascistiese beskryf as gevolg van hul outoritêre aard, en soms as gevolg van hul bekoring van en simpatie met die fascistiese ideologie en rituele.

Post-fascisme is 'n etiket wat toegepas word op verskeie Europese politieke partye wat 'n gewysigde vorm van fascisme aanneem en wat deelneem aan grondwetlike politiek.Griffin, R. (2007) The 'post‐Fascism' of the Alleanza Nazionale: A case study in ideological morphology, Journal of Political Ideologies, 1/2: 123-145

Neo-fascisme en neo-Nazisme is nou verwante ideologieë want net soos neo-fascisme die oorspronklike Italiaanse facisme as nostalgiese basis gebruik, doen die neo-Nazisme dieselfde met die Nazi-Duitsland en sy nasionale sosialistiese beleidsrigtings as vertrekpunt. Sodanige bewegings kan rofweg onder die algemene oorkoepelende ideologie fascisme ingedeel word.Visser, Myda Marista, 1999. Die Ideologiese Grondslae en Ontwikkeling van die Blanke Fascistiese Bewegings in Suid-Afrika, 1945-1995. Magister Artium Tesis in Kultuurgeskiedenis, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

Ander bewegings verwant aan neo-fascisme, poog om hul verskillende histories losverwante ideologieë te rehabiliteer. Hierdie bewegings sluit neo-fasciste en post-fasciste in Italië in; Vichyȉete, Dodeïste en "nasionale Europeërs" in Frankryk; Ustaše-simpatiseerders in Kroasië; neo-Chetniks in Serwië; Ystergarde herlewingswerkers in Roemenië; Hongariste en Horthyiste in Hongarye; Banderaiste in die Oekraïne (wat 'n ingewikkelde verhouding gehad het met die Spilmoondhede) en ander.

Internasionale netwerke In 1951 is die New European Order (NEO) neo-fascistiese Europa-wye alliansie gestig om pan-Europese nasionalisme te bevorder. Dit was 'n meer radikale splintergroep van die European Social Movement. Die NEO het sy oorsprong in die Malmö-konferensie van 1951, toe 'n groep rebelle onder leiding van René Binet en Maurice Bardèche geweier het om by die European Social Movement aan te sluit, omdat hulle gevoel het dat dit nie ver genoeg gegaan het rakende rassisme en anti-kommunisme nie. As gevolg daarvan het Binet saam met Gaston-Armand Amaudruz in 'n tweede vergadering dieselfde jaar in Zürich saamgewerk om 'n tweede groep te stig wat belowe het om 'n stryd te voer teen kommuniste en nie-blanke mense.

Verskeie Koue Oorlog-regimes en internasionale neo-fascistiese bewegings het saamgewerk in operasies soos sluipmoorde en valsvlag bomontploffings. Stefano Delle Chiaie, wat betrokke was by Italië se "Jare van Lood", het deelgeneem aan Operasie Condor; die 1976-moordpoging op die Chileense Christen-demokratiese Bernardo Leighton.Documents concerning attempted assassination van Bernardo Leighton, op die National Security Archives webwerf. Vincenzo Vinciguerra ontsnap na Francoïstiese Spanje met die hulp van die SISMI (Servizio per le Informazioni e la Sicurezza Militare - Militêre Intelligensie en Sekuriteitsdiens - was die militêre intelligensie-agentskap van Italië vanaf 1977-2007). Dit volg na aanleiding van die Peteano-aanval van 1972, waarvoor Vinciguerra tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Saam met Delle Chiaie het Vinciguerra in Desember 1995 in Rome getuig voor regter María Servini de Cubría, waarin verklaar word dat Enrique Arancibia Clavel ('n voormalige Chileense geheime polisieagent in 2004 vir misdade teen die mensdom vervolg is) en die Amerikaanse DINA (Dirección de Inteligencia Nacional - Nasionale Intelligensie Direktoraat was die Chileense geheime polisie)-agent, Michael Townley, wie direk betrokke was by Genl. Carlos Prats se moord. Michael Townley is in Italië tot 15 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy as tussenganger tussen die DINA en die Italiaanse neo-fasciste opgetree het.

Die regerings van Francoïstiese Spanje, Augusto Pinochet se Chili en Alfredo Stroessner se Paraguay het saamgewerk in Operasie Condor, wat wêreldwyd politieke teenstanders geteiken het. Gedurende die Koue Oorlog het hierdie internasionale bedrywighede tot 'n mate van samewerking gelei tussen verskeie neo-fascistiese elemente wat betrokke was by 'n "Kruistog teen Kommunisme". Die anti-Fidel Castro-terroris Luis Posada Carriles is op 6 Oktober 1976 vir die Cubana Flight 455-bomaanval veroordeel. Volgens die Miami Herald is hierdie bomontploffing op dieselfde vergadering beslis, waartydens besluit is om die Chileense voormalige minister, Orlando Letelier, te teiken, wie op 21 September 1976 vermoor is. Carriles het in sy outobiografie geskryf: "... ons die Kubane het ons nie net gefokus op 'n geïsoleerde tirannie of in 'n spesifieke stelsel in ons vaderland nie, maar dat ons voor ons 'n kolossale vyand gehad het, wie se hoofbeheer in Moskou was, met sy tentakels gevaarlik uitgebrei oor die hele planeet."

Geskiedenis van neo-fascisme in Suid-Afrika Reeds voor die Tweede Wêreldoorlog was daar enkele kleiner inheemse Nazistiese en fascistiese bewegings aktief in Suid-Afrika veral onder die Afrikanergemeenskap. Hierdie bewegings se klem op nasionalisme het aanklank gevind en is deur sommige Afrikaners ondersteun en het daartoe gelei dat van die vooroorlogse Nazi en fascistiese bewegings na die oorlog nog vir 'n tyd bly voortbestaan het. Die Gryshemde is in Mei 1950 amptelik ontbind alhoewel hul leier Louis Weichardt tot en met 1970 aktief in die politiek betrokke was. Die Ossewa-Brandwag is eers in 1954 ontbind terwyl die Nuwe Orde teen 1958 opgehou funksioneer het. Ook Robey Leibbrandt was tot en met sy dood in 1966 polities aktief. Visser, Myda Marista, 1999. Die Ideologiese Grondslae en Ontwikkeling van die Blanke Fascistiese Bewegings in Suid-Afrika, 1945-1995. Magister Artium Tesis in Kultuurgeskiedenis, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Universiteit van Pretoria, Pretoria, bl.105.

Die Britse neo-fascistiese bewegings in Suid-Afrika Ten spyte van Brittanje se algemene beeld gedurende die Tweede Wêreldoonog as teenstander van die Nazisme, was daar afgesien van lede van die Britse fascistiese bewegings, ook pro-Duitse simpatiseerders onder die regerende elite wat teen Winston Churchill se oorlogsverklaring gekant en ten gunste van vrede met Duitsland was. J. Costello, Ten days that saved the West, bl. 102, 113-115. Volgens Van Rooyen was die Engelssprekende bevolking in Suid-Afrika ook, ten spyte van hulle liberale beeld, nooit werklik afsydig jeens politieke konserwatisme en rassevooroordeel nie, en het die toename in Britse immigrante sedert 1945 die voorkoms van rassisme onder hulle versterk. Verskeie van hierdie immigrante was die fascistiese saak goedgesind: "Suid-Afrika was veral gewild onder die Britse immigrante wat reeds die bagasie van rasse-vooroordeel saam met hulle gedra het en is aangetrek deur Suid-Afrika se beeld van 'n land te wees 'waar die witman weet hoe om die swartman in sy plek te hou" J. Van Rooyen, Hard right, bl. 103-104. links|duimnael|Oswald Mosley So vroeg soos Oktober 1949, byvoorbeeld, is die Brit J.L Battersby, agt maande na sy aankoms in Suid-Afrika, as ongewenste immigrant verklaar. Hy het onder meer 'n kwartaalblad, Nationː Towards a Gentile World Front, wat as Hitler-vererend en antisemities beskryf is, gepubliseer. Hy het ook probeer geld insamel vir die immigrasie van geskikte Ariese weeskinders en daar was selfs sprake van die stigting van 'n Hitler-sentrum in Newcastle. Hitler's friends in South Africa, Wiener Library Bulletin 4(34), 1950, bl. 20. J.C. Moll, Fascisme ... , bl. 152. Na-oonogse Britse fascistiese bewegings se invloed het ook tot in Suid-Afrika gestrek en takke is selfs gestig. Van die bekendstes hiervan was die bewegings wat rondom die politieke sienings van Oswald Mosley gevorm is.

Sir Oswald Emald Mosley was gedurende die twintigerjare lid van die Britse parlement vir onder meer die Konserwatiewe Party, die Arbeidersparty en later vir sy eie wegbreekgroep, die New Party. Nadat 'n memorandum wat hy in 1930 oor ekonomiese hervorming aan die parlement voorgelê het, verwerp is, het hy met die politieke stelsel ontnugter geraak. In 1932 stig hy die British Union of Fascists (BUF) , bestaande uit paramilitêre groepe wat swart uniforms gedra het en gereeld in straatgevegte met kommuniste en linkse militante betrokke was.C.O'Maolain, The radical right, p. 323. H.R. KedWard, Fascism in western Europe 1900-45, bl. 88-90. S. Taylor, The radical right in Britain, in P.H. Merld & l. Weinberg (ads.), Encounters with the contemporary radical right, bl. 167-168."Mosley. Sir Oswald Emald", Microsoft Encarta 97 Encyclopedia.

Die Mosleyiete in Suid-Afrika Oswald Mosley was na die oorlog 'n gereelde besoeker aan Suid-Afrika en is selfs deur die Eerste Minister en ander lede van die Kabinet ontvang. Hy het op 'n stadium twee funksionerende takke van sy beweging in Suid-Afrika gehad met Derek Alexander as sy hoofagent in Johannesburg. Hy het ook 'n tak van die Europa-Africa Association, wat 'n tweeweeklikse tydskrif, Action, gepubliseer het in Johannesburg gestig. In 1959 is 'n tak van die intenasionale European National Movement in Suid-Afrika onder die leierskap van Alexander gevorm.A. Bunting, The rise of the South African Reich. bl. 70. D. Eisenberg. The re-emergence of fascism, bl. 307.

In 1960 is 'n boikot van Suid-Afrikaanse goedere deur die Britse publiek, wat teen die rassebeleid van die Hendrik Verwoerd-regering gekant was, deur die Union Movement teegestaan. Mosleyiete en ongeveer 10000 boikotters het later op Trafalgarplein in Londen gebots. Mosley se amptelike standpunt jeens Apartheid was dat dit oor die hele Afrika vasteland ingestel moes word.D. Eisenberg. The re-emergence of fascism, bl. 39. Tydens sy laaste besoek aan Suid-Afrika teen die middel sestigerjare, het hy aangekondig dat hy sy planne laat vaar het om sy Union Movement in Suid-Afrika te vestig, omdat hy nie 'n opposisie vir die Nasionale Party (NP) wou stig nie. Volgens hom moes Afrika in wit en swart gebiede verdeel word en het hy Suid-Afrika uitgesonder as een van die gesondste plekke in die wêreld en Britse immigrante aangemoedig om by die NP aan te sluit. Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika reeds vir baie generasies op die voorgrond van die rasseverhoudingsprobleem gestaan het en 'n voorbeeld vir die afsonderlike ontwikkeling van die rasse gestel het.B. Bunting, The rise of the South African Reich, bl. 70.