Arnon Yasha Yves Grunberg (gebore op 22 Februarie 1971) is 'n Nederlandse skrywer van romans en essays. Hy is ook 'n joernalis. Van sy werk is onder die skuilnaam Marek van der Jagt geskryf. Hy woon in New York.
Vroeë Lewe Grunberg is op 22 Februarie 1971 gebore as Arnon Yasha Yves Grünberg in Amsterdam, Nederland. Hy het grootgeword in 'n gesin van Joodse immigrante wat oorspronklik van Duitsland was.G.J. van Bork, "Grunberg, Arnon" (in Nederlands), Schrijvers en dichters. Opgespoor op 25 Maart 2012.Arnon Grunberg, "Ditch the King. Hire an Actor.", The New York Times, 2013. Sy moeder het die Auschwitz-konsentrasiekamp oorleef."Paul Rosenmöller en Arnon Grunberg " (in Nederlands), Interkerkelijke Omroep Nederland. Opgespoor op 25 Maart 2012.Roderick Nieuwenhuis, "Moeder Arnon Grunberg overleden" (in Nederlands), NRC Handelsblad, 2015.
Grunberg het skoolgegaan aan die Vossius Gimnasium in Amsterdam, maar is in 1988 geskors uit die skool."Biografie " (in Nederlands), Grunberg.nl . Opgespoor op 25 Maart 2012. Voor hy sy eerste roman gepubliseer het, het hy in 'n verskeidenheid van hoedanighede gewerk, en ook sy gawes as akteur uitgetoets deur in 'n kortrolprent deur die Nederlandse avant-garde rolprentmaker Cyrus Frisch te speel. Van 1990 tot 1993 het Grunberg sy eie uitgewershuis genaamd Kasimir bedryf, wat finansiëelgewys onsuksesvol was.Marek Hłasko - Ik zal jullie over Esther vertellen (in Nederlands), Website Arnon Grunberg. Opgespoor op 15 Junie 2016."Grunberg wil uitgeverij oprichten" (in Nederlands), de Volkskrant, 2005. Opgespoor op 15 Junie 2016.
Outeurskap Grunberg het sy literêre debuut in 1994 met die roman Blauwe maandagen (Blou Maandae) gemaak. Die werk het die Anton Wachter-prys vir beste debuutroman gewen.Blauwe maandagen (in Nederlands).
Kritici het die werk as 'n "groteske komedie, 'n rariteit in Nederlandse literatuur" verwelkom."Opium TV : Arnon Grunberg" (in Nederlands), NRC Handelsblad, 2014. Opgespoor op 18 April 2014. In 2000 het Grunberg weer 'n prys vir sy roman, De geschiedenis van mijn kaalheid (Die geskiedenis van my Blesheid) gewen, maar hierdie keer onder die skuilnaam Marek van der Jagt.Karin de Mik, "'Van der Jagt is pseudoniem van Grunberg'" (in Nederlands), NRC Handelsblad, 2000. Opgespoor op 18 April 2014.
Grunberg is 'n produktiewe en veelsydige skrywer, en het bykomend tot sy romans ook artikels vir koerante (krante in Nederlands) en tydskrifte geskryf, sowel as essays, gedigte, scenarios en toneelspele. Sy werk is alreeds in 30 verskillende tale vertaal. (In Suid-Afrika is sy boek Tirza vertaal deur Lina Spies, en word dit uitgegee deur Protea Boekhuis)https://www.proteaboekwinkel.com/index.php/tirza.html.Besoek op 26-03-2019. Opgespoor op 26-03-2019
Grunberg se veelbesproke en veelgeprese roman Tirza wat oor 'n vader se obsessiewe liefde vir sy jong dogter handel, was in 2010 Grunberg se eerste roman om vir rolprent verwerk te word,https://www.nytimes.com/2013/05/12/books/review/tirza-by-arnon-grunberg.html?_r=0 nadat dit die Nederlandse Libris-prys en die Belgiese Gouden Uil-prys in 2007 verower het.Foundation for the Production and Translation of Dutch Literature
Tydens 'n 2010 peiling van nasionale literêre kritici, akademici en skrywers wat deur die tydskrif De Groene Amsterdammer gehou is, is Tirza verkies as die "belangrikste roman van die 21ste eeu," bo Jonathan Littell se Les Bienveillantes en Ian McEwan se Saturday. In 2009 het Grunberg die Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre verwerf"Huygens-prijs 2009 voor Arnon Grunberg" (in Nederlands), NRC Handelsblad, 2009. Opgespoor op 18 April 2014. en in 2011 the Frans Kellendonk-prys.Lezing & Prijs, Frans Kellendonk Fonds. Opgespoor op 15 Junie 2016.
In September 2008 het Grunberg sy sewende roman, Onze Oom (Ons Oom) gepubliseer."Grunberg verdwijnt uit Nederlands literair leven" (in Nederlands), Het Nieuwsblad, 2007.
Grunberg het later daardie jaar gasskrywer en -lektor geword aan die Universiteit van Leiden en die Wageningen Universiteit en Navorsingsentrum. In Oktober 2014 het hy 'n erelid geword van die Fakulteit van Kunste, Universiteit van Amsterdam.
Sy lesings handel rondom kwessies van privaatheid en toesig. Hy het ook saam met sy studente 'n videospeletjie ontwikkel.Dirk Wolthekker, "Arnon Grunberg honorary fellow aan de UvA" (in Nederlands), Folia, 2014. Die lesingreeks val saam met 'n uitstalling van die outeur se lewe en werk, en die materiaal is afkomstig van Grunberg se eie (literêre) argief, wat "gehuur word" deur die biblioteek v/d universiteit se Departement van spesiale versamelings, wat dit omskep het in 'n unieke lewende argief.
Grunberg het sy nuutste roman Het Bestand geskryf in 'n poging om die skeppende proses te verstaan. Tydens die skryf daarvan het wetenskaplikes sy breinaktiwiteit, emosies en subjektiewe gevoelens gemonitor. Deur die gebruik van skerm-vasleggings en fisiologiese metings soos elektroënsefalografie, velgeleiding en elektrokardiografie, asook subjektiewe vraelyste aan die outeur, het wetenskaplikes die skryf van emosioneelbelaaide passasies gekorreleer met fisiologiese aktiwiteite. Die tweede fase van die eksperiment het plaasgevind in Oktober en November 2015 by die Grunberg-laboratorium aan die Universiteit van Amsterdam, waartydens vrywilligers se brein aktiwiteit gemeet is terwyl hulle Grunberg se roman onder gekontroleerde omstandighede gelees het.What is creativity? , Noldus.Jennifer Schuessler, "Wired: Putting a Writer and Readers to a Test", The New York Times, 2013.
Grunberg is bekend vir sy literêre joernalisme, en verdiep hom by tye geheel en al aan verskeie aspekte van die samelewing. Hy het tyd gespandeer saam met; en geskryf oor; masseuse by 'n Roemeense oord, pasiënte in 'n Belgiese psigiatriese saal, kelners op 'n Switserse trein, en 'n doodgewone Nederlandse gesin met vakansie. Hy was ook in die veld saam met Nederlandse soldate in Afghanistan en Irak,"Grunberg 'embedded' naar Irak" (in Nederlands), Trouw, 2008. Opgespoor op 15 Junie 2016. en het besoek afgelê aan Guantanamobaai. In 2009 is sy verslae gepubliseer in die boek getiteld Kamermeisjes en soldaten ."Kamermeisjes en soldaten – Arnon Grunberg" (in Nederlands), Literair Nederland. Opgespoor op 15 Junie 2016.
Toekennings 1994 Anton Wachter-prys vir Blauwe maandagen 1996 Gouden Ezelsoor vir Blauwe maandagen G.J. van Bork, "Grunberg, Arnon", Schrijvers en dichters, 2005. Opgespoor op 27 Februarie 2015. 2000 Anton Wachter-prys vir De geschiedenis van mijn kaalheid, as Marek van der Jagt 2000 AKO Literatuur-prys vir Fantoompijn 2002 Gouden Uil-prys vir De mensheid zij geprezen 2004 AKO Literatuur-prys vir De asielzoeker 2004 Ferdinand Bordewijk-prys vir De asielzoeker 2007 Gouden Uil-prys vir Tirza 2007 Libris-prys vir Tirza 2009 Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre 2017 Gouden Ganzenveer
Geselekteerde Bibliografie Romans (1994) Blauwe maandagen (1997) (1997) Figuranten (2001) (1998) De heilige Antonio (2000) Fantoompijn (2004) (2000) De geschiedenis van mijn kaalheid as Marek van der Jagt (2004) (2001) De Mensheid zij geprezen, Lof der Zotheid 2001 (2002) Gstaad 95–98 as Marek van der Jagt (2003) De asielzoeker (2004) De joodse messias (2008) (2006) Tirza; Afrikaanse vertaling: Tirza (2013) (2008) Onze oom (Ons Oom) (2010) Huid en Haar (2012) De man zonder ziekte (2015) Het bestand (2016) Moedervlekken (Geboortemerke)
Stories (2001) Amuse-Gueule (2008) (2004) Grunberg rond de wereld (2009) Kamermeisjes & Soldaten: Arnon Grunberg onder de mensen (2013) Apocalyps
Essays (1998) Troost van de slapstick (2001) Monogaam, as Marek van der Jagt (2001) Otto Weininger Of bestaat de jood? as Marek van der Jagt (2013) Buster Keaton lacht nooit (2013) Why the Dutch Love Black Pete
Rolprentdraaiboeke (1998) Het 14e kippetje (Die 14de Hoender)
Toneelspele (1998) You are also very attractive when you are dead (2005) De Asielzoeker, verwerk deur Koen Tachelet (2015) Hoppla, wir sterben, premiére 29 April 2015, Münchner Kammerspiele
Verwysings
Eksterne skakels
Arnon Grunberg, amptelike webtuiste Arnon Grunberg by die webtuiste van die Nederlandse Stigting vir Literatuur
Kategorie:Nederlandse Jode Kategorie:Nederlandse skrywers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense