thumb|Vossius Gimnasium in Amsterdam Vossius Gimnasium is een van vyf gimnasia (skole) wat in Amsterdam, Nederland geleë is.

Die ander is: Barlaeus Gimnasium, Ignatius Gimnasium, Cygnus Gimnasium en Het 4e Gimnasium. Die gimnasium is vernoem na Gerardus Joannes Vossius en is gestig in 1926. In 2014 is Vossius Gimnasium deur RTL Nieuws as beste VWO skool in Amsterdam, en algeheel die 4de beste in Nederland gelys.

Noemenswaardige alumni sluit Arnon Grunberg en Gerard Reve in. Hulle het egter nie hul opvoeding aldaar voltooi nie; Arnon Grunberg is geskors, wat beskryf word in sy deurbraak-debuutroman Blauwe maandagen (Blou Maandae). Gerard Reve beskryf ook die skool in sy boek De avonden (Die aande).

Ander noemenswaardige voormalige studente sluit Rob du Bois, Rogier van Otterloo, Karel van het Reve, Renate Rubinstein en Igor Sijsling in. Noemenswaardige voormalige onderwysers sluit professors Arnold Heertje en Jacques Presser in.

Sien ook Arnon Grunberg Gerard Reve

Verwysings

Kategorie:Onderwys in Nederland