Mario Gianluigi Puzo (/ˈpuːzoʊ/; 15 Oktober 1920 – 2 Julie 1999) was 'n Amerikaanse skrywer, draaiboekskrywer en joernalis. Hy is bekend vir sy misdaadromans oor die Italiaans-Amerikaanse mafia, veral The Godfather van 1969, wat hy later help verwerk het tot 'n driedelige rolprentsage waarvan Francis Ford Coppola die regisseur was. Hy het in 1973 'n Oscar ontvang vir beste verwerkte draaiboek vir die eerste rolprent van die trilogie, asook vir Deel II in 1974. Puzo het ook die oorspronklike draaiboek geskryf vir die 1978-rolprent Superman. Sy roman The Family is in 2001 postuum uitgereik.
Notas
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 1999