Roelof Frederik (Pik) Botha (27 April 1932 – 12 Oktober 2018) was van 27 April 1977 tot 10 Mei 1994 (volle demokrasie in Suid-Afrika) die land se Minister van Buitelandse Sake en het die taak gehad om Suid-Afrika se binnelandse beleid van apartheid, te probeer verdedig in internasionale forums. Met 'n dienstyd van 17 jaar was hy ook een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.
Pik Botha is op Rustenburg in die Transvaal gebore as agterkleinseun van die volksleier en ouderling in die Gereformeerde Kerk Thomas Dreyer. Dreyer het 13 kinders gehad, onder wie Christiaan Lourens, die vader van Botha se moeder, Maria Elizabeth. Routes and Roots URL besoek op 18 November 2017.
Hy het hom in 1953 by die departement van buitelandse sake aangesluit en het in Swede, Wes-Duitsland en in Den Haag diens gedoen. In 1974 het hy Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies geword. 'n Jaar later is hy aangestel as Suid-Afrika se verteenwoordiger in die VSA. Op 1 April 1977 word hy Minister van Buitelandse Sake.
Botha was een van die groep "gematigde" lede van die Nasionale Party wat deelgeneem het aan die politieke maneuvers om 'n opvolger vir B.J. Vorster as Eerste Minister te kry. Hy was ook nou betrokke by die onderhandelings wat uiteindelik tot die onafhanklikheidswording van Namibië in 1990 gelei het.
Botha het later as Minister van Mineraal- en Energiesake (1994–1996) in die regering van nasionale eenheid onder Nelson Mandela gedien totdat die Nasionale Party hom van die regering onttrek het. Botha het in 2000 by die African National Congress aangesluit.
Gesinslewe duimnael|links|Pik Botha, sy eerste vrou, Helena, en hul drie oudste kinders, Roelof, Piet en Anna, ca. 1960. Lien is later gebore. Sy seun was die Afrikaanse sanger Piet Botha. Sy seun Roelof Botha is 'n ekonoom en sy kleinseun, 'n voormalige leerling aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, was in 1990 die topkandidaat in Kaapland se senior-sertifikaateksamen. Hierdie kleinseun van Pik, ook met die naam Roelof, is 'n voormalige finansiële direkteur van PayPal en tans 'n waagkapitalis in die Verenigde State. Pik se dogter, Lien Botha, is 'n kunstenaar en Afrikaanse skrywer.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Hy sterf op 12 Oktober 2018 in sy huis in Pretoria nadat sy organe ingegee het. Pik Botha – 'n Lewe op die wêreldverhoog URL besoek op 18 November 2017.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van buitelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van energie Kategorie:Suid-Afrikaanse ambassadeurs in die Verenigde State Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2018