1. SC Feucht is 'n sportklub uit Feucht in die deelstaat Beiere in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir kegelbal.

Die eerste sokkerklub in Feucht is in 1920 opgerig as FC Feucht. Die klub het egter later doodgeloop en in 1927 is sy opvolger, 1. SC Feucht, gestig. In 1984 het die klub nog in die A-Klasse meegeding ('n lae amateurafdeling), maar met die promosie na die Landesliga in 1995 en die Oberliga Beiere in 1997 het die klub op die Duitse sokkerradar verskyn. In dieselfde jaar is die Waldstadion ingewy, die klub se tuisveld in Feucht.

Die hoogtepunt van die klub se geskiedenis was die 2 seisoene in die Regionalliga. Ondanks 'n 14de plek in die 2004/05-seisoen, het die klub nie weer aansoek gedoen om 'n Regionalliga-lisensie nie. Die rede hiervoor was dat die klub nie langer die hoë koste van die liga kon bekostig met die geringe belangstelling van borge nie. Die klub het ook min toeskouers getrek (relatief tot ander Regionalligaspanne), wat verklaar kan word deur die feit dat Feucht minder as 14 000 inwoners het.

Die klub is tans (status: Mei 2007) finansieel diep in die moeilikheid en staar 'n administrasiebevel in die gesig.

Onlangse ligaposisionering 1991-92 (VII) Bezirksliga Middelfranken Suid 2de 1992-93 (VI) Bezirksoberliga Middelfranken 5de 1993-94 (VI) Bezirksoberliga Middelfranken 10de 1994-95 (VI) Bezirksoberliga Middelfranken 1ste 1995-96 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 12de 1996-97 (V) Landesliga Beiere-Sentraal 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Beiere 14de 1998-99 (IV) Oberliga Beiere 9de 1999-00 (IV) Oberliga Beiere 3de 2000-01 (IV) Oberliga Beiere 5de 2001-02 (IV) Oberliga Beiere 14de 2002-03 (IV) Oberliga Beiere 1ste 2003-04 (III) Regionalliga Suid 8ste 2004-05 (III) Regionalliga Suid 14de (vrywillige relegasie) 2005-06 (IV) Oberliga Beiere 15de 2006-07 (IV) Oberliga Beiere 19de 2007-08 (V) Landesliga Beiere-Sentraal

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Beiere 2006/07-seisoen 1. FC Bad Kötzting - 1.FC Neurenberg II - SpVgg Weiden - 1. SC Feucht - SpVgg Bayreuth - FC Ismaning - FC Memmingen - SSV Jahn Regensburg - SC Fürstenfeldbruck - SV Heimstetten - SpVgg Greuther Fürth II - SpVgg Unterhaching II - TSV Aindling - TSV Großbardorf - VfL Frohnlach - SV Wacker Burghausen II - Würzburger FV - SpVgg Beiere Hof - 1. FC Eintracht Bamberg

Feucht