duimnael|links|320px|'n Wit en swart afdruk van 'n skildery deur T.F. Cromfield van die Groote Kerk en ou slawehuis in 1824. duimnael|regs|340px|Die Groote Kerk-gebou in Adderleystraat in 2009 duimnael|links|Die Groote Kerk omstreeks 1950 duimnael|160px|Ds. GW Stegmann jr., eerste proponent van die Kweekskool op Stellenbosch wat leraar van die gemeente geword het en broerskind van die vrou van ds. Andrew Murray sr.. Leraar van 1867 tot 1880. duimnael|160px|Dr. William Robertson, leraar van 1872 tot 1879. duimnael|160px|Ds. A.D. Lückhoff, leraar van 1875 tot 1886, werkkring De Nieuwe Kerk. regs|duimnael|160px|Ds. A.I. Steytler, leraar van 1881 tot 1915. duimnael|160px|Ds. Adriaan Moorrees, leraar van 1892 tot 1895. duimnael|160px|Ds. Charles Morgan, werksaam onder die melaatses op Robbeneiland van 1893 tot 1896. duimnael|160px|Ds. F.X. Roome, leraar van 1895 tot 1937. duimnael|160px|Dr. J.P. van Heerden, leraar van 1899 tot sy aftrede in 1935. Hy is oorlede op 16 Junie 1939. 160px|duimnael|Ds. G.J. du Plessis, 'n skoonseun van ds. Andrew McGregor van Robertson, was leraar hier van 1906 tot 1912 met werkkring Observatory. 160px|duimnael|Ds. en mev. Daniel Gerhardus Malan, leraarspaar van 1918 tot 1921. 160px|duimnael|Ds. Daniel Stephanus Burger Joubert, leraar van 1921 tot 1925. Van hom skryf eerw. Andries Dreyer in 'n lewenskets: "Van al die predikante wat in die Groote Kerk gearbei het, was daar seker geeneen wat hom meer met die gemeente ingeleef en vereenselwig en hom meer op herderlike besoek aan die huise, in die kantore en op die fabrieke toegelê het as ds. Joubert nie. Daarby kan sy kanselwerk ook van nougesette studie en geestelike krag getuig." duimnael|160px|Ds.Abraham van der Merwe, leraar van 1926 tot 1966.
Die NG gemeente Kaapstad (of Groote Kerk soos hy na sy kerkgebou genoem word) is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, alhoewel kerkhistorici van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Afrika beweer dat die kerk vanaf 1652 tot en met 1824, die Nederlandse Hervormde Kerk geheet het. Dit is egter nie histories korrek nie, aangesien die benaming "Hervormde Kerk" eers in die tweede helfte van die 18de eeu geleidelik begin posvat het via die Nederlanse letterkunde wat voorkeur verleen het aan die benaming Hervormde eerder as Gereformeerde. Dit is dus die moedergemeente van al die NG gemeentes.
Agtergrond Aan die begin moes die koloniste, wat sedert 1652 aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, verlief neem met die dienste van 'n godsdiensonderwyser (sieketrooster), Willem Wylant. Hy het gereeld godsdiensoefeninge in die Fort gehou, kinders onderrig en die evangelie aan die inboorlinge verkondig. Die eerste nagmaal is op 12 Mei 1652 deur 'n besoekende predikant, ds. Johannes Backerus, bedien, terwyl die eerste doop op 24 Augustus 1653 bedien is. Ander sieketroosters wat hier diens gedoen het, was Pieter van der Stael, Ernestus Back en Jan Joris Graaf.
Eerste leraar Die klein gemeente het verlang na 'n eie leraar tot die Here XVII in Amsterdam besluit om die eerste vaste predikant na die Kaap te stuur. Hy was Joan van Arckel, wat op 18 Augustus 1665 in Tafelbaai geland het. In sy tydperk het dit nodig geword om 'n houtgebou as kerk te gebruik en dit is in Desember 1665 van 'n steengewel en -vloer voorsien. In 1672 is diens gehou in "De Kat" van die Kasteel die Goeie Hoop, met die fondament van die eerste kerkgebou wat in 1678 gelê is. Eers op 6 Januarie 1704 is die eerste kerkgebou ingewy in die dienstyd van ds. Petrus Kalden. Dit het £2 200 gekos.
Die eerste gebore Afrikaner wat leraar van die gemeente was, was ds. Petrus van der Spuy (1746 tot 1752). Gedurende die dienstyd van ds. Johannes Petrus Serrurier (1760 tot 1802) is besluit om die kerk van 1704 te vergroot. Dit is teen 'n koste van £4 000 gedoen en in 1781 ingewy. Die huidige preekstoel, wat deur die beeldhouer Anton Anreith uit die beste Indiese hout teen 'n koste van £708 vervaardig is, is in November 1789 ingewy. Later is dié kerkgebou afgebreek en die nuwe kerkgebou, die huidige Groote Kerk, in 1841 ingewy.
Een van die beroemdste leraars in die gemeente se geskiedenis was dr. Abraham Faure, wat die gemeente bedien het van 1822 tot 1867. Hy het 'n besondere belangstelling in die onderwys getoon en buiten sy ander prestasies was hy ook verantwoordelik vir die stigting van die eerste Sondagskool in 1844.
'n Ander beroemde leraar in die 19e eeu was dr. William Robertson, wat hierheen gekom het van Swellendam af.
Groote kerk, klein gemeente
Van die wyke waaraan eie leraars afgestaan is, het mettertyd afgestig: NG gemeente Drieankerbaai (Seepunt), Observatory, Woodstock en Maitland, terwyl die gemeente Tafelberg van Tamboerskloof (die indertydse Nieuwe Kerk) afgestig het. In 'n onafrikaanse omgewing het die lidmaattal van die dogtergemeentes met die jare kwaai afgeneem. Woodstock is later ontbind, terwyl Drieankerbaai, Observatory, Maitland en Tamboerskloof in 2007 tussen hulle vier net 659 volwasse lidmate gehad het en in 2008 646, vergeleke met (Woodstock ingereken) 1 816 in 1985.
Die gemeente het in 1952, toe sy 300-jarige bestaan gevier is (later is die stigting meer korrek aangegee as 1665), meer as 2 000 lidmate gehad en drie predikante. In 1979 was hier nog 1 971 volwasse lidmate, maar in 1995 1 403 en in 2009 net 810. Einde 2014 het dit afgeneem tot 585.
Enkele leraars Joan van Arckel (ook Johannes), 1665 - 12 Januarie 1666 (oorlede in die amp) Johannes de Vooght, 26 Februarie tot 23 November 1666 Petrus Wachtendorp, November 1666 - Februarie 15 Desember 1667 (oorlede in die amp) Adriaan de Vooght, 1667 - 1674 Rudolphus Meerlandt, 1674 - 1675 Petrus Hulsenaar, 1675 - 1677 Johan Frederick Stumphius, Mei 1678 (word nie in kerk se lys erken nie) Johannes Overney, 1678 - 1687 Johannes van Andel, 1687 - Januarie 1689 (terug na Batavia) Leonardus Terwoldt, 1689 - Augustus 1693 of '95 (terug na Batavia) Hercules van Loon, 1695 - 1697 Petrus Kalden, 1697 - 1708 (teruggeroep na Holland) Engelbertus Franciscus le Boucq, 1707 - 1708 (word nie in kerk se lys erken nie) Johannes Godefridus D'Ailly, 1708 - 1726 Lambertus Slicher, 1723 - 1725 Hendrik Beck, 1726 - 1731 Franciscus le Seuer, 1729 - 1746 Henricus Cock, 1732 - 1743 Ruardus van Cloppenburgh, 1746 - 1748 (teruggestuur na Holland, oorlede in 1751) Petrus van der Spuy, 1746 - 1752 (eerste Suid-Afrikaans gebore leraar) Henricus Kronenburg, 1752 - 1779 (27 jaar; emeriteer; oorlede Mei daardie jaar) Gerhardus Croeser, 1754 - 1755 Christiaan Benjamin Voltelen, 1755 - 1758 Johannes Frederik Bode, 1758 - 1760 Johannes Petrus Serrurier, 1760 - 1802 (42 jaar; emeriteer; oorlede op 3 Februarie 1819) Christiaan Fleck, 1781 - 1822 (41 jaar) Meent Borcherds, 1785 - 1786 Helperus Ritzema van Lier, 1786 - 1793 Abraham Kuys, 1794 - 1799 Johan Heinrich von Manger, 1802 - 1839 (37 jaar; emeriteer; oorlede op 2 Mei 1842) Johannes Christoffel Berrange, 1817 - 1827 Dr. Abraham Faure, 1822 - 1867 (45 jaar) Johannes Spijker, 1834 - 1864 (30 jaar; emeriteer; oorlede op 21 Mei 1865) Stephanus Petrus Heyns, 1839 - 17 September 1873 (36 jaar; oorlede in die amp) Dr. Andrew Murray, 1864 - 1871 Georg Stegmann jr., 1867 - 1880 Dr. William Robertson, 1872 - 1879 (emeriteer; oorlede op 24 November 1879) Gilles van de Wall, 1874 - 1875 Anton Daniël Lückhoff, 1875 - 1886 (Nieuwe Kerk, die latere NG gemeente Tamboerskloof) Dr. Johannes Jacobus Kotzé, 1880 - 1899 Abraham Isaac Steytler, 1881 - 1915 (34 jaar; emeriteer; oorlede op 17 Desember 1922) Christoffel Frederic Jacobus Muller, 1887 - 1890 (Nieuwe Kerk, die latere NG gemeente Tamboerskloof) Adriaan Moorrees, 1892 - 1895 Charles Morgan, 1893 - 1896 (Robbeneiland) Francis Xavier Roome, 1895 - 1937 (Seepunt, 42 jaar) Zacharia Johannes de Beer, 1895 - 1923 (Woodstock, voor afstigting van NG gemeente Woodstock, 28 jaar) Louis Hugo, 1897 - 1907 (Robbeneiland) Dr. Johannes Petrus van Heerden, 1899 - 1935 (36 jaar) Dr. Johannes du Plessis, 1899 - 1903 (Seepunt) Dr. Barend Johannes Haarhoff, 1905 - 1912 (Maitland, tot die afstigting van NG gemeente Maitland) Gerrit Johannes du Plessis, 1906 tot 1912 (Observatory, tot die afstigting van NG gemeente Observatory) Johannes Stephanus Hauman, 1908 - 1918 (emeriteer; oorlede 24 Julie 1925; Robbeneiland) Daniel Gerhardus Malan, 1918 - 1921 Pieter Basson Ackermann, 1918 - 1922 (Robbeneiland) Daniel Stephanus Burger Joubert, 1921 - 1925 Willem Ferdinand Louw, 1922 - 1929 (Robbeneiland; emeriteer; oorlede op 16 Augustus 1933) Dr. Abraham van der Merwe, 1926 - 1966 (40 jaar) Jacobus Delarey Conradie, 1936 - 1967 (31 jaar) Pieter du Toit, 1938 - 1943 Theunis Christoffel Botha Stofberg, 1940 – 1944 (studenteleraar) Johannes Gerhardus Janse van Vuuren, 1945 - 1954, 7 Desember 1963 - 9 April 1986 (32 jaar) Willem Adolf Landman, 1958 - 29 Januarie 1979 (direkteur van Inligtingsburo) (21 jaar) Petrus Andries van Zyl, 1958 - 1960 (reisende veldprediker) Johannes Mattheus Delport, 1960 - 1963 Dirk Johannes Jacobus Oosthuizen, 1967 - 1972 Jacobus van der Westhuizen, 1968 - 1997 (29 jaar) Erasmus Adriaan van Niekerk, 1972 - 1975 Abraham Johannes Prins, 1975 - 1981 Petrus Johannes Botes, 26 April 1981 - 2009 (28 jaar) Gideon de Wit, 2003 - 2015 Johan Taute van Rooyen, 201 - hede Riaan De Villiers - 2014 - hede Marietjie Steyn, 6 Junie 2021 - hede
Bronne Duncan, Paul en Alain Proust: Hidden Cape Town. Kaapstad: Struik, 2013. Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Eksterne skakels
Die Groote Kerk se webtuiste: www.grootekerk.org.za Die gemeente vier sy 350-jarige bestaan. URL besoek op 27 Januarie 2015.
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kaapstad