Cromwell Everson 28 September 1925 - 11 Junie 1991 was veral bekend as 'n Suid-Afrikaanse komponis. Hy het groot geword in 'n Afrikaner-omgewing, sy moeder was Maria De Wit en sy vader Robert Everson. Everson het die tradisie voorgesit en sy kinders ook Afrikaans groot gemaak.

Opleiding 1945, Matriek, Central High School, Beaufort Wes 1950, Baccalaureusgraad in Musiek, Universiteit van Stellenbosch 1974, Doktor van Musiek, Universiteit van Kaapstad

Werke Die eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra, is geskryf deur Everson. Die meeste van sy ander liedere is ook in Afrikaans. Behalwe die opera bestaan Everson se werke uit vyf sonatas, 'n viooltrio, 'n stel invensies, vier liedsiklusse, 'n klaviersuite, 'n verskeidenheid bewegings vir klavier en kitaar, 'n skrykkwartet, asook 'n onvoltooide simfonie.

Opera Klutaimnestra (eng:Clytemnestra) (Libretto, Cromwell Everson), Afrikaanse opera in vier bewegings (1967). Eerste opvoering 7 November 1967, Biesenbach-saal, Worcester, met Lorraine Du Toit as sopraan.

Eksterne skakels ATKV se postume erkenning van Everson Verwysing na artikel deur Beppie Beernaert oor Everson se "Sewe invensies", Musikologie ars nova lys - Unisa Verwysing na artikels wat Everson self gepubliseer het in Musicus - Unisa Dictonary of African Composers Verwysing na Everson as SA komponis, Arts and Humanities pages of Intute Verwysing na die Verhandeling "The life and music of Cromwell Everson." deur Jeffrey James Brukman, Doktor van Musikologie MusicSack-databasis van boeke wat verwys na Everson as komponis Verwysing na die opera van Everson in die biografie van Lorraine Du Toit

Verwysings "The life and music of Cromwell Everson" by Brukman, Jeffrey James - Thesis, Doktor van Musikologie, 2006 "Komponiste van Suid-Afrika" Composers of South Africa deur Bouws, Jan, uitgewer C.F. Albertyn (Edms) Bpk, Stellenbosch, 1971

Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 1991