Hallescher FC is 'n Duitse sokkerklub uit Halle in die deelstaat Sakse-Anhalt.

Hallescher FC Wacker is in 1900 gestig en het aan die eindronde om die Duitse titel deelgeneem in 1921, 1928 en 1934, maar tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub verdwyn. In 1946 is 'n nuwe klub in Halle gestig (met die spelers van die ou klub as basis) naamlik SG Glaucha, wat in 1948 sy naam verander het in SG Freiimfelde Halle en in 1949 ZSG Union Halle geword het. Die klub het in 1949 en 1952 die nasionale kampioen geword. In 1950 is die klub se naam weer verander, hierdie keer na BSG Turbine Halle. Die klub is deur die sokkerowerhede gedwing om met SC Halle-Leuna saam te smelt en sy naam weer te verander, eers na SC Chemie Halle (1958) en later na FC Chemie Halle (1966).

Die klub het in 1962 deelgeneem aan die Europese beker II en in 1971 aan die UEFA-beker teen PSV Eindhoven. Die eerste wedstryd het gelykop geëindig, maar die klub het hom onttrek aan die terugwedstryd nadat daar 'n brand by die span se hotel uitgebreek het waarin 1 speler dood is.

Na die hereniging van Duitsland het die klub sy huidige naam aangeneem, gebaseer op die oorspronklike naam.

Erelys Oos-Duitse kampioen 1949, 1952 FDGB-Pokal 1956, 1962

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR Oberliga 11de 1966-67 (I) DDR Oberliga 11de 1967-68 (I) DDR Oberliga 10de 1968-69 (I) DDR Oberliga 11de 1969-70 (I) DDR Oberliga 10de 1970-71 (I) DDR Oberliga 3de 1971-72 (I) DDR Oberliga 6de 1972-73 (I) DDR Oberliga 14de 1973-74 (I) DDR-Liga, Stapel C 1ste 1974-75 (I) DDR-Oberliga 11de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 8ste 1976-77 (I) DDR-Oberliga 7de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 6de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 6de 1979-80 (I) DDR-Oberliga 7de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 8ste 1981-82 (I) DDR-Oberliga 11de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 11de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 14de 1984-85 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1985-86 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1986-87 (II) DDR-Liga, Stapel B 1ste 1987-88 (I) DDR-Oberliga 5de 1988-89 (I) DDR-Oberliga 9de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 9de 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 4de 1991-92 (II) 2.Bundesliga Suid 11de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noordoos 2de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noordoos 8ste 1994-95 (IV) Oberliga Noordoos 16de 1995-96 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 7de 1996-97 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 13de 1998-99 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 2de 1999-00 (V) Verbandsliga Sakse-Anhalt 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 10de 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 7de 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 5de 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 4de 2004-05 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 4de 2005-06 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 4de 2006-07 (IV) Oberliga Noordoos-Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Regionalliga Noord 2010/11-seisoen Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II

Halle