Bethelsdorp is 'n dorp, 20 km noordwes van Port Elizabeth, wat deel vorm van Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.

Geskiedenis Bethelsdorp is in 1803 gestig as 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap, ná 'n besoek van goewerneur Jan Willem Janssens deur eerwaardes dr. J.T. van der KempOp Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. en James Read op die plaas Roodepas van Theuns Botha. Die naam is afgelei van Hebreeuse woord Baitheel wat beteken "Huis van God".

Tydens die vorige politieke bedeling was Bethelsdorp 'n township, byna eksklusief bewoon deur mense van bruin kleur (sg. Kleurlinge). Hierna verander die demografie effens omrede die einde van Apartheid in Suid-Afrika in 1994. Bewoning, werk en handeldryf is nou vryelik oop vir alle rasse in die dorp.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978. Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap