230px Arata Isozaki

Japannese argitek

Gebore 23 Julie 1931 in Ōita, Kyushu, Japan

Skool Verskeie invloede:

BrutalismeMetabolismePostmodernisme

Beduidende projekte

Museum of Contemporary Art (MOCA), Los Angeles (1986)

Toekennings en pryse Pritzker-prys (VSA) in 2019 Leone d'Oro | Goue Leeu, Argitektoniese Biënnale van Venesië in 1996 RIBA Goue medalje vir argitektuur (VK) in 1986

Arata Isozaki (Japannees: 磯崎 新, Isozaki Arata; * 23 Julie 1931 in Ōita, prefektuur Ōita, Japan) is 'n Japannese argitek, argitektuurteoretikus en stadsbeplanner van internasionale formaat. Sy lewenswerk is in 2019 met die gesiene Pritzker-prys vir argitektuur bekroon.www.npr.org, 5 Maart 2019: Arata Isozaki, Whose Hybrid Style Forged 'New Paths,' Wins Pritzker Prize. Besoek op 6 Maart 2019 Isozaki is die agste boorling van Japan aan wie die prys, waarna dikwels as die "Nobelprys vir argitektuur" verwys word, toegeken is.

Arata Isozaki het sy jeugjare in die na-oorlogse Japan deurgebring waar hy onder die indruk van oorlogsverwoestinge - net 'n smal waterliggaam het sy geboortestad op die eiland Kyushu geskei van Hirosjima waar 'n enkele kernwapen binne minute 'n hele nedersetting in puin gelê het - en die ambisieuse heropbouprogram gestaan het. Sy ervarings met totale verwoesting as die volledige afwesigheid van enige vorm van argitektuur het sy fassinasie gewek vir die verskillende maniere waarmee mense iets heropbou.

Sy loopbaan as argitek strek oor meer as ses dekades, met 'n portefeulje wat meer as honderd projekte in Asië, Europa, Noord-Amerika, die Midde-Ooste en Australië insluit.

Verwysings

Eksterne skakels Architectural Digest, 5 Maart 2019: The 2019 Pritzker Prize Is Awarded to Arata Isozaki

Kategorie:Japannese argitekte Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Lewende mense