Louis Maqhubela (gebore 1939) is 'n Suid-Afrikaanse skilder wat in Durban gebore is.Art First: Louis Maqhubela[http://www.davidkrutpublishing.com/dkp/bookstore/2006/02/louis-maqhubela/ Louis Maqhubela Hy het sy skoolopleiding aan die Orlando High School ontvang en het daarna 'n tyd lank aan die Polly Street Kunssentrum onder Cecil Skotnes, en later ook onder Guiseppe Cattaneo gestudeer. In 1966 het hy die eerste prys in die Artists of Fame and Promise Exhibition verower.
Hy het sowel in Suid-Afrika as in die buiteland uitgestal en het die Cambridge Shirt-toekenning op die Art South Africa Today-uitstalling ontvang. Hy het sedert die sewentigerjare in Ibiza, Spanje gewoon. In 1975 het hy aan 'n tentoonstelling van die Londense tak van die Johannesburgse Galery 21 deelgeneem.
Sedert sy eerste eenmanstentoonstelling in 1967 het Maqhubela se werk ontwikkel van 'n amateuragtige, naïewe benadering tot ’n professionele vaardigheid. Sy werk is abstrak en simbolies met 'n unieke poëtiese krag. Sy besondere gevoel vir kleur is 'n voortreflike kenmerk van Maqhubela se kuns.
Werke Zebra (1962)http://www.artthrob.co.za/05jan/images/pollystreet03a.jpg UntitledMaqhubela CompositionBritish Empire: Art and Empire Pondo Forms (1996) Trellis (1997) Inyoka II (2002)
Verwysings
Bronnelys Wêreldspektrum, 1982, , volume 18, bl. 41
Eksterne skakels Persoonlike webtuiste
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Suid-Afrikaanse kunstenaars