Die McDonnell F3H Demon is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is op vliegdekskepe. Dit is die eerste vliegtuig wat McDonnell ontwerp het met swiepvlerke asook die eerste vegvliegtuig wat slegs met missiele toegerus was en geen masjiengewere gehad het nie.
Die Demon is 'n vliegdekskip gebaseerde, supersoniese, alleweerstoestand vegvliegtuig wat ontwerp is met een doel voor oë: om net so goed of beter te wees as enige land gebaseerde vegvliegtuig. Ongelukkig het die eerste J40 motors nie aan die verwagtinge voldoen nie en het die eerste modelle (F3H-1N) onderpresteer. Produksie was ook vertraag deur die vloot se spesifikasie dat dit 'n alleweerstoestand nagvegter model moet wees. Alhoewel die prototipe op 7 Augustus 1951 sy nooiensvlug voltooi het, is die produsie modelle eers in 1956 in diens gestel as die F3H-2N met die Allison J71 motor.
Teen die tyd dat produksie gestaak is in 1959 is 519 vliegtuie gebou. Op een stadium was elf eskaders toegerus met die Demon.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die McDonnell F3H Demon: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Allison J71-A 2E turbostraal met nabrander Kraglewering per motor 6 350 kg stukrag Vlerkspan 10,77 m Lengte 17,96 m Hoogte 4,44 m Vlerkoppervlakte 48,22 m2 Maks. opstygmassa 15 377 kg Maks. snelheid 1 041 km/h Operasionele hoogte 13 000 m Togafstand 2 205 km Klimvermoë 3 660 m per minuut Bewapening Vier 20 mm kanonneen vier AIM-7C Sparrow lug-tot-lug-missiele
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS''. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie