Birgit Õigemeel (* 24 September 1988 in Kohila, Estland) is 'n Estniese pop-sangeres en aktrise.
Biografie Õigemeel het in 2007 nasionale bekendheid verwerf met haar deelname aan die eerste seisoen van Eesti Otsib Superstaari, die Estniese weergawe van die talentprogram Idol. In die volgende jaar is haar debuutalbum Birgit Õigemeel vrygestel. Vier verdere langspelers sou later volg.
Kategorie:Estiese musici Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense