André Pretorius is 'n skrywer van reisjoernale en -sketse. Hy skryf in Afrikaans, en gee so aan die gemiddelde Afrikaanse persoon in Suid-Afrika die geleentheid om deur sy besondere veelsydigheid, skryfvernuf, vertelstyl en idiomaties-bekende skryfstyl as't ware die verre wêreld en interessanthede daarvan saam met hom te verken.
Hy het grootgeword in Marble Hall in die teenswoordige Limpopoprovinsie, maar is tans woonagtig in Cambridge, Engeland. Onder sy pen het verskyn "Iets Ver en Nuut", "Eilande en Enklaves" (Protea), "Italiaanse Intermezzi" en "Geloof Alleen" (Naledi). Sy nuutste publikasie is "Spanje: Reise in 'n palimpses".
Werke 2010: Iets ver en nuut: reissketse (Protea) 2012: Eilande en enklaves: reissketse (Protea) 2016: Italiaanse intermezzi: reissketse (Naledi) 2017: Geloof Alleen: Reise deur die Kerkhervormings (Naledi) 2025: Spanje: Reise in 'n palimpses (Naledi)
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Skrywers