Hierdie spruit vloei in die Wes-Kaap. Vir meer riviere met dieselfde naam, sien gerus Dwarsrivier (veelsinnig).
Die Dwarsrivier is 'n rivier wat verby die dorp Ceres in die Wes-Kaap, Suid-Afrika vloei.
Die rivier ontspring aan die oostekant van die Skurweberge en stroom deur die Warmbokkeveld suidwaarts, waar dit water van die Modder- en daarna van die Koekedouwrivier ontvang, wat albei verder suidwaarts in die Skurweberge ontspring. In die Koekedouw is 'n studam op die berg aangebring wat vir Ceres se watervoorsiening van belang is. Die Titusrivier vloei hierna vanuit die suidooste in die Dwars. Van Ceres af kerwe dit deur 'n ravyn in die Skurweberge, en word hier deur die Ceres-natuurreservaat bewaar. Dit volg die kloof aan die suidekant van Michellspas totdat dit aan die oorkant van die Skurweberge met die Witelsrivier saamvloei om die Breederivier te vorm.
Kyk ook Dwarsrivier (veelsinnig) Dwarsrivier (nedersetting)
Verwysings
Eksterne skakels Google-kaart van die Dwarsrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Riviere in Wes-Kaap