Mulholland Drive is 'n 2001 neo-noir misterierolprent wat geskryf en gemaak is deur David Lynch. Naomi Watts, Laura Harring, Justin Theroux, Ann Miller en Robert Forster speel daarin.
Die verhaal fokus rondom 'n aspirant aktrise genaamd Betty Elms (gespeel deur Watts) wat 'n vrou met geheueverlies (Harring), wat van 'n motorongeluk herstel, ontmoet en bevriend. Die storie volg verskeie ander gebeure en karakters, insluitende 'n Hollywood film direkteur (Theroux). Die rolprent is oorspronklik beplan as 'n televisiereeks, en 'n groot deel van die rolprent was verfilm in 1999 met Lynch se plan om dit 'n oop-einde te gee, met 'n potensiele reeks ingedagte.
Die rolprent word gekategoriseer as 'n sielkundige riller, en het aan Lynch die Prix de la mise en scene (Beste Direkteurstoekenning) tydens die Cannes Filmfees van 2001 besorg, sowel as 'n Oscar-nominasie vir Beste Direkteur. Mulholland Drive het Harring se loopbaan geloods, en Watts se Hollywood profiel aansienlik versterk; en was die laaste rolprent waarin die veteraan Hollywoodaktrise Ann Miller gespeel het. Dit word deesdae algemeen beskou as een van Lynch se beste werke, en as een van die grootste rolprente van die 21ste eeu.
Ingevolge die Britse Filminstituut se 2012 Sight & Sound Peiling, was Mulholland Drive die 28ste grootste film wat ooit gemaak was. Bykomend hiertoe is Mulholland Drive in 2016 aangewys as die grootste rolprent van die 21ste eeu, in 'n meningspeiling deur BBC Culture.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Franse rolprente