thumb|220px|Kaarte met 'n Franse patroon. thumb|220px|'n Stel klokke uit 'n Beierse pak.

Speelkaarte is gewoonlik stukke dikkerige papier wat met dun plastiek oorgetrek is en kenmerkende motiewe het. Hulle word meestal gebruik vir kaartspeletjies, maar word ook soms gebruik in kaarttruuks, toekomsvoorspelling en die bou van kaarthuise. Kaarte word ook soms versamel. Speelkaarte is gewoonlik van palmgrootte vir maklike hantering en word meestal verkoop in 'n pak kaarte.

Die algemeenste soort kaarte in die Weste is dié met 'n Franse (of Engelse) patroon wat in standaardpakke van 52 verkoop word en jokers kan insluit, gevolg deur die Belgies-Genuese patroon.Pattern Sheet 80 at i-p-c-s.org. Besoek op 23 Augustus 2020. Baie lande gebruik egter ander, tradisionele soorte kaarte, insluitende dié met 'n Duitse, Italiaanse, Spaanse en Switserse patroon. Die agterkant van die kaarte het gewoonlik 'n ingewikkelde patroon wat dit moeilik maak om onderstebo kaarte uit te ken aan krap- of ander merke.

Speelkaarte is beskikbaar in 'n verskeidenheid style, want hulle kan vervaardig word vir kompetisies, casino's of kulkunstenaars, en as promosieartikels en soeweniers. Pakke kaarte of selfs enkele kaarte kan versamel word as 'n stokperdjie of vir hulle geldwaarde.

In die meeste kaartspeletjies word die kaarte deurmekaar gemaak deur 'n proses wat skommel genoem word. 'n Aantal kaarte word dan aan elke speler gedeel waarna elke speler na die gesig van sy kaarte sal kyk en die ander spelers slegs die agterkant van die ander spelers se kaarte kan sien.

Die wyse hoe die kaarte in elke kaartspeletjie gebruik word, word bepaal deur die reëls van elke kaartspel.

Geskiedenis China thumb|upright=0.5|'n Chinese gedrukte kaart van omstreeks 1400 wat naby Turpan ontdek is.

Speelkaarte is dalk omstreeks die 9de eeu tydens die Tang-dinastie die eerste keer vervaardig met die gebruik van houtblokdrukwerk.. Die vroegste bekendste teks wat moontlik na kaartspeletjies verwys, is 'n 9de-eeuse teks bekend as Collection of Miscellanea at Duyang, wat deur die skrywer van die Tang-dinastie Su E geskryf is. Dit beskryf hoe prinses Tongchang, die dogter van keiser Yizong van Tang, die "blaarspel" in 868 speel saam met lede van die Wei-clan, die familie van die prinses se man.

Die eerste bekende boek oor die "blaarspel" is Yezi Gexi genoem en na bewering geskryf deur 'n Tang-vrou. Skrywers van daaropvolgende dinasitieë het kommntaar daarop gelewer. Die geleerde Ouyang Xiu (1007-1072) van die Song-dinastie het beweer die "blaarspel" bestaan ten minste sedert die middel van die Tang-dinastie en word verbind met die ontwikkeling van gedrukte velle as 'n skryfmedium. Ouyang het egter ook beweer die "blare" was bladsye van 'n boek wat gebruik is in 'n bordspeletjie wat met dobbelstene gespeel is, en dat die reëls van die spel teen 1067 verlore was.Parlett, David, "The Chinese "Leaf" Game", Maart 2015.

Die vroegste gedateerde geval van 'n kaartspeletjie het op 17 Julie 1294 plaasgevind "toe Yan Sengzhu en Zheng Pig-Dog betrap is dat hulle kaartspeel en beslag gelê is op houtblokke wat gebruik is om die kaarte te druk, asook op nege van die kaarte".

William Henry Wilkinson stel voor die eerste kaarte was eintlik papiergeld wat gedien het as beide 'n middel vir speletjies en die wedgeld waarvoor gespeel is. Om papiergeld te gebruik is as ongerieflik en riskant beskou en dit is dus vervang met speelgeld bekend as "geldkaarte".

Persië en Arabië Ondanks die groot verskeidenheid patrone toon die kleure (stelle) kaarte 'n eenvormigheid van struktuur. Elke stel bevat 12 kaarte, waarvan die boonste twee gewoonlik die prentkaarte is, met 'n heer (K) heel bo, en die onderste 10 kaarte 'n syferwaarde het. Daar is baie motiewe vir die stelle, wat munte, klawers en klokke insluit, asook swaarde wat ooreenstem met latere Mameluk- en Latynse kaarte.

Michael Dummett spekuleer dat Mamelukkaarte afstam van 'n vroeëre pak wat bestaan het uit 48 kaarte, wat elk in vier stelle ingedeel is met 10 syfer- en twee prentkaarte.Playing card basics by die International Playing-Card Society

Egipte

Teen die 11de eeu het kaarte oor die hele Asië voorgekom en later na Egipte versprei. Die oudste kaarte in die wêreld wat behoue gebly het, is vier fragmente wat in die Keir-versameling en die Benaki-museum gehou word. Hulle kom uit die 12de en 13de eeu (die laat Fatimidiese, die Ajjoebidiese en en die vroeë Mameluktydperk).

'n Byna volledige pak Mamelukkaarte uit die 15de eeu wat baie soos die fragmente regs lyk, is in 1939 in die Topkapi-paleis in Istanboel ontdek. Dit is nie 'n volledige pak nie en bestaan eintlik uit drie verskillende pakke, moontlik om vermiste kaarte te vervang.International Playing Cards Society Journal, 30-3, p. 139 Die Topkapi-pak het oorspronklik 52 kaarte in vier stelle bevat: polokolwe, munte, swaarde en bekers. Elke stel het 10 syfer- en drie prentkaarte, wat malik (koning), nā'ib malik (onderkoning) en thānī nā'ib (tweede of onderadjunk) genoem is. Die titel thānī nā'ib bestaan nie en het dalk nie in die oudste pakke voorgekom nie.

Die Mamelukkaarte het abstrakte ontwerpe en beeld nie mense uit nie, waarskynlik om godsdienstige redes. Hulle bevat egter die range van die kaarte.Mamluk cards . Cards.old.no. Besoek op 2015-05-10.

Dié kaarte is uit Kaïro, Alexandrië en Damaskus uitgevoer tot met die val van die Mamelukke in die 16de eeu.The Mamluk Cards. L-pollett.tripod.com. Besoek op 2015-05-10. Die reëls van dié kaartspeletjies is nou verlore.No trump trick-taking games by pagat.com

Verspreiding deur Europa thumb|180px|Die boer van munte uit die oudste bekende Europese pak kaarte, omstreeks 1390-1410.

Kaartspeletjies is waarskynlik deur die Arabiere uit die Ooste na Europa versprei deur die Christelike koninkryke van Spanje, hoewel sommige kenners glo dit is deur die Kruisvaarders daarheen gebring. Die oudste Westerse pak is bekend as die Spaanse pak en is 'n aanpassing van die Arabiese pak.

Die eerste keer dat kaartspeletjies in Europa genoem is, was in 1371 toe die Katalaanse woordeboek naib as "speelkaarte" gedefinieer het.Denning (1996), p. 14. Dit dui daarop dat kaarte toe "taamlik bekend' was in Katalonië (nou deel van Spanje). Dit is dalk daarheen versprei deur handel met die Mamelukheersers van Egipte.Ferg, Wayland & Wayland (2007), p. 117.

Die vroegste melding van kaartspeletjies in Sentraal-Europa is vermoedelik 'n verbod op kaartspeel in 1367 in die stad Bern,Peter F. Kopp: Die frühesten Spielkarten in der Schweiz. In: Zeitschrift für schweizerische Archäologie und Kunstgeschichte 30 (1973), pp. 130–145, here 130.Timothy B. Husband: The World in Play. Luxury Cards 1430–1540. Metropolitan Museum of Art 2016, S. 13. maar dié bron word in twyfel getrek omdat die eerste eksemplaar wat beskikbaar is die datum 1398 noem en dit dalk daarna verander is.Hellmut Rosenfeld: Zu den frühesten Spielkarten in der Schweiz. Eine Entgegnung. In: Zeitschrift für schweizerische Archäologie und Kunstgeschichte 32 (1975), pp. 179–180.Dummett (1980), pp.11–13.

Die eerste Italiaanse verwysing is 'n verbod in 1377 in Florence. Van dié jaar af was daar al hoe meer meldings van speelkaarte, gewoonlik in verband met 'n verbod op kaartspeel.Wilhelm Ludwig Schreiber: Die ältesten Spielkarten und die auf das Kartenspiel Bezug habenden Urkunden des 14. und 15. Jahrhunderts. Heitz, Straßburg 1937. In Engeland is daar reeds in 1413 'n verwysing daarna.

Onder die vroeë patrone van speelkaarte is dié wat afgelei is van die Mamelukkaarte van bekers, munte, swaarde en polokolwe. Dit word vandag nog op Latynse speelkaarte gebruik.Donald Laycock in Skeptical—a Handbook of Pseudoscience and the Paranormal, red. Donald Laycock, David Vernon, Colin Groves, Simon Brown, Imagecraft, Canberra, 1989, , p. 67 Omdat polo nie toe baie bekend in Europa was nie, het die polokolwe knuppels geword.Andy's Playing Cards - The Tarot And Other Early Cards - page XVII - the moorish deck. L-pollett.tripod.com. Besoek op 2015-05-10. Benewens in Katalonië in 1371, word speelkaarte ook genoem in 1377 in Switserland en in 1380 op baie plekke insluitende Florence en Parys.J. Brunet i Bellet, Lo joch de naibs, naips o cartas, Barcelona, 1886, quote in the "Diccionari de rims de 1371 : darrerament/per ensajar/de bandejar/los seus guarips/joch de nayps/de nit jugàvem, sien ook le site trionfi.com Die algemene speel van kaartspeletjies in Europa kan met 'n mate van sekerheid teruggespeur word na sedert 1377.

thumb|320px|links|Kaartspelers in die 18de eeu in Venisië, deur Pietro Longhi. Tussen 1418 en 1450 het professionele kaartmakers in Ulm, Neurenberg en Augsburg gedrukte pakke vervaardig. Die meeste vroeë houtafdrukke van alle soorte is ná die tyd gekleur, óf met die hand óf van 1450 af met stensils. Die 15de-eeuse kaarte is waarskynlik geverf. Die Vlaamse Jagpak in die Metropolitan-kunsmuseum in New York is die oudste volledige pak speelkaarte wat in die 15de eeu in Europa gemaak is.

Namate kaarte van Italië na Germaanse lande versprei het, is die Latynse motiewe vervang met blare (of skilde), harte (of rose), klokke en akkers. Frankryk het aanvanklik die Latynse pakke gebruik, maar omstreeks 1480 het Franse vervaardigers begin om baie vereenvoudigde weergawes van die Duitse simbole te gebruik, waarskynlik om massaproduksie te vergemaklik. 'n Kombinasie van Latynse en Duitse simbole het daartoe gelei dat Franse speelkaarte omstreeks 1480 vervaardig is in stelle van trèfles (klawers), carreaux (ruitens), cœurs (hartens) en piques (skoppens). Die klawers kom waarskynlik van die akker en die skoppens van die blaar op Duitse pakke.

In die laat 14de eeu het Europeërs begin om die Mamelukkaarte te verander om Europese koninklikes en amptenare te verteenwoordig. Volgens 'n beskrywing uit 1377 was die vroegste prentkaarte 'n sittende koning, 'n hoër maarskalk wat sy stelsimbool regop gehou het en 'n laer maarskalk wat sy simbool onderstebo gehou het.History of Playing-Cards by International Playing-Card SocietyWintle, Simon. Early references to Playing Cards at World of Playing Cards. Laasgenoemde twee stem ooreen met die Ober en Unter, wat steeds op Duitse en Switserse kaarte voorkom. Die Italiane en Iberiërs het voor 1390 die Ober en Unter met die knight en jack vervang, moontlik om 'n groter onderskeid tussen die kaarte te tref.

In Engeland is die laagste prentkaart knave genoem, wat aanvanklike "seun" beteken het (vergelyk die Duitse Knabe), en dus verteenwoordig dié karakter die "prins", die seun van die koning en koningin; die betekenis "kneg" het eers later ontstaan. Die koningin het sedert 1377 al sporadies in pakke verskyn, veral in Duitsland. Hoewel die Duitsers die gewoonte gestaak het, het die Franse ook later die koningin begin gebruik en dit onder die koning geplaas. Pakke van 56 kaarte met stelle waarin 'n koning, koningin en ridder voorkom (met die knave op tarotkaarte) was algemeen in die 15de eeu.

Latere ontwerpveranderings thumb|200px|'n Vroeë joker, deur Samuel Hart (omstreeks 1863).

Kaarte met die waardes wat in die hoeke gedruk is, het dit moontlik gemaak dat kaarte naby mekaar soos 'n waaier in die hand gehou kan word (in plaas van twee hande soos voorheen). Die eerste sodanige pak met Latynse stelle is in 1693 deur Infirerra gedruk,International Playing Cards Society Journal 30-1 page 34 maar dit is eers sedert die einde van die 18de eeu algemeen gebruik. Die eerste Amerikaanse pak van Franse kaarte met dié innovasie was die Saladee-patent in 1864 deur Samuel Hart.

thumb|links|200px|Girl with Cards, deur Lucius Kutchin, 1933, Amerikaanse Smithsonian-kunsmuseum.