duimnael|regs| Oude Stadion an der Gellerstraße, Chemnitz vóór de conversie

Chemnitzer FC is 'n sokkerklub uit Chemnitz in die deelstaat Sakse.

Geskiedenis In 1920 is die Polizei Sportverein Chemnitz gestig. Na die hervorming van die Duitse sokkerstruktuur in 1933 onder impuls van die Derde Ryk het die klub in die Gauliga Sakse meegeding. Die klub het die liga in 1935 en 1936 gewen en na die uitspeelwedstreyde om die Duitse kampioenskap deurgedring. In 1935 het die klub die halfeindstryd gehaal, maar met 2-3 teen FC Schalke 04, die uiteindelike kampioen, vasgeval. In 1942 het die klubnaam verander na SG Ordnungspolizei Chemnitz. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig in 1946 as SG Chemnitz Nord. Soos vele ander Oos-Duitse klubs het die klub hierna heelwat naamsveranderingene ondergaan (kyk hieronder). Die Oos-Duitse regime het die stad Chemnitz se naam in 1953 na Karl-Marx-Stadt verander.

In 1956 het die klub met SC Motor Karl-Marx-Stadt saamgesmelt en as FC Karl-Marx-Stadt sy grootste prestasie in 1967 behaal toe hy die Oos-Duitse kampioen geword het. Die klub het ook 3 keer die eindstryd om die FDGB-Pokal gehaal (in 1969, 1983 en 1989), maar is elke slag verslaan. In 1989 het die klub die kwarteindstryd van die UEFA-beker bereik, waar dit deur Juventus FC verslaan is.

Naamsveranderinge 1920 - Polizei Sportverein Chemnitz 1942 - SG Ordnungspolizei Chemnitz 1946 - SG Chemnitz-Nord 1950 - BSG Fewa Chemnitz 1951 - BSG Chemie Chemnitz 1953 - BSG Chemie Karl-Marx-Stadt (verandering van stadsnaam) 1963 - SC Motor Karl-Marx-Stadt 1966 - FC Karl-Marx-Stadt 1990 - Chemnitzer FC (verandering van stadsnaam)

Erelys Oos-Duitse kampioen: 1967

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (I) DDR-Oberliga 7de 1966-67 (I) DDR-Oberliga 1ste 1967-68 (I) DDR-Oberliga 6de 1968-69 (I) DDR-Oberliga 7de 1969-70 (I) DDR-Oberliga 13de 1970-71 (II) DDR-Liga, St. Suid 1ste 1971-72 (I) DDR-Oberliga 12de 1972-73 (I) DDR-Oberliga 5de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 9de 1974-75 (I) DDR-Oberliga 10de 1975-76 (I) DDR-Oberliga 11de 1976-77 (I) DDR-Oberliga 9de 1977-78 (I) DDR-Oberliga 7de 1978-79 (I) DDR-Oberliga 8ste 1979-80 (I) DDR-Oberliga 11de 1980-81 (I) DDR-Oberliga 9de 1981-82 (I) DDR-Oberliga 9de 1982-83 (I) DDR-Oberliga 9de 1983-84 (I) DDR-Oberliga 6de 1984-85 (I) DDR-Oberliga 9de 1985-86 (I) DDR-Oberliga 8ste 1986-87 (I) DDR-Oberliga 8ste 1987-88 (I) DDR-Oberliga 8ste 1988-89 (I) DDR-Oberliga 3de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 2de 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 5de 1991-92 (II) 2.Bundesliga 4de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 7de 1993-94 (II) 2.Bundeslga 9de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 12de 1995-96 (II) 2.Bundesliga 15de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 4de 1997-98 (III) Regionalliga Noordoos 8ste 1998-99 (III) Regionalliga Noordoos 1ste 1999-00 (II) 2.Bundesliga 11de 2000-01 (II) 2.Bundesliga 18de 2001-02 (III) Regionalliga Noord 6de 2002-03 (III) Regionalliga Noord 11de 2003-04 (III) Regionalliga Noord 11de 2004-05 (III) Regionalliga Noord 14de 2005-06 (III) Regionalliga Noord 19de 2006-07 (IV) Oberliga NOFV-Suid

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Regionalliga Noord 2010/11-seisoen Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II

Chemnitz Kategorie:Sakse